Vandag se sportnuus

Olimpiese Spele

  • By die Winterspele in Suid-Korea het Noorweë se Marit Bjoergen die mees suksesvolle atleet in die Winterspele-geskiedenis geword. Bjoergen het die 14de medalje van haar loopbaan gewen. Suid-Afrika se enigste deelnemer, Connor Wilson, sal vandag in die Slalom-manskompetisie in aksie wees.
  • In die medaljewedloop is Noorweë steeds die voorloper.
LandGoudSilwerBronsTotaal
Noorweë1311933
Duitsland127524
Kanada85720
Nederland66416
VSA64616

 Krieket

  • Die tweede T20-wedstryd tussen die Proteas en Indië is gister op SuperSport-park in Centurion gespeel. Indië het eerste gekolf en 188/4 in sy 20 boulbeurte aangeteken.

Die Proteas se kolwers het egter goed teruggeveg en geantwoord met 189/4 (18.4 bb), ʼn oorwinning van 6 paaltjies vir Suid-Afrika met 8 balle oor. Die T20-reeks se telling is nou 1-elk met die derde en laaste wedstryd wat Saterdag om 18:00 in Kaapstad gespeel word.

  • Suid-Afrika se Vrouekrieketspan het teen Indië op die veld gestap in die vierde T20-wedstryd. Die wedstryd moes ongelukkig afgelas word weens reën.
  • Die eindstryd van die Driehoekige T20-reeks in Australasië is tussen Australië en Nieu-Seeland in Auckland afgehandel.

Nieu-Seeland 150/9 (20 bb)
Australië          121/3 (14.4 bb, teiken 103)

Australië wen met 19 lopies (D/L-metode) 

Rugby

  • Die Superrugby-reeks kom die naweek op dreef met sewe wedstryde wat gespeel word.
23HighlandersvBluesForsyth Barr Stadion08:35
23RebelsvRedsAAMI Park10:45
24SunwolvesvBrumbiesPrince Chichibu Memorial Stadion06:15
24CrusadersvChiefsAMI Stadion08:35
24WaratahsvStormersAllianz Stadion10:45
24LionsvJaguaresEmirates Airlines Park15:05
24BullsvHurricanesLoftus Versfeld17:15

 In die Sesnasies-reeks is drie wedstryde geskeduleer.

23FrankrykvItaliëOrange Velodrome22:00
24IerlandvWallisAviva Stadion16:15
24SkotlandvEngelandBT Murrayfield18:45

 Gholf

Die week se toernooie lyk só:

  • In Amerika word die Honda Classic op Palm Beach Gardens in Florida gespeel. Louis Oosthuizen en Retief Goosen sal hul staal toon.
  • In Europa by die Katar Meesters in Doha slaan vandag tien Suid-Afrikaners af. Dit sluit Zander Lombard en Haydn Porteous in.
  • Op die plaaslike front het die Kaapstad Ope vanoggend op Mowbray begin. 

Tennis

  • By die Delray Beach-Ope is die eerste gekeurde Jack Sock, die sesde gekeurde John Isner asook die negende gekeurde Milos Raonic almal uitgeskakel. Die gunsteling om die toernooi nou te wen is die tweede gekeurde Juan Martin del Potro. 
  • By die Vrouetoernooi in Dubai het die topgekeurde, Elina Svitolina, twee uur nodig gehad om die kwarteind te bereik. Die tweede gekeurde Garbine Muguruza het ook haar wedstryd gewen.

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga is een wedstryd gisteraand afgehandel.

Mamelodi Sundowns 1-1       Free State Stars

  • In die Eufa-kampioeneliga is gisteraand twee wedstryde afgehandel.

Sevilla                         0-0       Manchester United
Shakhtar Donetsk      2-1       Roma

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.