Vandag se sportnuus

Olimpiese Spele

  • Die 2018 Winterspele in Suid-Korea begin amptelik oormôre met die gebruiklike openingseremonie. Die spele duur tot 25 Februarie en daar sal in 102 kompetisies in 15 sportsoorte meegeding word.

Krieket

  • Die Derde Eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Indië word vandag op Nuweland in Kaapstad gespeel. Spel begin om 13:00. Indië loop met 2-0 voor in die reeks van ses wedstryde.
  • Die tweede T20-wedstryd tussen Australië en Engeland word vandag in Hobart gespeel. Die wedstryd begin om 10:40 Suid-Afrikaanse tyd.
  • Afganistan en Zimbabwe se tweede T20-wedstryd is gister in Sharjah afgehandel.

Afganistan    158/9 (20 bb)

Zimbabwe     141/5 (20 bb)

Afganistan het weer geseëvier. Dié keer wen hulle met 17 lopies.

  • In Kimberley speel Suid-Afrika en Indië se vrouespanne vandag teen mekaar in hul tweede Eendagwedstryd. Indië loop met 1-0 voor.
  • Die plaaslike Sunfoil-meerdagreeks word môre voortgesit. Daar sal drie wedstryde gespeel word.
8WarriorsvHighveld Lions4DayBuffalo Park, Oos-Londen10:00
8KnightsvDolphins4DayMangaung Ovaal, Bloemfontein10:00
8TitansvCape Cobras4DaySahara Park Willowmoore, Benoni10:00

Rugby

  • Wallis het dieselfde beginspan behou vir sy kragmeting die naweek teen Engeland in die Sesnasies-kompetisie. Wallis het die afgelope naweek ʼn goeie oorwinning oor Skotland behaal.
  • Die Southern Kings sal sonder hulle afrigter, Deon Davids, wees vir die eerste gedeelte van hul Europese toer. Davids kon as gevolg van mediese redes nie saam met die span reis nie. Barend Pieterse sal as afrigter instaan vir die PRO14-wedstryde teen Ulster, Ospreys en Leinster.
  • Op die Varsitybeker se punteleer is Maties die voorlopers met Wits wat tweede is.
PosSpanGWGeVPvPtPverPe
1FNB Maties220087246310
2FNB Wits22005545109
3FNB NWU1100707635
4FNB Ikeys2101534765
5FNB UJ21015152-15
6FNB Shimlas21014073-334
7FNB UP Tuks20023644-82
8FNB Madibaz10011727-100
9FNB CUT200228118-900

Gholf

  • In dié week se Amerikaanse reeks val die kollig op Kalifornië waar die AT&T Pebble Beach Pro-Am gespeel word.
  • In Australië swaai die spelers van môre af hul stokke in die Wêreld Superses-toernooi in Perth.
  • Die Kaapstad Vroue Ope se voorloper ná die eerste ronde is Ivanna Samu van Ruimsig. Sy het 68 houe gespeel wat ses houe beter as syfer is. Dit is een hou beter as dié van Hayley Davis van Engeland wat op vyf onder is.

Kanovaart

  • Die jaarlikse Duzi-kanomarathon vind van 15 tot 17 Februarie plaas. Andy Birkett wat al sewe keer kampioen was, sal vanjaar saam met die wêreldkampioen, Hank McGregor, in aksie wees. Hulle is die groot gunstelinge om vanjaar die K2-afdeling te wen.
  • Hokkie

John Wright van Suid-Afrika is aangewys as Internasionale Manshokkie se skeidsregter van die jaar vir 2017. Wright, wat tussen 1995 en 2017 as skeidsregter opgetree het, het dié toekenning Maandag van die internasionale hokkiefederasie in Berlyn ontvang.

  • Formule-Een

Die huidige wêreldkampioen, Lewis Hamilton, sal dié seisoen Tommy Hilfiger gebruik. Dit is nadat sy Mercedes-span ʼn ooreenkoms met dié wêreldwye modehuis onderteken het.

Sokker

  • In die Engelse FA-beker is daar gister drie wedstryde gespeel.

Swansea City           8 – 1    Notts County

Birmingham City      1 – 4    Huddersfield Town

Rochdale                  1 – 0    Millwall

Vanaand speel Tottenham Hotspur teen Newport County in die Wembley-stadion.

  • In die Engelse Premier-liga lyk die jongste punteleer só:
PosSpanGWGeVerDvDtDverPte
1Manchester City26223174195569
2Manchester United26175451183356
3Liverpool26149359312851
4Chelsea26155646232350
5Tottenham Hotspur26147551242749
  • In die Nedbank-beker word daar vanaand drie wedstryde gespeel.
AmaZulu FCvMthatha BucksKing Zwelithini Stadion19:30
Ubuntu Cape TownvPolokwane CityAthlone Stadion19:30
WitsvCape Town City FCBidvest Stadion19:30

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae