- Span Suid-Afrika, wat in April by die Statebondspele in aksie gaan wees, is bekendgemaak. Die span bestaan uit 169 lede en daar word verwag dat goue medaljes binne die bereik is van Chad le Clos‚ Caster Semenya‚ Luvo Manyonga‚ Ashleigh Moolman-Pasio, die Sewesrugbyspan asook die rolbalspelers Colleen Piketh en Gerry Baker.
Krieket
- Die Wanderers het ʼn negatiewe verslag by die IKR gekry ná verlede week se swak kolfblad in die derde toets teen Indië. Daar is drie negatiewe punte aan die stadion toegeken wat vir vyf jaar geldig sal wees. Indien die Wanderers vyf negatiewe punte bereik, sal die klub verbied word om internasionale wedstryde aan te bied.
- Intussen het dit bekend geword dat AB de Villiers nie in die eerste drie Eendag-kragmetings teen Indië sal speel nie. Hy sukkel met ʼn vingerbesering. Die eerste wedstryd word môre gespeel.
- Bangladesj en Sri Lanka se eerste toets begin vandag.
- In die Momentum-Eendagreeks is die eerste halfeind gister voltooi.
Centurion
Titans 230 (49.4/50 bb)
Warriors 231/2 (34.5/50 bb)
Warriors wen gemaklik met 8 paaltjies met 91 balle oor.
Die tweede halfeind word vandag gespeel.
31 | Cape Cobras | v | Dolphins | OD | Kaapstad | 13:30 |
- Suid-Afrika en Bangladesj het sake uitgespook om die vyfde plek by die 19-Wêreldbeker. Die Junior Proteas het met 8 paaltjies gewen.
Sewesrugby
- Die Blitsbokke sal eerskomende naweek tydens die vierde been van die Wêreldreeks in Nieu-Seeland in Groep B speel. Die ander drie spanne in dié groep is Engeland, Rusland en Papoea-Nieu-Guinee. Kyle Brown neem die kapteinskap by die beseerde Philip Snyman oor.
Seabelo Senatla is die voorste drie-drukker in die reeks met 22 drieë na net drie toernooie. Die afgelope naweek in Sydney was Justin Geduld die grootste puntemaker met vier drieë en 18 doelskoppe.
Rugby
- Die Lions het ʼn sterk groep spelers gekies vir vanjaar se Superreeks. Daar is nie minder nie as 12 Springbokke in hul groep.
- Na die eerste wedstryde in die Varsitybeker lyk die punteleer só:
Pos | Span | G | W | Ge | V | Pv | Pt | Pver | Pte |
1 | FNB NWU | 1 | 1 | 0 | 0 | 70 | 7 | 63 | 5 |
2 | FNB Maties | 1 | 1 | 0 | 0 | 31 | 3 | 28 | 5 |
3 | FNB Wits | 1 | 1 | 0 | 0 | 30 | 26 | 4 | 5 |
4 | FNB Shimlas | 1 | 1 | 0 | 0 | 19 | 17 | 2 | 4 |
5 | FNB UP Tuks | 1 | 0 | 0 | 1 | 17 | 19 | -2 | 1 |
6 | FNB Ikeys | 1 | 0 | 0 | 1 | 26 | 30 | -4 | 1 |
7 | FNB Madibaz | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 |
8 | FNB UJ | 1 | 0 | 0 | 1 | 3 | 31 | -28 | 0 |
9 | FNB CUT | 1 | 0 | 0 | 1 | 7 | 70 | -63 | 0 |
Tennis
- Suid-Afrika en Isreal sal mekaar eerskomende naweek die stryd aansê in die Davisbeker-kompetisie. Die aksie begin Vrydag in Irene en duur tot Sondag.
Gholf
- In die VSA val die fokus dié week op die Phoenix Ope in Scottsdale, Arizona.
- In die Europese reeks slaan die spelers môre af in die Maybank Kampioenskap in Kuala Lumpur, in Maleisië. Dean Burmester, Brandon Stone en Haydn Porteous is van die Suid-Afrikaners wat hul stokke sal swaai.
- Die Joburg Vroue Ope begin vandag op die Modderfontein-gholfbaan in Gauteng.
Sokker
- In die Plaaslike Premier-liga word daar vanaand twee wedstryde gespeel.
SuperSport United | v | AmaZulu FC | Lucas Moripe Stadion | 19:30 | |
Ajax Cape Town | v | Orlando Pirates | Kaapstad Stadion | 19:30 |
- In die Engelse Premier-liga is daar gisteraand drie wedstryde afgehandel.
Huddersfield Town 0 – 3 Liverpool
West Ham United 1 – 1 Crystal Palace
Swansea City 3 – 1 Arsenal