Vandag se sportnuus

Tennis

  • By die Australiese Ope is die eerste vier kwarteindwedstryde gister afgehandel en daar was verskeie opskuddings. Drie topgekeurde spelers is uitgeskakel terwyl net een die halfeind bereik het.

In die Mansafdeling moes die derde gekeurde, Grigor Dimitrov, sy tassies pak. Die ongekeurde Kyle Edmund, van Groot-Brittanje, het Dimitrov in vier stelle uitgeskakel. Die eerste gekeurde, Rafael Nadal, het in die vierde stel ʼn beenbesering opgedoen in sy wedstryd teen (6) Marin Cilic. Nadal het in die vyfde stel die handdoek ingegooi om aan Cilic ʼn plek in die halfeind te besorg.

In die Vroue-afdeling was daar ʼn reuseskok toe die ongekeurde Elise Mertens, van België, haar eerste halfeind van ʼn Grand Slam gehaal het. Mertens het gemaklik met die vierde gekeurde Elina Svitolina afgereken. Die telling was 6-4 en 6-0. Die tweede gekeurde, Caroline Wozniacki, het die halfeind gehaal met ʼn oorwinning oor Carla Suarez Navarro. Angelique Kerber het ook vanoggend haar plek in die halfeind bespreek.

In die Junior afdeling van die Aussie Ope het Philip Henning, van Bloemfontein, die derde ronde bereik. Hy speel vandag teen die Amerikaner Sebastian Korda.

Krieket

  • Suid-Afrika en Indië speel van vandag af in die derde en laaste toets van die huidige reeks. Spel begin vanoggend om 10:00 op die Wanderers in Johannesburg. Daar word verwag dat Indië weer veranderinge aan sy span sal aanbring. Die Proteas se openingskolwer, Aiden Markram, is fiks verklaar om te kan speel.
  • Australië en Engeland speel Vrydag teen mekaar in hul vierde Eendagwedstryd. Engeland loop met 3-0 voor in die reeks van vyf wedstryde.
  • Bangladesj en Zimbabwe het gister in Mirpur in die vyfde Eendagwedstryd van die driehoekige reeks teen mekaar gespeel.

Bangladesj    216/9 (50 bb)

Zimbabwe     125 (36.3/50 bb)

Bangladesj wen met 91 lopies

  • Suid-Afrika speel vandag in die kwarteind van die 19-Wêreldbeker teen Pakistan.
  • In die Momentum-eendagreeks word daar vandag twee wedstryde afgehandel.
4WarriorsKnightsOos Londen13:30
24DolphinsHighveld LionsDurban13:30

Gholf

  • Die week se toernooie lyk só:

In die Europese reeks begin die Omega Dubai Desert Classic môre.

In die VSA val die kollig op die Farmers Insurance Ope wat môre op Torrey Pines in Kalifornië begin.

  • Die Canon Tswane Ope vir vroue se eerste ronde is gister by die Pretoria Buiteklub voltooi. Suid-Afrika se Stacy Bregman loop met een hou voor.
PosSpelerLandTel
1Stacy BregmanRSA -1
2Maria BeautellESPPar
2Kiran MatharuENGPar
2Sofia Gronberg-WhitmoreSWEPar
2Alexandra LennartssonSWEPar
6Ashleigh BuhaiRSA 1
6Lauren TaylorENG1
6Lee-Anne PaceRSA 1
6Kim WilliamsRSA 1
6Emie PeronninFRA1

Rugby

  • Die Lions het die slegte nuus ontvang dat die vleuel Courtnal Skosan ʼn groot gedeelte van die Superseisoen gaan misloop weens ʼn kniebesering.
  • Sewesrugby

Die Blitsbokke speel die naweek in die Sydney-been van die Wêreldreeks. Suid-Afrika sal in die groepfase in Groep C teen Papoea-Nieu-Guinee, Spanje en Engeland te staan kom.

Sokker

  • In die Engelse Ligabeker het Man City na die eindstryd deurgedring.

Bristol City    2-3      Manchester City

Vandag se bepalings in die Engelse Premierliga lyk só:

EvertonvLeicester CityGoodison Park21:45
Newcastle UnitedvBurnleySt. James’ Park21:45
SouthamptonvBrighton & Hove AlbionSt. Mary’s Stadion21:45
ChelseavAFC BournemouthStamford Bridge21:45
Stoke CityvWatfordBet365 Stadion22:00
Manchester CityvWest Bromwich AlbionEtihad Stadion22:00
Tottenham HotspurvManchester UnitedWembley Stadion22:00
  • In die Plaaslike Premierliga is een wedstryd gisteraand gespeel.

SuperSport United  1-1      Polokwane City

Vanaand speel AmaZulu teen Bloemfontein Celtic.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.