Vandag se sportnuus

Krieket

  • Die Derde Eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Indië is gister op Nuweland in Kaapstad gespeel. Virat Kholi was weer die doring in die Proteas se vlees toe hy 160 lopies van net 159 balle gemoker het.

Indië               303/6 (50 bb)

Suid-Afrika   179 (40/50 bb)

Indië wen op ʼn drafstap met 124 lopies. Indië loop nou met 3-0 voor in die reeks van ses wedstryde. Die vierde wedstryd word Saterdag afgehandel.

  • Die tweede T20-wedstryd tussen Australië en Engeland is gister in Hobart gespeel.

Engeland      155/9 (20 bb)

Australië        161/5 (18.3/20 bb)

Australië wen met 5 paaltjies met 9 balle oor en loop met 2-0 voor.

  • In Kimberley het Suid-Afrika en Indië se vrouespanne gister in hul tweede Eendagwedstryd teen mekaar gespeel.

Indië               302/3 (50 bb)

Suid-Afrika   124 (30.5/50 bb)

Indië wen met 178 lopies en loop nou met 2-0 voor.

  • Drie wedstryde begin vandag in die plaaslike Sunfoil-meerdagreeks.
8WarriorsvHighveld Lions4DayOos Londen10:00
8KnightsvDolphins4DayBloemfontein10:00
8TitansvCape Cobras4DayBenoni10:00

Rugby

  • Die Sesnasies-kompetisie se bepalings vir die naweek lyk só:
Saterdag 10IerlandvItaliëAviva-stadion16:15
10EngelandvWallisTwickenham18:45
Sondag 11SkotlandvFrankrykBT Murrayfield17:00
  •  In die Pro14-kompetsie word daar hierdie naweek sewe wedstryde gespeel.
Vrydag 9ConnachtvOspreysSportsground21:35
9UlstervKingsKingspan-stadion21:35
9Newport Gwent DragonsvGlasgow WarriorsRodney Parade21:35
9EdinburghvLeinsterMyreside21:35
Saterdag 10Cardiff BluesvCheetahsCardiff Arms Park21:35
10MunstervZebreThomond Park21:35
Sondag 11BenettonvScarletsStadio Comunale di Monigo15:05

Gholf

  • In die Amerikaanse reeks begin die AT&T Pebble Beach Pro-Am vandag in Kalifornië. Branden Grace, Rory Sabbatini en Ernie Els sal in aksie wees.
  • In Australië het die spelers vanoggend afgeslaan in die Wêreld Super6-toernooi in Perth. Brett Rumford en Lee Westwood  was die vroeë voorlopers op sewe onder syfer. Zander Lombard  was op vier onder syfer.
  • By die Kaapstad Vroue Ope is die voorloper ná die tweede ronde steeds Ivanna Samu van Ruimsig.

140 – Ivanna Samu 68 72

141 – Anna Sventrup (SWE) 72 69, Kiran Matharu (ENG) 74 67

143 – Lee-Anne Pace 71 72

144 – Rachel Raastad (NOR) 70 74, Anne-Lise Caudal (FRA) 74 70

145 – Stacy Bregman 72 73, Nicole Garcia 70 75

Netbal

  • Ons Nasionale Netbalspan, die Spar Proteas, sê hulle fokus op ʼn topvier-posisie by vanjaar se Statebondspele in Australië. Dié spele word van 4 tot 15 April aangebied. Suid-Afrika is in Groep A saam met Australië, Fidji, Noord-Ierland, Jamaika en Barbados geloot.

Olimpiese Spele

  • Die 2018 Winterspele in Korea se eerste items vind vandag plaas. Die Openingseremonie van die 23ste Spele word môre aangebied met 92 lande wat verteenwoordig word.

Sokker

  • In die Engelse FA-beker is daar gister een wedstryd gespeel.

Tottenham Hotspur 2 – 0    Newport County

  •  In die Engelse Premierliga lyk die jongste punteleer só:
PosSpanGWGeVerDvDtDverPte
1Manchester City26223174195569
2Manchester United26175451183356
3Liverpool26149359312851
4Chelsea26155646232350
5Tottenham Hotspur26147551242749
  • In die Nedbank-beker is drie wedstryde gister afgehandel.

Ubuntu Cape Town 3 – 2    Polokwane City

Bidvest Wits             0 – 1    Cape Town City FC

AmaZulu FC       3) 2 – 2 (0)          Mthatha Bucks

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.