Vandag se sportnuus

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke was die naweek by die vierde toernooi van die Wêreldreeks in Nieu-Seeland in aksie. In die groepfase het ons met Papoea-Nieu-Guinee, Rusland en Engeland In die kwarteind klop ons vir Skotland en in die halfeind vir Australië. In die eindstryd verloor ons egter teen Fidji met 24-17. Australië het derde geëindig en Nieu-Seeland vierde.
  • Die Suid-Afrikaanse vrouespan het die naweek in Australië aan die Supersewes-Brisbane-toernooi deelgeneem. Die Springbokke het die bronsmedalje verower nadat hulle Frankryk met 21-19 geklop het.

Rugby

  • Drie wedstryde is die naweek in die Sesnasies-reeks
4Italië15-46EngelandStadio Olimpico
3Frankryk13-15IerlandStade de France
3Wallis34-7SkotlandPrincipality Stadion
  •  In die Varsitybeker word daar vandag vier wedstryde gespeel.
5FNB MadibazvFNB IkeysNMU Stadion16:45
5FNB MatiesvFNB ShimlasDanie Craven Stadion18:30
5FNB UJvFNB CUTUJ Stadion18:30
5FNB WitsvFNB UP TuksWits Rugbystadion19:00

 Tennis

  • Die Davisbeker-kragmeting tussen Suid-Afrika en Israel is in Irene voltooi. Suid-Afrika het ʼn voortou van 2-1 geneem ná Vrydag se twee enkelspelwedstryde asook Saterdag se dubbelswedstryd. Israel het egter albei omgekeerde enkelspelwedstryde gewen wat hom ʼn algehele oorwinning van 3-2 besorg het.

Krieket

  • Die tweede Eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Indië is gister in Centurion beslis.

Suid-Afrika is vir ʼn skamele 118 lopies in net 32.2 boulbeurte uitgeboul.

Indië antwoord met 119/1 (20.3 bb).

Indië wen met 9 paaltjies met nog 177 balle oor en loop nou met 2-0 voor in die reeks van ses wedstryde. Die derde wedstryd word Woensdag gespeel.

  • Bangladesj en Sri Lanka se eerste toets in Chittagong is afgehandel.

Bangladesj    513 & 307/5 (100 bb).

Sri Lanka       713/9 verklaar.

Die wedstryd eindig onbeslis.

  • In die Momentum-eendagreeks is die eindstryd tussen die Dolphins en die Warriors in Durban vir twee dae deur reën ontwrig. Geen uitslag was moontlik nie en die twee spanne deel daarmee die trofee.
  • Die Varsitybeker se eindstryd is die naweek beslis. Die span van Tukkies het die Pukke met vyf paaltjies geklop om met die titel weg te stap.

Gholf

  • In die Europese reeks is die Maybank-kampioenskap in Maleisië afgehandel.
PosSpelerTelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Shubhankar Sharma-21F-1070696662267
2Jorge Campillo-19F-469666668269
3Ryan Fox-18F-668686866270
Pablo Larrazábal-18F-670706466270
5Hideto Tanihara-16F-371646869272
Dylan Frittelli-16F-169666671272
  • In die VSA is die Phoenix Ope in Arizona voltooi. Die wenner is in ʼn valbylstryd bepaal.
PosSpelerTelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Gary Woodland-18F-767686764266
2Chez Reavie-18F-568656766266
3Ollie Schniederjans-15F-668686865269
Brendan Steele-15F-468676767269
  • Die Joburg Vroue Ope is vroeër die naweek op die Modderfontein-gholfbaan voltooi.

208 – Ashleigh Buhai 68 70 70

213 – Stacy Bregman 72 74 67, Ivanna Samu 70 75 68

217 – Azelia Meichtry (SWI) 73 71 73, Nobuhle Dlamini (SWZ) 77 67 73

Sokker

  • In die Plaaslike Premierliga is daar gister twee wedstryde afgehandel.

Polokwane City        1-1      Ajax Cape Town

Chippa United          3-3      Platinum Stars

  • In die Engelse Premierliga lyk gister se uitslae só:

Liverpool                   2-2      Tottenham Hotspur

Crystal Palace          1-1      Newcastle United

  • Marokko het Nigerië met 4-0 geklop om as kampioen van die Afrika Nasies-beker gekroon te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.