Vandag se sportnuus

Tennis

  • By die Australiese Ope is die kwarteindwedstryde gister afgehandel en die bepalings vir halfeind is voltooi.

In die Mansafdeling het die eerste gekeurde Roger Federer sy visiere ingestel op sy 20ste Grand Slam-titel. Federer het vir Tomas Berdych in drie stelle uitgeskakel. Hyeon Chung het die eerste Koreaan geword om vir ʼn Grand Slam-halfeind te kwalifiseer. In die eerste halfeind vandag speel Marin Čilić teen Kyle Edmund.

In die Vroue-afdeling het Simona Halep en Angelique Kerber albei na die halfeind deurgedring. Vandag speel Elise Mertens teen (2) Caroline Wozniacki en (1) Halep teen Kerber.

In die Junior afdeling van die Aussie Ope het Philip Henning, van Bloemfontein, in die derde ronde teen Sebastian Korda vasgeval.

Krieket

  • Suid-Afrika en Indië het mekaar gister in die derde en laaste toets op die Wanderers gepak. Suid-Afrika het verskeie vangkanse verbrou terwyl die kolfblad baie wip en beweging aan die boulers verleen het. Die Proteas se snelarsenaal het die Indiese span vir net 187 lopies uitgehaal. Kagiso Rabada het drie paaltjies platgetrek. Die Proteas het egter gou hul eerste paaltjie verloor en sal vandag met hul telling op 6/1 voortkolf. Aiden Markram is reeds terug in die kleedkamer.

Indië               187
Suid-Afrika   6/1 (6 bb)

Suid-Afrika is 181 lopies agter met 9 paaltjies staande.

  • Australië en Engeland speel môre teen mekaar in hul vierde Eendagwedstryd. Engeland loop met 3-0 voor in die reeks van vyf wedstryde.
  • Bangladesj en Sri Lanka speel vandag in Mirpur in die sesde Eendagwedstryd van die driehoekige reeks teen mekaar.
  • Nieu-Seeland en Pakistan pak mekaar vandag in hul tweede T20-wedstryd.

Suid-Afrika het gister in die kwarteind van die o.19-Wêreldbeker teen Pakistan in Christchurch gespeel en verloor.

Suid-Afrika   189/9 (50 bb)
Pakistan        190/7 (47.5/50 bb)

Pakistan wen met 3 paaltjies met 13 balle oor.

  • In die Momentum-eendagreeks is daar gister twee wedstryde afgehandel.

Durban

Lions              194 (46.1/50 bb)
Dolphins       195/3 (44/50 bb)

Dolphins wen met 7 paaltjies met 36 balle oor.

Oos-Londen

Knights          216 (49.5/50 bb)
Warriors         219/8 (40.4/50 bb)

Warriors wen met 2 paaltjies met 56 balle oor. 

Netbal

Die Spar Protea-netbalspan speel vanaand teen Nieu-Seeland in die vierhoekige reeks in die Standard Bank Arena in Johannesburg. Sondag meet ons kragte met Engeland.

Gholf

  • In die Europese reeks begin die Omega Dubai Desert Classic vanoggend. Van die Suid-Afrikaners wat in aksie is, sluit in Richard Sterne, Louis Oosthuizen, George Coetzee en Branden Grace.
  • In die VSA slaan die spelers vandag af in die Farmers Insurance Ope op Torrey Pines in Kalifornië. Tiger Woods sal ook in aksie wees.
  • Die Canon Tswane Ope vir vroue se tweede ronde is gister by die Pretoria Buiteklub voltooi. Suid-Afrika se Stacy Bregman is op koers om haar vyfde titel in die Sonskyn Vrouetoer te verower en loop met twee houe voor.

141 – Stacy Bregman 71 70
143 – Danielle du Toit (AMA), 74 69, Ashleigh Buhai 73 70
144 – Lee-Anne Pace 73 71, Carrie Park (KOR) 75 69
145 – Francesca Cuturi 74 71, Alexandra Lennartsson (SWE) 72 73

 Rugby

  • Sewesrugby

Die Blitsbokke speel die naweek in die Sydney-been van die Wêreldreeks. Die toernooi skop reeds môre af en strek oor drie dae.

Sokker

  • In die Plaaslike Premierliga is een wedstryd gisteraand gespeel. AmaZulu en Bloemfontein Celtic het met 0-0 gelykop gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.