Vandag se sportnuus

Krieket

  • Die eerste Eendag-wedstryd tussen Suid-Afrika en Indië is gister in Durban beslis. Kaptein Faf du Plessis het uitgeblink met die kolf en 120 lopies bygedra.

Suid-Afrika    269/8 (50 bb)

Indië               270/4 (45.3/50 bb)

Indië wen gemaklik met 6 paaltjies met 27 balle oor. Die speler van die wedstryd, Virat Kohli, het 112 aangeteken en was ook betrokke in ʼn rekord-vennootskap van 189 saam met Ajinkya Rahane.

Indië loop met 1-0 voor in die reeks van ses wedstryde. Die tweede wedstryd word Sondag in Centurion gespeel.

  • Bangladesj en Sri Lanka se eerste toets het gister sy tweede dag beleef.

Chittagong

Bangladesj    513

Sri Lanka       187/1 (48 bb)

Sri Lanka is nog 326 lopies agter met 9 paaltjies staande in hul eerste beurt.

  • In die Momentum-eendagreeks word die eindstryd vandag tussen die Dolphins en die Warriors in Durban gespeel.

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke het nog ʼn speler op die beseringslys voor die naweek se toernooi in die Wêreldreeks in Nuweling Muller du Plessis het gister sy dyspier beseer tydens die Bokke se oefening. Du Plessis word deur die ervare Branco du Preez vervang. Die Blitsbokke se bepalings vir die groepfase more lyk só:
3Suid-AfrikaVPapoea-Nieu-Guinee01:06
3Suid-AfrikaVRusland04:32
3Suid-AfrikaVEngeland08:06

 

  • Intussen sal die Suid-Afrikaanse vrouespan die naweek in Australië aan die die Super7’s Brisbane-toernooi deelneem. Die Springbokke het ʼn nuwe afrigter asook kaptein.

Rugby

  • Drie wedstryde word die naweek in die Sesnasies-reeks
3WallisvSkotlandPrincipality Stadion16:15
3FrankrykvIerlandStade de France18:45
4ItaliëvEngelandStadio Olimpico17:00

Tennis

  • Die Davisbeker-kragmeting tussen Suid-Afrika en Israel begin vandag in Irene. Die eerste twee enkelspelwedstryde word vandag afgehandel. Lloyd Harris sal eerste op die baan stap terwyl Nik Scholtz in die tweede wedstryd in aksie sal wees. Môre word die dubbelspelwedstryd gespeel, gevolg deur die omgekeerde enkelspelwedstryde. Alle kaartjies is uitverkoop vir die kragmeting.

Gholf

  • In die Europese reeks is die eerste ronde van die Maybank-kampioenskap in Maleisië vroeg gestaak weens donkerte. Die Suid-Afrikaners het nie te waffers gevaar nie.
PosSpelerTelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Chris Paisley-7F-76565
2Mike Lorenzo-Vera-616-6
David Horsey-6F-66666
4Arjun Atwal-5F-56767
Andrew Johnston-5F-56767
Romain Wattel-5F-56767
Alexander Levy-5F-56767
David Lipsky-5F-56767
Soomin Lee S-5F-56767
26Dylan Frittelli-3F-369   69
   51Haydn Porteous-2F-270   70

 

  • In die VSA is die Phoenix Ope in Scottsdale, Arizona, se eerste ronde voltooi.
PosSpelerTelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Bill Haas-7F-76464
2Rickie Fowler-5F-56666
Billy Horschel-5F-56666
Bryson DeChambeau-5F-56666
Chesson Hadley-5F-56666
Chris Kirk-5F-56666
46Tyrone van Aswegen-1F-17070

 

  • Die Joburg Vroue Ope se tweede ronde is gister op die Modderfontein-gholfbaan voltooi.
PosSpelerLandSyfer2de RondeTotaal
1Ashleigh BuhaiRSA-670138
2Lauren Taylor ENG-470140
3Nobuhle Dlamini SWAPar67144
3Carrie Park KORPar72144
3Azelia Meichtry (a) SWIPar71144
3Hayley Davis ENGPar71144
7Ivanna Samu RSA175145
8Stacy Bregman RSA274146

 

Sokker

  • In die Plaaslike Premierliga word daar die naweek ʼn rits wedstryde gespeel.

Vandag

Cape Town City FCvMamelodi SundownsAthlone Stadion20:00
Môre

 

SuperSport UnitedvBloemfontein CelticLucas Moripe Stadion15:30
Free State StarsvBaroka FCGoble Park15:30
Bidvest WitsvKaizer ChiefsBidvest Stadion18:00
AmaZulu FCvGolden ArrowsKing Zwelithini Stadion20:15
Orlando PiratesvMaritzburg UnitedOrlando Stadion20:15

 

  • In die Engelse Premierliga word daar môre sewe wedstryde afgehandel.
BurnleyvManchester CityTurf Moor14:30
AFC BournemouthvStoke CityVitality Stadion17:00
West Bromwich AlbionvSouthamptonThe Hawthorns17:00
Leicester CityvSwansea CityKing Power Stadion17:00
Brighton & Hove AlbionvWest Ham UnitedThe American Express Community Stadion17:00
Manchester UnitedvHuddersfield TownOld Trafford17:00
ArsenalvEvertonEmirates Stadion19:30

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.