- Die eerste Eendag-wedstryd tussen Suid-Afrika en Indië is gister in Durban beslis. Kaptein Faf du Plessis het uitgeblink met die kolf en 120 lopies bygedra.
Suid-Afrika 269/8 (50 bb)
Indië 270/4 (45.3/50 bb)
Indië wen gemaklik met 6 paaltjies met 27 balle oor. Die speler van die wedstryd, Virat Kohli, het 112 aangeteken en was ook betrokke in ʼn rekord-vennootskap van 189 saam met Ajinkya Rahane.
Indië loop met 1-0 voor in die reeks van ses wedstryde. Die tweede wedstryd word Sondag in Centurion gespeel.
- Bangladesj en Sri Lanka se eerste toets het gister sy tweede dag beleef.
Chittagong
Bangladesj 513
Sri Lanka 187/1 (48 bb)
Sri Lanka is nog 326 lopies agter met 9 paaltjies staande in hul eerste beurt.
- In die Momentum-eendagreeks word die eindstryd vandag tussen die Dolphins en die Warriors in Durban gespeel.
Sewesrugby
- Die Blitsbokke het nog ʼn speler op die beseringslys voor die naweek se toernooi in die Wêreldreeks in Nuweling Muller du Plessis het gister sy dyspier beseer tydens die Bokke se oefening. Du Plessis word deur die ervare Branco du Preez vervang. Die Blitsbokke se bepalings vir die groepfase more lyk só:
3 | Suid-Afrika | V | Papoea-Nieu-Guinee | 01:06 | ||
3 | Suid-Afrika | V | Rusland | 04:32 | ||
3 | Suid-Afrika | V | Engeland | 08:06 |
- Intussen sal die Suid-Afrikaanse vrouespan die naweek in Australië aan die die Super7’s Brisbane-toernooi deelneem. Die Springbokke het ʼn nuwe afrigter asook kaptein.
Rugby
- Drie wedstryde word die naweek in die Sesnasies-reeks
3 | Wallis | v | Skotland | Principality Stadion | 16:15 | |
3 | Frankryk | v | Ierland | Stade de France | 18:45 | |
4 | Italië | v | Engeland | Stadio Olimpico | 17:00 |
Tennis
- Die Davisbeker-kragmeting tussen Suid-Afrika en Israel begin vandag in Irene. Die eerste twee enkelspelwedstryde word vandag afgehandel. Lloyd Harris sal eerste op die baan stap terwyl Nik Scholtz in die tweede wedstryd in aksie sal wees. Môre word die dubbelspelwedstryd gespeel, gevolg deur die omgekeerde enkelspelwedstryde. Alle kaartjies is uitverkoop vir die kragmeting.
Gholf
- In die Europese reeks is die eerste ronde van die Maybank-kampioenskap in Maleisië vroeg gestaak weens donkerte. Die Suid-Afrikaners het nie te waffers gevaar nie.
Pos | Speler | Tel | Put | Dag | Rnd1 | Rnd2 | Rnd3 | Rnd4 | Tot |
1 | Chris Paisley | -7 | F | -7 | 65 | 65 | |||
2 | Mike Lorenzo-Vera | -6 | 16 | -6 | |||||
David Horsey | -6 | F | -6 | 66 | 66 | ||||
4 | Arjun Atwal | -5 | F | -5 | 67 | 67 | |||
Andrew Johnston | -5 | F | -5 | 67 | 67 | ||||
Romain Wattel | -5 | F | -5 | 67 | 67 | ||||
Alexander Levy | -5 | F | -5 | 67 | 67 | ||||
David Lipsky | -5 | F | -5 | 67 | 67 | ||||
Soomin Lee S | -5 | F | -5 | 67 | 67 | ||||
26 | Dylan Frittelli | -3 | F | -3 | 69 | 69 | |||
51 | Haydn Porteous | -2 | F | -2 | 70 | 70 |
- In die VSA is die Phoenix Ope in Scottsdale, Arizona, se eerste ronde voltooi.
Pos | Speler | Tel | Put | Dag | Rnd1 | Rnd2 | Rnd3 | Rnd4 | Tot |
1 | Bill Haas | -7 | F | -7 | 64 | 64 | |||
2 | Rickie Fowler | -5 | F | -5 | 66 | 66 | |||
Billy Horschel | -5 | F | -5 | 66 | 66 | ||||
Bryson DeChambeau | -5 | F | -5 | 66 | 66 | ||||
Chesson Hadley | -5 | F | -5 | 66 | 66 | ||||
Chris Kirk | -5 | F | -5 | 66 | 66 | ||||
46 | Tyrone van Aswegen | -1 | F | -1 | 70 | 70 |
- Die Joburg Vroue Ope se tweede ronde is gister op die Modderfontein-gholfbaan voltooi.
Pos | Speler | Land | Syfer | 2de Ronde | Totaal |
1 | Ashleigh Buhai | RSA | -6 | 70 | 138 |
2 | Lauren Taylor | ENG | -4 | 70 | 140 |
3 | Nobuhle Dlamini | SWA | Par | 67 | 144 |
3 | Carrie Park | KOR | Par | 72 | 144 |
3 | Azelia Meichtry (a) | SWI | Par | 71 | 144 |
3 | Hayley Davis | ENG | Par | 71 | 144 |
7 | Ivanna Samu | RSA | 1 | 75 | 145 |
8 | Stacy Bregman | RSA | 2 | 74 | 146 |
Sokker
- In die Plaaslike Premierliga word daar die naweek ʼn rits wedstryde gespeel.
Vandag
Cape Town City FC | v | Mamelodi Sundowns | Athlone Stadion | 20:00 |
Môre |
SuperSport United | v | Bloemfontein Celtic | Lucas Moripe Stadion | 15:30 |
Free State Stars | v | Baroka FC | Goble Park | 15:30 |
Bidvest Wits | v | Kaizer Chiefs | Bidvest Stadion | 18:00 |
AmaZulu FC | v | Golden Arrows | King Zwelithini Stadion | 20:15 |
Orlando Pirates | v | Maritzburg United | Orlando Stadion | 20:15 |
- In die Engelse Premierliga word daar môre sewe wedstryde afgehandel.
Burnley | v | Manchester City | Turf Moor | 14:30 |
AFC Bournemouth | v | Stoke City | Vitality Stadion | 17:00 |
West Bromwich Albion | v | Southampton | The Hawthorns | 17:00 |
Leicester City | v | Swansea City | King Power Stadion | 17:00 |
Brighton & Hove Albion | v | West Ham United | The American Express Community Stadion | 17:00 |
Manchester United | v | Huddersfield Town | Old Trafford | 17:00 |
Arsenal | v | Everton | Emirates Stadion | 19:30 |