Vandag se sportnuus

Krieket

  • Die Vierde Eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Indië is Saterdag op die Wanderers in Johannesburg gespeel. Reën het twee keer die spel onderbreek en uiteindelik het Suid-Afrika net 28 boulbeurte getrotseer.

Indië               289/7 (50 bb)

Suid-Afrika    207/5 (25.3/28 bb, teiken was 202)

Suid-Afrika wen met 5 paaltjies met 15 balle oor. (D/L-metode)

Indië loop nou met 3-1 voor in die reeks van ses wedstryde met die vyfde wedstryd wat môre in Port Elizabeth gespeel word.

  • Die tweede toets tussen Sri Lanka en Bangladesj is in Mirpur gespeel.

Sri Lanka       222 & 226

Bangladesj   110 & 123 (teiken was 339)

Sri Lanka wen met 215 lopies

Die derde T20-wedstryd tussen Australië en Engeland is in Melbourne afgehandel.

Engeland      137/7 (20 bb)

Australië        138/3 (14.3/20 bb)

Australië wen met 7 paaltjies met 33 balle oor en die span wen die reeks met 3-0.

  • In die plaaslike Sunfoil-meerdagreeks is drie wedstryde afgehandel.  

Oos-Londen

Warriors        193 & 145

Lions              178 & 131 (teiken was 161)

Warriors wen met 29 lopies.

Bloemfontein

Knights          478

Dolphins       237 & 426/4v

Onbeslis

Benoni

Cape Cobras 428 & 185/6d

Titans             346 & 57/2 (17.5 bb, teiken 268)

Onbeslis

  • Suid-Afrika se vrouespan het teen Indië in die derde eendagwedstryd op Potchefstroom gespeel. Mignon du Preez se 90 lopies het verseker dat die Proteas met 7 paaltjies wen met net 4 balle oor. Indië verower die reeks met 2-1.

Rugby

  • Die naweek se Sesnasies-kompetisie se uitslae lyk só:
11Skotland32-26FrankrykMurrayfield
10Engeland12-6WallisTwickenham
10Ierland56-19ItaliëAviva Stadion

In die Pro14-kompetisie is die naweek sewe wedstryde gespeel en sowel die Cheetahs as die Kings was in aksie. 

11Benetton22-12ScarletsStadio Comunale di Monigo
10Munster33-5ZebreThomond Park
10Cardiff Blues25-20CheetahsCardiff Arms Park
9Connacht26-15OspreysSportsground
9Ulster59-10KingsKingspan Stadion
9Newport Gwent Dragons15-15Glasgow WarriorsRodney Parade
9Edinburgh29-24LeinsterMyreside

 Gholf

  • In die Amerikaanse reeks is die AT&T Pebble Beach Pro-Am in Kalifornië voltooi.
PosSpelerTelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Ted Potter, jr.-17F-368716269270
2Phil Mickelson-14F-569657267273
Chez Reavie-14F-467726668273
Jason Day-14F-269656970273
Dustin Johnson-14FE67647072273
6Kevin Streelman-13F-465697268274
20Branden Grace-8F-468727168279
  • In Australië is die Wêreld-Super6-toernooi in Perth afgehandel. Kiradech Aphibarnrat (THA) het in die eindstryd met 2&1 oor James Nitties (AUS) geseëvier.
  • Op plaaslike bodem is die Eye of Africa PGA-kampioenskap
PosSpelerTelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Matias Calderon (Chili)-17F-769686965271
2Combrinck Smit-16FE64696772272
3Justin Harding-13F-474686568275
4Keith Horne-12F-472696768276
Toby Tree-12F-568677467276
6Jacques Blaauw-10F-272676970278

Olimpiese Spele

  • By die Winterspele in Suid-Korea staan sake só in die medalje-wedloop:
LandGoudSilwerBronsTotaal
Duitsland3014
Nederland2215
Noorweë1438
VSA1102
Frankryk1001

Sokker

  • In die Engelse Premierliga lyk van die naweek se uitslae só:

Gister

Southampton                       0-2      Liverpool

Newcastle United    1-0      Manchester United

Huddersfield Town  4-1      AFC Bournemouth

Saterdag     

Manchester City       5-1      Leicester City

  • In die Nedbank-bekerstryd is vier wedstryde gister gespeel.

Bloemfontein Celtic      (5) 1-1 (4)            SuperSport United

Mariveni United                   1-3                  EC Bees

Happy Wanderers               0-1                  Royal Eagles

Kaizer Chiefs                        3-0                  Golden Arrows

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.