Suid-Afrika se Daryl Impey het die sogenaamde “Tour Down Under”-fietstoer in Australië as algehele wenner beklink. Die naelry-titel is deur Peter Sagan ingepalm terwyl Suid-Afrika se Nicholas Dlamini as die koning van die berge gekroon is.
Motorwedrenne
Die 2018 Dakar-tydren het Saterdag na veertien skofte ten einde geloop.
- Dit was ʼn uitstekende skof vir Suid-Afrika in die Motorafdeling.
Skof:
- Giniel De Villiers/Dirk Von Zitzewitz (RSA/GER/Toyota) 1h 26:29
- Stephane Peterhansel/Jean Paul Cottret (FRA/FRA/Peugeot) 40 sekondes
- Nasser Al-Attiyah/Matthieu Baumel (QAT/FRA/Toyota) 41 sekondes
- Lucio Alvarez/Robert Howie (ARG/RSA/Toyota) 43 sekondes
Algeheel:
- Carlos Sainz/Lucas Cruz (ESP/ESP/Peugeot) 49 h 16:18
2. Nasser Al-Attiyah/Matthieu Baumel (QAT/FRA/Toyota) + 43:40
3. Giniel De Villiers/Dirk Von Zitzewitz (RSA/GER/Toyota) + 1h 16:41
10. Lucio Alvarez/Robert Howie (ARG/RSA/Toyota) + 9h 18:46
- In die Motorfietsafdeling is Matthias Walkner op sy KTM as kampioen gekroon.
Algeheel:
- Matthias Walkner (AUT/Ktm) 43h 06:01
- Kevin Benavides (ARG/Honda) + 16:53
- Toby Price (AUS/Ktm) + 23:01
Tennis
- By die Australiese Ope het verskeie topspelers die kwarteindronde gehaal.
In die Mans-afdeling sluit dit die eerste gekeurde Rafael Nadal in. Van die ander spelers wat deur is, sluit in (6) Marin Cilic, (3) Grigor Dimitrov en Kyle Edmund.
In die Vroue-afdeling het die tweede gekeurde Caroline Wozniacki ook deurgedring na die kwarteind. Daar was ook oorwinnings vir (4) Elina Svitolina en Carla Suarez Navarro.
Krieket
- Twee Internasionale Eendagwedstryde is gister gespeel.
- Australië en Engeland het mekaar gister in hul derde Eendagwedstryd in Sydney gepak.
Engeland 302/6 (50 bb)
Australië 286/6 (50 bb)
Engeland wen met 16 lopies en loop met 3-0 voor in die reeks van vyf wedstryde.
- Sri-Lanka en Zimbabwe het in Mirpur in die vierde Eendagwedstryd van die driehoekige reeks teen mekaar gespeel.
Zimbabwe 198 (44/50 bb)
Sri-Lanka 202/5 (44.5/50 bb)
Sri-Lanka wen met 5 paaltjies met 31 balle oor.
- Suid-Afrika het hul derde wedstryd by die Onder 19-Wêreldbeker teen Nieu-Seeland verloor. Dit beteken dat die Junior-Proteas tweede eindig in hul groep en deurdring na die uitspeelfase. Hulle speel Woensdag teen Pakistan in die Kwarteind.
- In die Momentum Eendagreeks is daar gister twee wedstryde afgehandel.
Pietermaritzburg
Titans 242/8 (50 bb)
Dolphins 213 (47.4/50 bb)
Titans wen met 29 lopies.
Bloemfontein
Knights 320/4 (50 bb)
Cape Cobras 245 (41.4/50 bb)
Knights wen met 75 lopies.
Gholf
- In die Europese reeks is die HSBC-kampioenskap in Abu Dhabi afgehandel.
Pos | Speler | Tel | Put | Dag | Rnd1 | Rnd2 | Rnd3 | Rnd4 | Tot |
1 | Tommy Fleetwood | -22 | F | -7 | 66 | 68 | 67 | 65 | 266 |
2 | Ross Fisher | -20 | F | -3 | 67 | 67 | 65 | 69 | 268 |
3 | Rory Mcilroy | -18 | F | -2 | 69 | 66 | 65 | 70 | 270 |
Matthew Fitzpatrick | -18 | F | -3 | 68 | 70 | 63 | 69 | 270 | |
13 | Branden Grace | -12 | F | +1 | 72 | 64 | 67 | 73 | 276 |
19 | Dylan Frittelli | -11 | F | +2 | 69 | 67 | 67 | 74 | 277 |
Richard Sterne | -11 | F | -2 | 68 | 72 | 67 | 70 | 277 |
- Die Singapoer Ope is deur Sergio Garcia met vyf houe gewen.
- In die VSA is die CareerBuilder-uitdaging in La Quinta, Kalifornië, voltooi.
Pos | Speler | Tel | Put | Dag | Rnd1 | Rnd2 | Rnd3 | Rnd4 | Tot |
1 | Jon Rahm | -22 | F | -5 | 62 | 67 | 70 | 67 | 266 |
2 | Andrew Landry | -22 | F | -4 | 63 | 65 | 70 | 68 | 266 |
3 | John Huh | -20 | F | -6 | 68 | 69 | 65 | 66 | 268 |
Adam Hadwin | -20 | F | -4 | 66 | 67 | 67 | 68 | 268 | |
Martin Piller | -20 | F | -2 | 64 | 67 | 67 | 70 | 268 |
Rugby
Die Cheetahs en die Kings het Saterdag in Bloemfontein in die Pro-14 skouers geskuur. Die Cheetahs het na rustyd die krane oopgedraai en met 45-24 geseëvier.
- 7’s-Rugby
Die Blitsbokke het die naweek na Sydney in Australië vertrek vir die volgende been van die Wêreldreeks. Branco du Preez is nie beskikbaar vir die volgende twee toernooie nie. Die Blitsbokke sal ʼn week later aan die Nieu-Seeland-been van dié reeks deelneem.
Sokker
- In die Engelse Premierliga lyk van die naweek se uitslae só:
Manchester City 3 – 1 Newcastle United
Stoke City 2 – 0 Huddersfield Town
Arsenal 4 – 1 Crystal Palace
Burnley 0 – 1 Manchester United
- In die Plaaslike Premier-liga is twee wedstryde gister afgehandel.
Chippa United 0 – 0 Golden Arrows
Baroka FC 1 – 2 Kaizer Chiefs
- Banyana Banyana het gister in Kaapstad teen Swede gespeel en met 3-0 verloor.
Hoekom ‘sogenaamde’ Tour Down Under? Dit is tog die offisiele naam van die sportgeleentheid. Julke sê tog nie ‘sogenaamde’ Tour de France of sogenaamde Amerikaanse Ope nie.
Geen internasionale fietstoer het al ooit 2 SA wenners gehad nie. Dit behoort voorblad nuus te wees.