Vandag se sportnuus

Krieket

  • Die vyfde eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Indië is gister op St George’s Park in Port-Elizabeth gespeel. Indië het geskiedenis gemaak deur hulle eerste reeks in Suid-Afrika te wen. Twee uithardloop-geleenthede deur ons veldwerkers en vier paaltjies deur Lungi Ngidi het Indië tot 274/7 beperk. Suid-Afrika se kolwers het egter gefaal en kon net antwoord met 201 lopies. Indië beklink die reeks met 4-1 met die sesde en laaste eendagwedstryd wat Vrydag in Centurion gespeel word.
  • Die Vierde T20-wedstryd in die driehoekige reeks tussen Nieu-Seeland en Engeland is in Wellington afgehandel.

Nieu-Seeland           196/5 (20 bb)

Engeland                  184/9 (20 bb)

Nieu-Seeland wen met 12 lopies.

  • Suid-Afrika se Vroue-krieketspan het in hul eerste T20-wedstryd teen Indië op Potchefstroom gespeel.

Suid-Afrika    164/4 (20 bb)

Indië               168/3 (18.5/20 bb)

Indië wen met 7 paaltjies met 7 balle oor.

  • In die plaaslike Sunfoil-meerdagreeks begin daar môre drie wedstryde.
15Cape CobrasvHighveld LionsBoland Park, Paarl10:00
15WarriorsvDolphinsSt George’s Park, Port Elizabeth10:00
15KnightsvTitansDiamant Ovaal, Kimberley10:00

Olimpiese Spele

  • By die Winterspele in Suid-Korea was Kanada die wenners van die eerste Olimpiese gemengde-dubbelstitel in ysbal (“curling”). Hulle het goud ingepalm deur Switserland met 10-3 te klop.
  • Suid-Afrika se enigste deelnemer by die spele, Connor Wilson, sal dié week sy staal by die spele toon. Wilson sal Sondag en aanstaande Donderdag in aksie wees.
  • Sake staan só in die jongste medalje-wedloop:
LandGoudSilwerBronsTotaal
Duitsland5229
Nederland44210
Noorweë35311
Kanada34310
VSA3126

Statebond-spele

Chad Le Clos is ontsteld oor Suid-Afrika se keuringskriteria wat hom die kans kan ontneem om die atleet te word wat die meeste medaljes nóg by die Statebond-spele kon wen. Le Clos het beplan om van 4 tot 15 April in Australië aan vier individuele items asook twee aflosse deel te neem. Sy spanlede vir die aflosse is egter weggelaat uit Span Suid-Afrika.

Rugby

  • Die Superrugby-reeks begin die naweek met twee wedstryde wat geskeduleer is vir Saterdag.
17StormersvJaguaresDHL Nuweland15:05
17LionsvSharksEmirates Airlines Park17:15
  • Die Kings het bevestig dat hulle teen die Ierse span, Munster, in ’n Pro14-wedstryd op George sal speel. Die wedstryd op Outeniqua Park is vir 7 April geskeduleer.
  • Op die jongste Varsitybeker-punteleer staan sake só:
PosSpanGWGeVePvPtPverPte
1FNB Maties3300111407114
2FNB Wits32017989-1010
3FNB Ikeys3201716299
4FNB Shimlas32018497-139
5FNB NWU21018525606
6FNB UJ21015152-15
7FNB CUT310266155-895
8FNB Madibaz20025465-112
9FNB UP Tuks30035268-162

Kanovaart

  • Die jaarlikse Duzi-kanomarathon begin môre en duur tot Saterdag. Meer as ’n duisend roeiers sal in aksie wees. Die roeiers het goeie nuus ontvang oor die watervlak van die rivier. Daar sal selfs genoeg water in die laer uMngeni-rivier wees sodat die roeiers Saterdag tot by die eindpunt by die Blue Lagoon in Durban sal kan roei.

Gholf

  • In die VSA val die kollig dié week op die Genesis Ope wat in Kalifornië gespeel word.
  • In die Europese reeks slaan die spelers môre af in die Oman Gholf Classic in Muscat, Oman.
  • In die Sonskynreeks vir Vroue begin die Dimention Data Uitdaging Vrydag in George.

Tennis

  • Die vyfmalige Grand Slam-wenner, Maria Sharapova, is in die eerste ronde van die Qatar Ope uitgeskakel.

Sokker

  • In die Eufa-kampioeneliga is daar gisteraand twee wedstryde afgehandel.

Juventus       2 – 2    Tottenham Hotspur

Basel             0 – 4    Manchester City

Vanaand word nog twee wedstryde gespeel:

Real MadridvPSGEstadio Santiago Bernabéu21:45
PortovLiverpoolEstádio Do Dragão21:45
  • In die Nedbank-uitdaagtrofee word daar vandag vier wedstryde gespeel.
Richards BayvBloemfontein TigersUmhlathuze Sport-kompleks15:30
Super EaglesvFree State StarsGoble Park18:00
Platinum StarsvBaroka FCRoyal Bafokeng Stadion19:30
StellenboschvHighlands ParkAthlone Stadion19:30

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.