- By die Australiese Ope is die vierde ronde gister afgehandel.
In die Mans-afdeling was daar twee skokke gewees. Die vyfde gekeurde Dominic Thiem en die veertiende gekeurde Novak Djokovic is beide uitgeskakel. Daar was egter oorwinnings vir (2) Roger Federer en (19) Tomas Berdych.
In die Vroue-afdeling het die eerste gekeurde Simona Halep maklik die kwarteind gehaal. Daar was ook seges vir (6) Karolina Pliskova en (21) Angelique Kerber gewees.
Krieket
- Suid-Afrika en Indië pak mekaar môre in die derde en laaste toets van die huidige reeks. Die Proteas se openingskolwer, Aiden Markram, sal vandag ‘n fiksheidstoets deurgaan om te bepaal of sy dyspierbesering hom sal toelaat om te speel. Die wedstryd begin môre om 10:00 op die Wanderers in Johannesburg
- Intussen het die Aussies sewe snelboulers gekies vir hul toer in Maart en April deur Suid-Afrika.
- Nieu-Seeland en Pakistan het mekaar gister in hul eerste T20-wedstryd in Wellington getakel.
Pakistan 105 (19.4/20 bb)
Nieu-Seeland 106/3 (15.5/20 bb)
Nieu-Seeland wen met 7 paaltjies met nog 25 balle oor.
- Australië en Engeland speel môre teen mekaar in hul vierde Engeland loop met 3-0 voor in die reeks van vyf wedstryde.
- Bangladesh en Zimbabwe speel vandag het in Mirpur in die vyfde Eendagwedstryd van die driehoekige-reeks teen mekaar.
- Suid-Afrika speel môre in die kwarteind van die Onder 19-Wêreldbeker teen Pakistan.
- In die Momentum Eendagreeks is die Titans gemaklik voor op die punteleer.
Pos | Span | G | W | V | G | GU | Pte | NLT |
1 | Titans | 9 | 7 | 2 | 0 | 0 | 33 | 1.205 |
2 | Cape Cobras | 9 | 6 | 3 | 0 | 0 | 27 | 0.347 |
3 | Dolphins | 8 | 4 | 3 | 1 | 0 | 21 | 0.306 |
4 | Warriors | 8 | 3 | 5 | 0 | 0 | 13 | -0.579 |
5 | Highveld Lions | 8 | 2 | 5 | 1 | 0 | 11 | -0.517 |
6 | Knights | 8 | 1 | 5 | 2 | 0 | 11 | -0.921 |
Gholf
- Na sy oorwinning die naweek in die VSA, is die 23-jarige Jon Rahm, nou tweede op die wêreldranglys.
Pos | Speler | Toernooie | Punte |
1 | Dustin Johnson | 46 | 10.9303 |
2 | Jon Rahm | 40 | 9.5876 |
3 | Jordan Spieth | 49 | 8.7722 |
25 | Louis Oosthuizen | 45 | 3.4377 |
29 | Branden Grace | 52 | 3.3619 |
35 | Charl Schwartzel | 48 | 2.7078 |
51 | Dylan Frittelli | 52 | 2.3183 |
- Die Canon Tswane Ope vir vroue begin vandag by die Pretoria Buiteklub. Diè toernooi is die eerste van sewe toernooie in vanjaar se Sonskyn-vrouetoer.
Rugby
- Die Cheetahs is steeds derde in hul konferensie in die Pro-14 kompetisie.
Konferensie A
Pos | Span | G | W | Ge | V | Pv | Pt | Pver | Pte |
1 | Glasgow Warriors | 13 | 12 | 0 | 1 | 407 | 192 | 215 | 58 |
2 | Munster | 13 | 8 | 0 | 5 | 389 | 239 | 150 | 43 |
3 | Cheetahs | 13 | 8 | 0 | 5 | 410 | 357 | 53 | 40 |
4 | Cardiff Blues | 13 | 5 | 0 | 8 | 281 | 328 | -47 | 25 |
5 | Connacht | 13 | 4 | 0 | 9 | 260 | 285 | -25 | 24 |
6 | Ospreys | 13 | 4 | 0 | 9 | 211 | 327 | -116 | 21 |
7 | Zebre | 13 | 3 | 0 | 10 | 271 | 367 | -96 | 17 |
Konferensie B
Pos | Span | G | W | Ge | V | Pv | Pt | Pver | Pte |
1 | Scarlets | 13 | 11 | 0 | 2 | 379 | 216 | 163 | 53 |
2 | Leinster | 13 | 11 | 0 | 2 | 399 | 213 | 186 | 51 |
3 | Ulster | 13 | 8 | 1 | 4 | 336 | 327 | 9 | 40 |
4 | Edinburgh | 13 | 8 | 0 | 5 | 286 | 230 | 56 | 37 |
5 | Benetton Treviso | 13 | 6 | 0 | 7 | 232 | 272 | -40 | 29 |
6 | Newport Gwent Dragons | 13 | 2 | 1 | 10 | 239 | 444 | -205 | 14 |
7 | Kings | 13 | 0 | 0 | 13 | 215 | 518 | -303 | 4 |
7’s-Rugby
Die Blitsbokke speel die naweek in die Sydney been van die Wêreldreeks. Suid-Afrika is tweede op die punteleer na twee toernooie.
- Nieu-Seeland 41
- Suid-Afrika 39
- Fidji 28
- Engeland 27
- Argentinië 24
Sokker
- In die Engelse Premierliga is Manchester City steeds gemaklik voor op die punteleer. Man City het 65 punte en is met 12 punte voor Man United wat op 53 punte staan. Liverpool, wat vierde op die punteleer is, het gisteraand ‘n skoknedelaag van 1-0 teen Swansea City gely.
- In die Plaaslike Premier-liga is Mamelodi Sundowns die voorlopers.
Pos | Span | G | W | Ge | V | Dv | Dt | Dver | Pte |
1 | Mamelodi Sundowns | 18 | 11 | 1 | 6 | 31 | 17 | 14 | 34 |
2 | Cape Town City FC | 18 | 9 | 3 | 6 | 19 | 16 | 3 | 30 |
3 | Kaizer Chiefs | 18 | 7 | 8 | 3 | 17 | 11 | 6 | 29 |
4 | Free State Stars | 18 | 8 | 4 | 6 | 19 | 20 | -1 | 28 |
5 | Maritzburg United | 18 | 7 | 6 | 5 | 21 | 10 | 11 | 27 |
6 | Orlando Pirates | 18 | 6 | 9 | 3 | 18 | 14 | 4 | 27 |