Vandag se sportnuus

Netbal

Die Spar Protea-netbalspan het gisteraand teen Nieu-Seeland in die vierhoekige reeks in die Standard Bank Arena in Johannesburg gespeel. Nieu-Seeland het die wedstryd met 51-46 gewen. Sondag meet Suid-Afrika kragte met Engeland. 

7’s-Rugby

Die Sydney-been van die Wêreldreeks begin vandag en duur tot Sondag. Die Blitsbokke speel vanoggend om 09:22 teen Papoea-Nieu-Guinee in hul eerste wedstryd. Môre-oggend kom ons om 06:03 teen Spanje te staan en om 09:14 teen Engeland.

Die Springbok-vroue-7’s se afrigter, Paul Delport, het vir Zintle Mpupha as die kaptein aangewys vir hul Super7-toernooi aanstaande week in Australië.

Tennis

  • By die Australiese Ope is die eerste halfeindwedstryde gister afgehandel.

In die Mans-afdeling is die eerste halfeind tussen (6) Marin Čilić en Kyle Edmund voltooi. Čilić het in drie stelle sy plek in die eindstryd bespreek. Die telling was 6-2, 7-6 en 6-2. Die eerste gekeurde Roger Federer sal vandag teen Korea se Hyeon Chung op die baan stap in die ander halfeind.

In die Vroue-afdeling het (2) Caroline Wozniacki maklik in twee stelle na die eindstryd deurgedring. Wozniacki het Elise Mertens met 6-3 en 7-6 geklop.

In die ander halfeind was dit ’n verbete stryd tussen (1) Simona Halep en (21) Angelique Kerber. Halep het uiteindelik die derde stel met 9-7 ingepalm om die eindstryd te haal.

Krieket

  • Dit was gister dag twee van die derde en laaste toets tussen Suid-Afrika en Indië op die Wanderers.

Die Proteas het die dag op 6/1 begin in antwoord op Indië se 187 lopies. Hasim Amla met 61, Vernon Vilander met 35 en Kagiso Rabada met 30, was die enigste Protea-kolwers wat dubbelsyfers kon aanteken. Suid-Afrika was almal uit vir 194, wat aan hulle ’n voorsprong van net 7 lopies op die eerste beurt gegee het. Jasprit Bumrah het vyf paaltjies platgetrek.

Aan die einde van dag twee was Indië op 49/1 (17 bb) wat aan hulle ’n voorsprong van 42 lopies gee met nog 9 tweedebeurtpaaltjies staande.

  • Australië en Engeland speel vandag teen mekaar in hul vierde Die Engelse snelbouler Liam Plunkett sal die wedstryd weens ’n dyspierbesering misloop. Engeland loop met 3-0 voor in die reeks van vyf wedstryde.
  • Bangladesj en Sri Lanka het gister in Mirpur in die sesde Eendagwedstryd van die driehoekige reeks kragte gemeet.

Bangladesj   82 (24/50 bb)

Sri Lanka      83/0 (11.5/50 bb)

Sri Lanka wen gemaklik met 10 paaltjies met nog 229 balle oor.

  • Nieu-Seeland en Pakistan het mekaar in hul tweede T20-wedstryd in Auckland gepak.

Pakistan        201/4 (20 bb)
Nieu-Seeland 153 (18.3/20 bb)

Pakistan wen met 48 lopies. Die reekstelling is nou een elk met een wedstryd wat oorbly.

  • In die Momentum Eendagreeks word daar vandag drie wedstryde gespeel.

Port Elizabeth om 10:00

Warriors vs Cape Cobras 

Potchefstroom om 13:30

Highveld Lions vs Knights 

Centurion om 13:30         

Titans vs Dolphins 

Gholf

  • In die Europese reeks is die Omega Dubai Desert Classic se eerste ronde afgehandel.
PosSpeler TelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Jamie Donaldson-10F-106262
2Anthony Wall-9F-96363
David Horsey-9F-96363
4Tyrrell Hatton-8F-86464
Rory Mcilroy-7F-76565
10Darren Fichardt-6F-66666
Haydn Porteous-6F-66666
15Dean Burmester-5F-56767
Thomas Aiken-5F-56767
  • In die VSA is die eerste ronde van die Farmers Insurance Ope in Kalifornië voltooi. Tiger Woods is gelyk aan syfer en sewe houe agter die voorloper.
PosSpeler TelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Tony Finau-7F-76565
2Ted Potter, Jr.-6F-66666
Ryan Palmer-6F-66666
4Hunter Mahan-4F-46868
Francesco Molinari-4F-46868
Julian Suri-4F-46868
Peter Uihlein-4F-46868
Tom Lovelady-4F-46868
Rory Sabbatini-4F-46868
  • Die Canon Tswane Ope vir vroue se derde en laaste ronde is gister by die Pretoria Buiteklub voltooi. Suid-Afrika se Stacy Bregman het met die kroon weggestap nadat sy met vier houe geseëvier het.                       
1Stacy BregmanRSA -4
2Ashleigh BuhaiRSA Syfer
3Lee-Anne PaceRSA 1

Sokker

  • In die Plaaslike Premier-liga word daar vanaand twee wedstryde gespeel.
Maritzburg UnitedvChippa UnitedHarry Gwala Stadium20:00
Ajax Cape TownvFree State StarsCape Town Stadium20:00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.