Vandag se sportnuus

maroela-media-sportnuus-01Driekamp
Suid-Afrika het die mansafdeling by die Driekamp-wêreldbekerbyeenkoms in Kaapstad oorheers en die eerste drie plekke op die podium ingeneem.
Richard Murray was eerste, Henry Schoeman tweede en Wian Sullwald derde.

Gholf
In Europa is die Maybank-kampioenskap in Maleisië afgehandel:

gholf1

In die VSA by die AT&T Pebble Beach Pro-Am in Kalifornië:

gholf2

Op die plaaslike front is die Eye of Africa PGA-kampioenskap gespeel en die wenner is op die eerste uitspeelputjie bepaal.

gholf3

Sesnasiesrugby
Die naweek se uitslae lyk so:
Wallis 16 – 21 Engeland
Italië 10 – 63 Ierland
Frankryk 22 – 16 Skotland

Superrugby
Die Stormers het slegte nuus gekry toe dit bekend geword het dat Liolin Zas sy been gebreek het in hul oefenwedstryd teen die Lions. Boonop kan Juan de Jongh ook vir ʼn paar weke op die kantlyn wees.

Varsity Rugby
Vandag se bepalings lyk so:

gholf4
Krieket
Die Proteas en Sri Lanka het mekaar in Centurion in hul vyfde en laaste eendagkragmeting van die reeks gepak. Die Proteas het op ʼn drafstap geseëvier en die reeks met 5-0 beklink. Suid-Afrika is nou eerste op die Wêreldranglys vir eendagspanne.

Toetskrieket
In Hyderabad is die toets tussen Indië teen Bangladesj aan die gang.
Indië 687/6d & 159/4v
Bangladesh 388 & 103/3 (35 ov, teiken: 459)
Aan die einde van dag vier het Bangladesj 356 lopies nodig gehad met 7 paaltjies staande.

Sunfoil-krieketreeks
Drie wedstryde het die naweek ten einde geloop:
Johannesburg
Knights 443
Lions 87 & 235 (opvolg)
Knights wen met ʼn beurt en 121 lopies

Durban
Cape Cobras 381 & 291/7 (128 bb)
Dolphins 329/8d
Onbeslis

Benoni
Warriors 187 & 354
Titans 227 & 316/6 (91.1 bb, teiken: 315)
Titans wen met 4 paaltjies

Vrouekrieket
In Colombia het SA teen Bangladesj gespeel.
Bangladesj 100 (46.5/50 bb)
SA 101/4 (25.2/50 bb)
SA seëvier gemaklik met 6 paaltjies (met 148 balle oor)

Tennis
Rafael Nadal het homself onttrek aan die week se Rotterdam Ope nadat sy mediese span aanbeveel het dat hy rus. Die Spaanse nommer 6 in die wêreld het ook voor verlede week uitgesit tydens die Davisbeker-kragmeting teen Kroasië.

Sokker
In die plaaslike premierliga lyk die naweek se uitslae so:
Highlands Park 1 – 1 Polokwane City
Ajax Cape Town 0 – 2 Cape Town City FC
Maritzburg United 1 – 2 Kaizer Chiefs
Golden Arrows 2 – 1 Bloemfontein Celtic
Mamelodi Sundowns 6 – 0 Orlando Pirates

In die Engelse premierliga is verskeie wedstryde gespeel:
Swansea City 2 – 0 Leicester City
Burnley 1 – 1 Chelsea

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.