Vandag se sportnuus

Krieket

  • Die afwagting is groot vir Suid-Afrika se eerste wedstryd in die Eendag-reeks teen Indië wat vandag gespeel word. Die wedstryd begin om 13:00 in Durban en alle kaartjies is uitverkoop. Die Proteas het die toetsreeks met 2-1 gewen.
  • Bangladesj en Sri-Lanka se eerste toets het gister begin. Bangladesj kolf eerste en hulle het op dag een ʼn allemintige 374/4 (90 bb) aangeteken.
  • In die Momentum Eendagreeks is die tweede halfeind gister voltooi.

Kaapstad

Dolphins       230 (50 bb)
Cape Cobras 181 (46.3/50 bb)

Dolphins wen met 49 lopies.

Die Dolphins sal nou môre teen die Warriors in Durban in die eindstryd speel.

7’s-Rugby

  • Die Blitsbokke is weer dié naweek in aksie wanneer die Wêreldreeks na Hamilton in Nieu-Seeland verskuif. Die Blitsbokke loop met vier punte voor op die punteleer ná drie toernooie. Die gasheerland, Nieu-Seeland, beklee die tweede posisie. Daar is drie nuwe name op die bokke se spanlys vir die naweek. Hulle is Sikhumbuzo Notshe, Zain Davids en Muller du Plessis.

Rugby

  • Die eerste skote klap die naweek in die Sesnasies-reeks. Saterdag word daar twee wedstryde gespeel.
3WallisvSkotlandPrincipality Stadion16:15
3FrankrykvIerlandStade de France18:45
4ItaliëvEngelandStadio Olimpico17:00

Die Cheetahs het hul groep bekend gemaak wat Maandag na Brittanje vertrek vir drie wedstryde in die Pro14-reeks. Van die spelers wat herstel het van beserings sluit in Francois Venter (kaptein), Torsten van Jaarsveld en Luther Obi. 

Tennis

  • Die Davisbeker-kompetisie tussen Suid-Afrika en Israel begin môre in Irene. Die eerste twee enkelspelwedstryde sal dan gespeel. Saterdag word die dubbelspelwedstryd gespeel gevolg deur die omgekeerde enkelspelwedstryde. 

Gholf

  • In die Europese reeks het die eerste ronde van die Maybank-kampioenskap vanoggend in Kuala Lumpur in Maleisië begin. David Horsey was die vroeë voorloper. Sewe Suid-Afrikaners is in aksie.
  • In die VSA sal vier Suid-Afrikaners later vandag in die Phoenix Ope in Scottsdale, Arizona, afslaan. Onder hulle tel Retief Goosen.
  • Die Joburg Vroue Ope se eerste ronde is gister op die Modderfontein-gholfbaan voltooi.
PosSpelerRSASyferTel
1Ashleigh Buhai RSA-468
2Hanna Roos-369
3Emie Peronnin-270
Lauren Taylor-270
 Ivanna Samu RSA-270
6Mariell BruunPar72
Carrie ParkPar72
Stacy Bregman  RSAPar72
 Kiran MatharuPar72

Die gunsteling, Lee-Anne Pace, het haar ná vyf putjies aan die toernooi onttrek as gevolg van ʼn maagaandoening

 Sokker

  • In die Plaaslike Premier-liga is daar gisteraand twee wedstryde gespeel.

Ajax Cape Town      3 – 0    Orlando Pirates
SuperSport United  0 – 1    AmaZulu FC

  • In die Engelse Premier-liga is daar sewe wedstryde afgehandel.

Tottenham Hotspur   2 – 0    Manchester United
Stoke City                     0 – 0    Watford
Manchester City    3 – 0    West Bromwich Albion
Chelsea                         0 – 3    AFC Bournemouth
Southampton              1 – 1    Brighton & Hove Albion
Newcastle United      1 – 1    Burnley
Everton                        2 – 1    Leicester City

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.