Vandag se sportnuus

Tennis

  • By die Australiese Ope is die vierde ronde gister afgehandel.

In die Mans-afdeling was daar twee skokke gewees. Die vyfde gekeurde Dominic Thiem en die veertiende gekeurde Novak Djokovic is beide uitgeskakel. Daar was egter oorwinnings vir (2) Roger Federer en (19) Tomas Berdych.

In die Vroue-afdeling het die eerste gekeurde Simona Halep maklik die kwarteind gehaal. Daar was ook seges vir (6) Karolina Pliskova en (21) Angelique Kerber gewees.

Krieket

  • Suid-Afrika en Indië pak mekaar môre in die derde en laaste toets van die huidige reeks. Die Proteas se openingskolwer, Aiden Markram, sal vandag ‘n fiksheidstoets deurgaan om te bepaal of sy dyspierbesering hom sal toelaat om te speel. Die wedstryd begin môre om 10:00 op die Wanderers in Johannesburg
  • Intussen het die Aussies sewe snelboulers gekies vir hul toer in Maart en April deur Suid-Afrika.
  • Nieu-Seeland en Pakistan het mekaar gister in hul eerste T20-wedstryd in Wellington getakel.

Pakistan                    105 (19.4/20 bb)
Nieu-Seeland          106/3 (15.5/20 bb)

Nieu-Seeland wen met 7 paaltjies met nog 25 balle oor.

  • Australië en Engeland speel môre teen mekaar in hul vierde Engeland loop met 3-0 voor in die reeks van vyf wedstryde.
  • Bangladesh en Zimbabwe speel vandag het in Mirpur in die vyfde Eendagwedstryd van die driehoekige-reeks teen mekaar.
  • Suid-Afrika speel môre in die kwarteind van die Onder 19-Wêreldbeker teen Pakistan.
  • In die Momentum Eendagreeks is die Titans gemaklik voor op die punteleer.
PosSpanGWVGGUPteNLT
1Titans97200331.205
2Cape Cobras96300270.347
3Dolphins84310210.306
4Warriors8350013-0.579
5Highveld Lions8251011-0.517
6Knights8152011-0.921

 Gholf

  • Na sy oorwinning die naweek in die VSA, is die 23-jarige Jon Rahm, nou tweede op die wêreldranglys.
PosSpelerToernooiePunte
1Dustin Johnson4610.9303
2Jon Rahm409.5876
3Jordan Spieth498.7722
25Louis Oosthuizen453.4377
29Branden Grace523.3619
35Charl Schwartzel482.7078
51Dylan Frittelli522.3183
  • Die Canon Tswane Ope vir vroue begin vandag by die Pretoria Buiteklub. Diè toernooi is die eerste van sewe toernooie in vanjaar se Sonskyn-vrouetoer.

Rugby

  • Die Cheetahs is steeds derde in hul konferensie in die Pro-14 kompetisie.

Konferensie A 

PosSpanGWGeVPvPtPverPte
1Glasgow Warriors13120140719221558
2Munster1380538923915043
3Cheetahs138054103575340
4Cardiff Blues13508281328-4725
5Connacht13409260285-2524
6Ospreys13409211327-11621
7Zebre133010271367-9617

 Konferensie B

PosSpanGWGeVPvPtPverPte
1Scarlets13110237921616353
2Leinster13110239921318651
3Ulster13814336327940
4Edinburgh138052862305637
5Benetton Treviso13607232272-4029
6Newport Gwent Dragons132110239444-20514
7Kings130013215518-3034

 7’s-Rugby

Die Blitsbokke speel die naweek in die Sydney been van die Wêreldreeks. Suid-Afrika is tweede op die punteleer na twee toernooie.

  1. Nieu-Seeland 41
  2. Suid-Afrika 39
  3. Fidji 28
  4. Engeland 27
  5. Argentinië 24

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is Manchester City steeds gemaklik voor op die punteleer. Man City het 65 punte en is met 12 punte voor Man United wat op 53 punte staan. Liverpool, wat vierde op die punteleer is, het gisteraand ‘n skoknedelaag van 1-0 teen Swansea City gely.
  • In die Plaaslike Premier-liga is Mamelodi Sundowns die voorlopers.
PosSpanGWGeVDvDtDverPte
1Mamelodi Sundowns18111631171434
2Cape Town City FC189361916330
3Kaizer Chiefs187831711629
4Free State Stars188461920-128
5Maritzburg United1876521101127
6Orlando Pirates186931814427

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.