Vandag se sportnuus

Olimpiese Spele

  • By die Winterspele in Suid-Korea het sterk wind weer gister vir probleme gesorg. Die vorige dag moes items selfs gestaak word. Gister het byna al die deelnemers aan die vrouesneeuplank-finaal ʼn beurt gehad om te val.
  • Ireen Wust van Nederland het haar 10de Olimpiese spoedskaatsmedalje verower toe sy goud in die 1 500 m vir vroue gewen het. Wust is ook die eerste Nederlandse atleet wat vyf goue medaljes by die Olimpiese Spele kon wen.
  • Sake staan só in die jongste medaljewedloop:
LandGoudSilwerBronsTotaal
Duitsland4127
Nederland3227
Noorweë2439
Kanada2417
VSA2114

Rugby

  • Op die jongste wêreldranglys is Suid-Afrika steeds vyfde.
  1. Nieu-Seeland 93.99
  2. Engeland 90.87
  3. Ierland 86.86
  4. Australië 85.49
  5. Suid-Afrika 83.81
  6. Wallis 83.43
  7. Skotland 82.94
  8. Argentinië 78.22
  9. Fidji 77.93
  10. Frankryk 77.43
  • Vier Varsitybeker-wedstryde is gisteraand gespeel.
12FNB Maties24-16FNB UP TuksDanie Craven Stadion
12FNB Ikeys18-15FNB NWUUCT Rugbyveld
12FNB Shimlas44-24FNB WitsXerox Shimla Park
12FNB CUT38-37FNB MadibazNMU Stadion
  • Ná die naweek se Sesnasies-kompetisie is Ierland die nuwe voorloper op die punteleer:
PosSpanGWGeVPvPtPverPte
1Ierland22007132399
2Engeland22005821379
3Wallis21014019216
4Skotland21013960-214
5Frankryk20023947-82
6Italië200234102-680
  •  Die Engelse klub, die Worcester Warriors, het aangekondig dat Wynand Olivier sy kontrak met die klub met nog ʼn jaar gaan verleng.

Krieket

  • Die vyfde Eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Indië word vandag op St George’s Park in Port Elizabeth gespeel. Die Proteas is met 1-3 agter in die reeks van ses wedstryde. Die wedstryd is geskeduleer om 13:00 te begin.
  • Die vierde T20-wedstryd in die driehoekige reeks tussen Nieu-Seeland en Engeland word vandag in Wellington afgehandel.
  • Suid-Afrika se vrouekrieketspan speel in die eerste T20-wedstryd teen Indië op Potchefstroom. Die wedstryd begin ook om 13:00.
  • In die plaaslike Sunfoil-meerdagreeks staan sake só op die punteleer:
PosSpanGWVeGeGuPteNLT
1Titans107300331.019
2Cobras107300310.334
3Dolphins106310290.338
4Warriors10460017-0.388
5Highveld Lions10361016-0.183
6Knights10172011-1.125

Gholf

  • Dustin Johnson is steeds die voorste speler op die wêreldranglys.
PosSpelerToernooiePunte
1Dustin Johnson4610.7499
2Jon Rahm429.1046
3Jordan Spieth498.3859
4Justin Thomas527.8442
5Justin Rose467.3356
28Branden Grace523.2918
29Louis Oosthuizen443.2837
44Charl Schwartzel482.5107
49Dylan Frittelli522.4730

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is een wedstryd gisteraand gespeel.

Chelsea        3-0      West Bromwich Albion

  • Op die punteleer is Manchester City se voorsprong nou ʼn allemintige 16 punte.
PosSpanGWGeVDvDtDverPte
1Manchester City27233179205972
2Manchester United27175551193256
3Liverpool27159361313054
4Chelsea27165649232653
5Tottenham Hotspur27157552242852

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.