Vandag se sportnuus

Atletiek

  • Suid-Afrika het ʼn span van ses lede aangewys om aanstaande naweek die land op die 2018 IAAF se Wêreld Binnenshuise kampioenskap in Birmingham te verteenwoordig. Dit sluit die verspringers Luvo Manyonga, Khotso Mokoena en Ruswahl Samaai in. Die twee nasionale rekordhouers, Dominque Scott-Efurd en Carina Horn, is die twee vroue in die span.

Olimpiese Spele

  • By die Winterspele in Suid-Korea het Frankryk se Martin Fourcade nog ʼn skitterende vertoning gelewer. Hy het in die Olimpiese tweekamp (ski en skiet) se gemengde-aflos goud vir sy span gewen. Dit was Fourcade se derde goue medalje op die Spele en die vyfde van sy loopbaan.
  • Die VSA het erg uitgesak in die medaljewedloop en is nou sesde.
LandGoudSilwerBronsTotaal
Noorweë1110829
Duitsland117523
Kanada85619
Nederland65314
Frankryk54413

Krieket

  • Die tweede T20-westryd tussen die Proteas en Indië word vandag op SuperSport-park in Centurion gespeel. Dis ʼn dag-aandwedstryd wat om 18:00 begin.
  • Suid-Afrika se vrouekrieketspan speel ook vandag op SuperSport-park teen Indië. Hierdie vierde T20-wedstryd begin om 13:00.
  • Die eindstryd van die Driehoekige T20-reeks in Australasië word vandag tussen Australië en Nieu-Seeland in Auckland afgehandel. Die wedstryd begin om 08:00 Suid-Afrikaanse tyd.

Rugby

  • Die Stormers het na Australasië vertrek vir ʼn toer van drie Superrugby-wedstryde.

Komende naweek speel hulle teen die Waratahs, waarna hulle na Nieu-Seeland vertrek om teen die Crusaders en Highlanders te speel. Pieter-Steph du Toit en SP Marais is albei fiks en is saam op toer.

  • Die Sharks se agsteman, Daniel du Preez, sal vir vier weke op die kantlyn wees met ʼn skouerbesering.
  • In die Varsitybeker-reeks lyk die jongste punteleer só:
PosSpanGWGeVPvPtPverPte
1FNB Maties44001865213419
2FNB Wits4301111118-715
3FNB Shimlas4301116124-814
4FNB Ikeys42029894411
5FNB NWU3201103406310
6FNB UJ31026670-46
7FNB CUT410378230-1525
8FNB Madibaz30038397-143
9FNB UP Tuks30035268-162

Gholf

Die week se toernooie lyk só:

  • In die VSA word die Honda Classic op Palm Beach Gardens in Florida gespeel.
  • Die kollig in Europa is op die Katar Meesters in Doha, Katar.
  • Op die plaaslike front is die aksie in Kaapstad waar die Kaapstad Ope in Mowbray afgehandel word.

Tennis

  • By die Delray Beach Ope het die eerste gekeurde Jack Sock, tweede gekeurde Juan Martin del Potro asook die sesde gekeurde John Isner maklik na die ronde van 16 deurgedring. Kevin Anderson se wedstryd in die ronde van 32 is gekanselleer.

Formule-Een

  • Die Sauber-span het gister sy Formule Een-motor saam met hul nuwe enjin-verskaffer Alfa Romeo bekendgestel. Verskeie nuwe borge is ook aangekondig.

Vlugbal

  • Vlugbal Suid-Afrika het aangekondig dat die heel eerste nasionale vlugballiga aanstaande maand in Durban afskop. Die toernooi wat oor vier weke strek sal by die Universiteit van KwaZulu-Natal gespeel word.

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga is een wedstryd gisteraand voltooi.

Platinum Stars 0 – 0 SuperSport United

  • In die Eufa-kampioeneliga is daar gisteraand twee eerstebeen wedstryde in die ronde van 16 afgehandel.

Chelsea                      1 – 1     Barcelona

Bayern München        5 – 0     Beşiktaş

  • Nog twee wedstryde in die Eufa-kampioeneliga is vir vanaand geskeduleer.
SevillavManchester UnitedEstadio Ramón Sánchez Pizjuán21:45
Shakhtar DonetskvRomaOblasny SportKomplex Metalist21:45

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

piet de jager ·

IAAF-span. Drie plus twee gee my vyf. Wie is die sesde lid van die span??

Kobus ·

Ek is nuuskierig om môre te sien hoe die nuwe motors van Mercedes en Ferrari lyk. Sover het Alfa Romeo Sauber die interessantste ontwerp.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.