Vandag se sportnuus

Statebondspele

  • Span Suid-Afrika, wat in April by die Statebondspele in aksie gaan wees, is bekendgemaak. Die span bestaan uit 169 lede en daar word verwag dat goue medaljes binne die bereik is van Chad le Clos‚ Caster Semenya‚ Luvo Manyonga‚ Ashleigh Moolman-Pasio, die Sewesrugbyspan asook die rolbalspelers Colleen Piketh en Gerry Baker. 

Krieket

  • Die Wanderers het ʼn negatiewe verslag by die IKR gekry ná verlede week se swak kolfblad in die derde toets teen Indië. Daar is drie negatiewe punte aan die stadion toegeken wat vir vyf jaar geldig sal wees. Indien die Wanderers vyf negatiewe punte bereik, sal die klub verbied word om internasionale wedstryde aan te bied.
  • Intussen het dit bekend geword dat AB de Villiers nie in die eerste drie Eendag-kragmetings teen Indië sal speel nie. Hy sukkel met ʼn vingerbesering. Die eerste wedstryd word môre gespeel.
  • Bangladesj en Sri Lanka se eerste toets begin vandag.
  • In die Momentum-Eendagreeks is die eerste halfeind gister voltooi.

Centurion

Titans             230 (49.4/50 bb)
Warriors         231/2 (34.5/50 bb)

Warriors wen gemaklik met 8 paaltjies met 91 balle oor. 

Die tweede halfeind word vandag gespeel. 

31Cape CobrasvDolphinsODKaapstad13:30
  • Suid-Afrika en Bangladesj het sake uitgespook om die vyfde plek by die 19-Wêreldbeker. Die Junior Proteas het met 8 paaltjies gewen. 

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke sal eerskomende naweek tydens die vierde been van die Wêreldreeks in Nieu-Seeland in Groep B speel. Die ander drie spanne in dié groep is Engeland, Rusland en Papoea-Nieu-Guinee. Kyle Brown neem die kapteinskap by die beseerde Philip Snyman oor.

Seabelo Senatla is die voorste drie-drukker in die reeks met 22 drieë na net drie toernooie. Die afgelope naweek in Sydney was Justin Geduld die grootste puntemaker met vier drieë en 18 doelskoppe.

Rugby

  • Die Lions het ʼn sterk groep spelers gekies vir vanjaar se Superreeks. Daar is nie minder nie as 12 Springbokke in hul groep. 
  • Na die eerste wedstryde in die Varsitybeker lyk die punteleer só:
PosSpanGWGeVPvPtPverPte
1FNB NWU1100707635
2FNB Maties1100313285
3FNB Wits1100302645
4FNB Shimlas1100191724
5FNB UP Tuks10011719-21
6FNB Ikeys10012630-41
7FNB Madibaz00000000
8FNB UJ1001331-280
9FNB CUT1001770-630

 Tennis

  • Suid-Afrika en Isreal sal mekaar eerskomende naweek die stryd aansê in die Davisbeker-kompetisie. Die aksie begin Vrydag in Irene en duur tot Sondag. 

Gholf

  • In die VSA val die fokus dié week op die Phoenix Ope in Scottsdale, Arizona.
  • In die Europese reeks slaan die spelers môre af in die Maybank Kampioenskap in Kuala Lumpur, in Maleisië. Dean Burmester, Brandon Stone en Haydn Porteous is van die Suid-Afrikaners wat hul stokke sal swaai.
  • Die Joburg Vroue Ope begin vandag op die Modderfontein-gholfbaan in Gauteng.

Sokker

  • In die Plaaslike Premier-liga word daar vanaand twee wedstryde gespeel.
SuperSport UnitedvAmaZulu FCLucas Moripe Stadion19:30
Ajax Cape TownvOrlando PiratesKaapstad Stadion19:30
  • In die Engelse Premier-liga is daar gisteraand drie wedstryde afgehandel.

Huddersfield Town 0 – 3    Liverpool
West Ham United    1 – 1    Crystal Palace
Swansea City          3 – 1    Arsenal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.