Vandag se sportnuus

Netbal

Die Spar Protea-netbalspan het gister teen Engeland in die vierhoekige reeks in die Standard Bank Arena in Johannesburg gespeel. Engeland het die wedstryd met 52-47 gewen. In die ander wedstryd het Australië met 67-48 koning gekraai oor Nieu-Seeland. 

Sewesrugby

Die Sydney-been van die Wêreldreeks is gister afgehandel en Suid-Afrika is nou voor op die punteleer. Die Blitsbokke het in die groepfase met Papoea-Nieu-Guinee, Spanje en Engeland afgereken. In die kwarteind het ons met Kenia klaargespeel en in die halfeind met die VSA.

Suid-Afrika het egter in die eindstryd ʼn loesing op die lyf geloop toe die gasheerland, Australië, hulle met 29-0 geklop het.

Argentinië het derde geëindig met die VSA vierde en die All Blacks vyfde.

Die vroue se kompetisie is ook deur Australië gewen nadat hulle Nieu-Seeland in die eindstryd kafgedraf het. 

Tennis

  • Die eerste Grand Slam van die jaar is afgehandel. Die enkelspel-kampioene by die Australiese Ope is Roger Federer en Caroline Wozniacki.

In die Mansafdeling het (1) Roger Federer sy 6de Australiese Ope-titel en sy 20ste Grand Slam-titel van sy loopbaan verower. Federer het vir (6) Marin Čilić in vyf stelle geklop. Die telling was 6-2, 6-7 (5/7), 6-3, 3-6 en 6-1.

In die Vroue-afdeling het (2) Caroline Wozniacki weer die eerste plek op die wêreldranglys ingeneem ná haar oorwinning van 7-6, 3-6 en 6-4 oor (1) Simona Halep.

Krieket

  • Die derde en laaste toets tussen Suid-Afrika en Indië het rampspoedig vir die Proteas op die Wanderers geëindig. Suid-Afrika moes 241 lopies vir ʼn oorwinning aanteken en was goed op pad om dit te doen voordat ʼn kolf-ineenstorting sake belemmer het. AB de Villiers, Faf du Plessis en Quinton de Kock het weer misluk met die kolf. Die Proteas het hul laaste 8 paaltjies vir net 53 lopies verloor en was almal uit vir 177. Dit gee aan Indië ʼn oorwinning van 63 lopies. Die Proteas wen daarmee die reeks met 2-1.
  • Australië en Engeland het gister voor 53 781 toeskouers in hul vyfde Eendagwedstryd in Perth kragte gemeet.

Engeland      259 (47.4/50 bb)
Australië        247 (48.2/50 bb)

Engeland wen met 12 lopies en verower die reeks met 4-1.

  • Bangladesj en Sri Lanka het in Mirpur in die Eendag-eindstryd van die driehoekige reeks kragte gemeet.

Sri Lanka      221 (50 bb)
Bangladesj   142 (41.1/50 bb)

Sri Lanka wen met 79 lopies

  • Nieu-Seeland en Pakistan het mekaar in hul derde en laaste T20-wedstryd in Auckland gepak.

Pakistan        181/6 (20 bb)
Nieu-Seeland 163/6 (20 bb)

Pakistan wen met 18 lopies en die reeks met 2-1.

  • In die Momentum-eendagreeks is die naweek drie wedstryde gespeel.

Potchefstroom

Lions              299/8 (50 bb)
Knights          161 (36.3/50 bb)

Lions wen met 138 lopies.

Centurion

Titans             269/6 (48.2 bb)
Dolphins       253/6 (38.1/40 ov, teiken: 253)

Dolphins wen met 4 paaltjies met 11 balle oor (D/L-metode). 

Port Elizabeth

Warriors         264/7 (50 bb)
Cape Cobras 249/7 (46.5 bb, teiken: 240)

Cape Cobras wen met 10 lopies (D/L-metode). 

Gholf

  • In die Europese reeks is die Omega Dubai Desert Classic afgehandel.
PosSpeler TelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Haotong Li-23F-366666469265
2Rory Mcilroy-22F-365646869266
3Tyrrell Hatton-20F-664726666268
4Alexander Levy-19F-267676570269
5Chris Paisley-17F-365696869271
6Dylan Frittelli-16F-269676670272
19Haydn Porteous-15F+266686574273
22Dean Burmester-14F-367696969274
  • In die VSA is die Farmers Insurance Ope in Kalifornië voltooi. Drie spelers het op -10 klaargemaak. Jason Day, Alex Noren en Ryan Palmer sal vandag sake in ʼn valbylstryd uitspook om die wenner te bepaal. Retief Goosen was op -5. Tiger Woods het met -3 onder die voorste 30 spelers geëindig.

Atletiek

  • Die atletiek-ikoon en naelloop-ster, Usain Bolt, is vandag by die Ruimsig-atletiekbaan om jong atlete te inspireer tot beter prestasies. Verskeie byeenkomste sal in die volgende paar weke gehou word ter bevordering van atletiek in Suid-Afrika. 

Sokker

  • In die Plaaslike Premierliga het albei wedstryde gister gelykop geëindig.

Bloemfontein Celtic            1-1      Cape Town City FC
Golden Arrows         2-2      Baroka FC

  • Twee wedstryde is gister in die FA-beker

Cardiff City   0-2      Manchester City
Chelsea        3-0      Newcastle United

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.