Vandag se sportnuus

Sewesrugby

Ná die Sydney-been van die Wêreldreeks is Suid-Afrika nou eerste op die punteleer. Die Blitsbokke het tweede geëindig en Nieu-Seeland was vyfde by die toernooi.

  1. Suid-Afrika 58
  2. Nieu-Seeland 54
  3. Australië 43
  4. Argentinië 41
  5. Fidji 40 

Intussen is twee Blitsbokke beseer en hulle sal nie komende naweek in Nieu-Seeland in aksie wees nie. Kaptein Philip Snyman sit met ʼn dyspierbesering en Ruhan Nel met ʼn kniebesering. Zain Davids en Muller du Plessis is die plaasvervangers. 

Rugby

  • Die Suid-Afrikaanse skeidsregter AJ Jacobs is bygevoeg op die paneel van skeidsregters vir die Superreeks. Jacobs is die enigste nuweling wat deur Sanzaar nader geroep is. Die ander Suid-Afrikaners is Jaco Peyper, Rasta Rasivhenge, Marius van der Westhuizen en Egon Seconds. 
  • Die eerste wedstryde in die Varsitybeker is gisteraand gespeel. Al agt spanne was in aksie. 
FNB UJ3-31FNB MatiesUJ Stadion
FNB Ikeys26-30FNB WitsUCT Rugbyveld
FNB NWU70-7FNB CUTFanie du Toit-terrein
FNB UP Tuks17-19FNB ShimlasTuks Stadion

Tennis

  • Ná die eerste Grand Slam van die jaar, die Australiese Ope, is Roger Federer steeds tweede op die wêreldranglys.
PosVeranderingSpelerPunte
10Rafael Nadal10 760
20Roger Federer9 605
33Marin Cilic4 960
4-1Grigor Dimitrov4 630
5-1Alexander Zverev6 410
111Kevin Anderson2 620

In die Vroue-afdeling is Caroline Wozniacki weer terug in die eerste plek.

PosVeranderingSpelerPunte
11Caroline Wozniacki7 965
2-1Simona Halep7 715
31Elina Svitolina6 085
4-1Garbine Muguruza5 690
51Karolina Pliskova5 445

Krieket

  • In die Momentum-eendagreeks word die eerste halfeind vandag gespeel.
    30Multiply Titans

    (Halfeind 1)

    vWarriorsODCenturion13:30
    31Cape Cobras (Halfeind 2)vDolphinsODKaapstad13:30

  Gholf

  • In die VSA is die Farmers Insurance Ope in Kalifornië gister finaal afgehandel. Drie spelers het op -10 klaargemaak. Jason Day het uiteindelik die valbylstryd gewen om eerste te eindig. Alex Noren en Ryan Palmer was gesamentlik tweede.
  • Die Joburg Vroue-ope begin môre op die Modderfontein Gholfbaan. Daar sal 81 spelers afslaan, wat 31 oorsese spelers insluit. Lee-Anne Pace en Stacy Bregman is van die groot name wat ʼn aanslag op die titel sal maak. Die prysgeld beloop R500 000.

Sokker

  • In die Plaaslike Premierliga lyk die punteleer só:
PosSpanGWGeVDvDtDverPte
1Mamelodi Sundowns19112631171435
2Cape Town City FC199462017331
3Orlando Pirates197932014630
4Kaizer Chiefs197931711630
5Free State Stars198561920-129
  • In die Engelse Premierliga word daar vanaand drie wedstryde afgehandel.
West Ham UnitedvCrystal PalaceLondon Stadion21:45
Swansea CityvArsenalLiberty Stadion21:45
Huddersfield TownvLiverpoolThe John Smith’s Stadion22:00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.