- Die afwagting is groot vir Suid-Afrika se eerste wedstryd in die Eendag-reeks teen Indië wat vandag gespeel word. Die wedstryd begin om 13:00 in Durban en alle kaartjies is uitverkoop. Die Proteas het die toetsreeks met 2-1 gewen.
- Bangladesj en Sri-Lanka se eerste toets het gister begin. Bangladesj kolf eerste en hulle het op dag een ʼn allemintige 374/4 (90 bb) aangeteken.
- In die Momentum Eendagreeks is die tweede halfeind gister voltooi.
Kaapstad
Dolphins 230 (50 bb)
Cape Cobras 181 (46.3/50 bb)
Dolphins wen met 49 lopies.
Die Dolphins sal nou môre teen die Warriors in Durban in die eindstryd speel.
7’s-Rugby
- Die Blitsbokke is weer dié naweek in aksie wanneer die Wêreldreeks na Hamilton in Nieu-Seeland verskuif. Die Blitsbokke loop met vier punte voor op die punteleer ná drie toernooie. Die gasheerland, Nieu-Seeland, beklee die tweede posisie. Daar is drie nuwe name op die bokke se spanlys vir die naweek. Hulle is Sikhumbuzo Notshe, Zain Davids en Muller du Plessis.
Rugby
- Die eerste skote klap die naweek in die Sesnasies-reeks. Saterdag word daar twee wedstryde gespeel.
3 | Wallis | v | Skotland | Principality Stadion | 16:15 | |
3 | Frankryk | v | Ierland | Stade de France | 18:45 | |
4 | Italië | v | Engeland | Stadio Olimpico | 17:00 |
Die Cheetahs het hul groep bekend gemaak wat Maandag na Brittanje vertrek vir drie wedstryde in die Pro14-reeks. Van die spelers wat herstel het van beserings sluit in Francois Venter (kaptein), Torsten van Jaarsveld en Luther Obi.
Tennis
- Die Davisbeker-kompetisie tussen Suid-Afrika en Israel begin môre in Irene. Die eerste twee enkelspelwedstryde sal dan gespeel. Saterdag word die dubbelspelwedstryd gespeel gevolg deur die omgekeerde enkelspelwedstryde.
Gholf
- In die Europese reeks het die eerste ronde van die Maybank-kampioenskap vanoggend in Kuala Lumpur in Maleisië begin. David Horsey was die vroeë voorloper. Sewe Suid-Afrikaners is in aksie.
- In die VSA sal vier Suid-Afrikaners later vandag in die Phoenix Ope in Scottsdale, Arizona, afslaan. Onder hulle tel Retief Goosen.
- Die Joburg Vroue Ope se eerste ronde is gister op die Modderfontein-gholfbaan voltooi.
Pos | Speler | RSA | Syfer | Tel |
1 | Ashleigh Buhai | RSA | -4 | 68 |
2 | Hanna Roos | -3 | 69 | |
3 | Emie Peronnin | -2 | 70 | |
Lauren Taylor | -2 | 70 | ||
Ivanna Samu | RSA | -2 | 70 | |
6 | Mariell Bruun | Par | 72 | |
Carrie Park | Par | 72 | ||
Stacy Bregman | RSA | Par | 72 | |
Kiran Matharu | Par | 72 |
Die gunsteling, Lee-Anne Pace, het haar ná vyf putjies aan die toernooi onttrek as gevolg van ʼn maagaandoening
Sokker
- In die Plaaslike Premier-liga is daar gisteraand twee wedstryde gespeel.
Ajax Cape Town 3 – 0 Orlando Pirates
SuperSport United 0 – 1 AmaZulu FC
- In die Engelse Premier-liga is daar sewe wedstryde afgehandel.
Tottenham Hotspur 2 – 0 Manchester United
Stoke City 0 – 0 Watford
Manchester City 3 – 0 West Bromwich Albion
Chelsea 0 – 3 AFC Bournemouth
Southampton 1 – 1 Brighton & Hove Albion
Newcastle United 1 – 1 Burnley
Everton 2 – 1 Leicester City