Vandag se sportnuus

Kanovaart

  • Die 67ste Dusi-kanomarathon het vanoggend in Pietermaritzburg begin. Andy Birkett en Hank McGregor is die gunstelinge om met vanjaar se K2-titel weg te stap. Birkett het sewe van die laaste agt byeenkomste gewen.

Rugby

  • Die Superrugby-reeks begin die naweek met twee wedstryde wat geskeduleer is vir Saterdag.
17StormersvJaguaresDHL Nuweland15:05
17LionsvSharksEmirates Airlines Park17:15
  • Sewesrugby

Die Blitsbokke het slegte nuus ontvang. Die voorste puntemaker in Sydney en spelskepper van Suid-Afrika, Justin Geduld, gaan die volgende twee toernooie in die wêreldreeks misloop. Geduld sal die Las Vegas- en Vancouver-toernooie misloop nadat hy sy kakebeen in Hamilton se toernooi gebreek het.

  • Op die jongste Varsitybeker-punteleer staan sake só:
PosSpanGWGeVePvPtPverPte
1FNB Maties3300111407114
2FNB Wits32017989-1010
3FNB Ikeys3201716299
4FNB Shimlas32018497-139
5FNB NWU21018525606
6FNB UJ21015152-15
7FNB CUT310266155-895
8FNB Madibaz20025465-112
9FNB UP Tuks30035268-162

Krieket

  • Die sesde en laaste Eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Indië word môre in Centurion afgehandel. Indië het reeds die reeks met 4-1 gewen.
  • Die vyfde T20-wedstryd in die driehoekige reeks tussen Nieu-Seeland en Australië word môre in Auckland afgehandel.
  • Suid-Afrika se Vrouekrieketspan speel môre in Oos-Londen teen Indië in hul tweede T20-wedstryd teen mekaar. Indië loop met 1-0 voor in die reeks.
  • In die plaaslike Sunfoil-meerdagreeks begin daar vandag drie wedstryde.
15Cape CobrasvHighveld LionsBoland Park, Paarl10:00
15WarriorsvDolphinsSt George’s Park, Port Elizabeth10:00
15KnightsvTitansDiamant Ovaal, Kimberley10:00

Olimpiese Spele

  • By die Winterspele in Suid-Korea het die wind weer vir probleme gesorg op ʼn dag waar die sneeuplank-koning, Shaun White, op briljante wyse sy derde goue medalje gewen het.
  • Sake staan só in die jongste medalje-wedloop:
LandGoudSilwerBronsTotaal
Duitsland72312
Nederland54211
VSA4127
Noorweë35311
Kanada34310

Gholf

  • In die VSA slaan Charl Schwartzel, Ernie Els, Branden Grace en Retief Goosen later vandag af in die Genesis Ope wat in Kalifornië gespeel word. Tiger Woods en Rory McIlroy is saam gegroepeer vir die eerste twee rondes.
  • In die Europese reeks is agt Suid-Afrikaners in aksie by die Oman Gholf Classic in Oman. Spel het vanoggend om 05:00 Suid-Afrikaanse tyd begin.
  • In Suid-Afrika is die kollig op die Dimention Data Pro-Am-gholftoernooi wat tot Sondag op Fancourt gespeel word.
  • In die Sonskynreeks vir Vroue begin die Dimention Data-uitdaging môre ook op George.

Tennis

  • Roger Federer het gister ʼn oorwinning van 6-1 en 6-2 oor Ruben Bemelmans by die Nederlandse binnenshuise toernooi behaal. Die Switserse ster het nou net twee oorwinnings nodig om dié sport se oudste wêreld-nommereen te word.
  • By die Qatar Ope het die derde gekeurde Elina Svitolina met die ongekeurde

Marketa Vondrousova afgereken. Die telling was 6-2 en 6-4.

Sokker

  • In die Eufa-Kampioeneliga is daar gisteraand twee wedstryde afgehandel.

Real Madrid  3-1      PSG (Cristiano Ronaldo teken twee doele aan)

Porto              0-5      Liverpool

  • Van gisteraand se uitslae in die Nedbank Uitdaagtrofee lyk só:

Baroka FC                1-0      Platinum Stars

Free State Stars      2-1      Super Eagles

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.