Vandag se sportnuus

Kanovaart

  • Die 67ste Duzi-kanomarathon het gisteroggend in Pietermaritzburg begin. Die eerste skof in die mans se K2-afdeling is deur Andy Birkett en Hank McGregor ingepalm.

Mans

  1. Hank McGregor/Andy Birkett 2:41:11.10
    2. Siseko Ntondini/Sbonelo Khwela             2:43:07.71
    3. Carl Folscher/Adrian Boros                       2:43:08.83

Vroue
1. Jordan Peek/Cana Peek (U23)                 3:12:32.94

  1. Bridgitte Hartley/Christie Mackenzie 3:17:38.67
  2. Jenna Ward/Vanda Kiszli 3:19:11.16

Rugby

  • Die eerste skote in vanjaar se Superrugby-reeks klap môre.

Die Stormers sal sonder hul Springbok-slotpaar teen die Jaguares speel. Eben Etzebeth en Pieter-Steph du Toit sukkel met beserings.

17StormersvJaguaresDHL Nuweland15:05
17LionsvSharksEmirates Airlines Park17:15

Die Lions het tien Springbokke en ʼn Blitsbok in hul groep wat teen die Sharks in Johannesburg uitdraf. Warren Whiteley is terug as kaptein ná sy besering terwyl Jacques van Rooyen in sy 50ste wedstryd vir die Lions speel.

Vir die Sharks sal Robert du Preez, wat die Kaap verruil het vir Durban, op losskakel uitdraf met Curwin Bosch op die bank. Die gewese Cheetah vleuel, Makazole Mapimpi, is ook in die beginspan. Die Sharks spog met vier Springbokke op hulle bank.

  • In die Pro14-kompetisie is beide Suid-Afikaanse spanne vanaand in aksie. Die Cheetahs speel teen die Glasgow Warriors wat die voorlopers is op die punteleer.
16ConnachtvZebreSportsground21:35
16Glasgow WarriorsvCheetahsScotstoun Stadion21:35
16UlstervEdinburghKingspan Stadion21:35
16OspreysvKingsLiberty Stadion21:35
17LeinstervScarletsRDS Arena17:15
17Cardiff BluesvMunsterCardiff Arms Park19:30
18Newport Gwent DragonsvBenettonRodney Parade17:30

Krieket

  • Die sesde en laaste Eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Indië word vandag op SuperSport-park in Centurion afgehandel. Die wedstryd begin om 13:00. Indië het reeds die reeks met 4-1 gewen.
  • Die vyfde T20-wedstryd in die driehoekige reeks tussen Nieu-Seeland en Australië word vandag in Auckland gespeel.
  • Suid-Afrika se Vrouekrieketspan speel vandag in Oos-Londen teen Indië in hul tweede T20-wedstryd teen mekaar.
  • In die plaaslike Sunfoil-meerdagreeks het drie wedstryde gister begin.

Paarl

Cape Cobras 355/4 (94 bb)

Lions

Port-Elizabeth

Dolphins 145

Warriors 100/4 (38 bb)

Warriors is 45 lopies agter met 6 paaltjies staande in die eerste beurt.

Bloemfontein

Knights 304/7 (96 bb)

Titans

Olimpiese Spele

  • By die Winterspele in Suid-Korea het die sierskaatsers Aljona Savchenko en Bruno Massot ʼn nuwe wêreldrekord in die vry-dans opgestel en goud verower.
  • In die jongste medalje-wedloop is Duitsland steeds die voorlopers:
LandGoudSilwerBronsTotaal
Duitsland92415
Noorweë67417
Nederland55212
VSA5128
Kanada45413

Gholf

  • In die Europese reeks is die Oman Gholf Classic se eerste ronde afgehandel.
PosSpelerTel PutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Paul Waring-7F-765   65
Matthew Southgate-7F-765   65
3Daan Huizing-6F-666   66
4Andy Sullivan-5F-567   67
Callum Shinkwin-5F-567   67
23Christiaan Bezuidenhout-2F-270   70
  • In die VSA word die Genesis Ope gespeel. Sam Saunders en Retief Goosen was van die vroeë voorlopers op -4. Tiger Woods het sy eerste ronde op +1 afgesluit.
  • By die Dimention Data Pro-Am Gholftoernooi op Fancourt is Garth Mulroy van Suid-Afrika een van vier voorlopers wat op sewe houe onder die baansyfer is.
PosSpelerTel PutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Vaughn Groenewald-7F-666   66
Garth Mulroy-7F-765   65
Toby Tree-7F-765   65
JC Ritchie-7F-666   66
  • Die Dimention Data-uitdaging vir vroue begin vandag op George.

Tennis

  • By die Rotterdam Ope kort Roger Federer nog net een oorwinning om die oudste man te word wat die nommer een-plek op die wêreldranglys beklee. Federer het gister vir Philipp Kohlschreiber met 7-6 (10/8) en 7-5 geklop. Hy speel vandag in die kwarteindronde teen Robin Haase.
  • By die Qatar Ope het Caroline Wozniacki en Simona Halep beide na die kwarteind deurgedring.

Sokker

  • In die Engelse FA-beker word daar vanaand twee wedstryde afgehandel.
Leicester CityvSheffield UnitedKing Power Stadium21:45
ChelseavHull CityStamford Bridge22:00
  • In die plaaslike Premierliga word daar vanaand een wedstryd gespeel.
Maritzburg UnitedvAmaZulu FCHarry Gwala Stadion20:00

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.