Die Spar Protea-netbalspan het gisteraand teen Nieu-Seeland in die vierhoekige reeks in die Standard Bank Arena in Johannesburg gespeel. Nieu-Seeland het die wedstryd met 51-46 gewen. Sondag meet Suid-Afrika kragte met Engeland.
7’s-Rugby
Die Sydney-been van die Wêreldreeks begin vandag en duur tot Sondag. Die Blitsbokke speel vanoggend om 09:22 teen Papoea-Nieu-Guinee in hul eerste wedstryd. Môre-oggend kom ons om 06:03 teen Spanje te staan en om 09:14 teen Engeland.
Die Springbok-vroue-7’s se afrigter, Paul Delport, het vir Zintle Mpupha as die kaptein aangewys vir hul Super7-toernooi aanstaande week in Australië.
Tennis
- By die Australiese Ope is die eerste halfeindwedstryde gister afgehandel.
In die Mans-afdeling is die eerste halfeind tussen (6) Marin Čilić en Kyle Edmund voltooi. Čilić het in drie stelle sy plek in die eindstryd bespreek. Die telling was 6-2, 7-6 en 6-2. Die eerste gekeurde Roger Federer sal vandag teen Korea se Hyeon Chung op die baan stap in die ander halfeind.
In die Vroue-afdeling het (2) Caroline Wozniacki maklik in twee stelle na die eindstryd deurgedring. Wozniacki het Elise Mertens met 6-3 en 7-6 geklop.
In die ander halfeind was dit ’n verbete stryd tussen (1) Simona Halep en (21) Angelique Kerber. Halep het uiteindelik die derde stel met 9-7 ingepalm om die eindstryd te haal.
Krieket
- Dit was gister dag twee van die derde en laaste toets tussen Suid-Afrika en Indië op die Wanderers.
Die Proteas het die dag op 6/1 begin in antwoord op Indië se 187 lopies. Hasim Amla met 61, Vernon Vilander met 35 en Kagiso Rabada met 30, was die enigste Protea-kolwers wat dubbelsyfers kon aanteken. Suid-Afrika was almal uit vir 194, wat aan hulle ’n voorsprong van net 7 lopies op die eerste beurt gegee het. Jasprit Bumrah het vyf paaltjies platgetrek.
Aan die einde van dag twee was Indië op 49/1 (17 bb) wat aan hulle ’n voorsprong van 42 lopies gee met nog 9 tweedebeurtpaaltjies staande.
- Australië en Engeland speel vandag teen mekaar in hul vierde Die Engelse snelbouler Liam Plunkett sal die wedstryd weens ’n dyspierbesering misloop. Engeland loop met 3-0 voor in die reeks van vyf wedstryde.
- Bangladesj en Sri Lanka het gister in Mirpur in die sesde Eendagwedstryd van die driehoekige reeks kragte gemeet.
Bangladesj 82 (24/50 bb)
Sri Lanka 83/0 (11.5/50 bb)
Sri Lanka wen gemaklik met 10 paaltjies met nog 229 balle oor.
- Nieu-Seeland en Pakistan het mekaar in hul tweede T20-wedstryd in Auckland gepak.
Pakistan 201/4 (20 bb)
Nieu-Seeland 153 (18.3/20 bb)
Pakistan wen met 48 lopies. Die reekstelling is nou een elk met een wedstryd wat oorbly.
- In die Momentum Eendagreeks word daar vandag drie wedstryde gespeel.
Port Elizabeth om 10:00
Warriors vs Cape Cobras
Potchefstroom om 13:30
Highveld Lions vs Knights
Centurion om 13:30
Titans vs Dolphins
Gholf
- In die Europese reeks is die Omega Dubai Desert Classic se eerste ronde afgehandel.
Pos | Speler | Tel | Put | Dag | Rnd1 | Rnd2 | Rnd3 | Rnd4 | Tot |
1 | Jamie Donaldson | -10 | F | -10 | 62 | 62 | |||
2 | Anthony Wall | -9 | F | -9 | 63 | 63 | |||
David Horsey | -9 | F | -9 | 63 | 63 | ||||
4 | Tyrrell Hatton | -8 | F | -8 | 64 | 64 | |||
Rory Mcilroy | -7 | F | -7 | 65 | 65 | ||||
10 | Darren Fichardt | -6 | F | -6 | 66 | 66 | |||
Haydn Porteous | -6 | F | -6 | 66 | 66 | ||||
15 | Dean Burmester | -5 | F | -5 | 67 | 67 | |||
Thomas Aiken | -5 | F | -5 | 67 | 67 |
- In die VSA is die eerste ronde van die Farmers Insurance Ope in Kalifornië voltooi. Tiger Woods is gelyk aan syfer en sewe houe agter die voorloper.
Pos | Speler | Tel | Put | Dag | Rnd1 | Rnd2 | Rnd3 | Rnd4 | Tot |
1 | Tony Finau | -7 | F | -7 | 65 | 65 | |||
2 | Ted Potter, Jr. | -6 | F | -6 | 66 | 66 | |||
Ryan Palmer | -6 | F | -6 | 66 | 66 | ||||
4 | Hunter Mahan | -4 | F | -4 | 68 | 68 | |||
Francesco Molinari | -4 | F | -4 | 68 | 68 | ||||
Julian Suri | -4 | F | -4 | 68 | 68 | ||||
Peter Uihlein | -4 | F | -4 | 68 | 68 | ||||
Tom Lovelady | -4 | F | -4 | 68 | 68 | ||||
Rory Sabbatini | -4 | F | -4 | 68 | 68 |
- Die Canon Tswane Ope vir vroue se derde en laaste ronde is gister by die Pretoria Buiteklub voltooi. Suid-Afrika se Stacy Bregman het met die kroon weggestap nadat sy met vier houe geseëvier het.
1 | Stacy Bregman | RSA | -4 |
2 | Ashleigh Buhai | RSA | Syfer |
3 | Lee-Anne Pace | RSA | 1 |
Sokker
- In die Plaaslike Premier-liga word daar vanaand twee wedstryde gespeel.
Maritzburg United | v | Chippa United | Harry Gwala Stadium | 20:00 |
Ajax Cape Town | v | Free State Stars | Cape Town Stadium | 20:00 |