Vandag se sportnuus

Olimpiese Spele

  • By die Winterspele in Suid-Korea het die VSA se vrouespan Kanada met 3-2 in ʼn doeluitskietstryd geklop om met goud weg te stap in yshokkie.

Suid-Afrika se enigste deelnemer, Connor Wilson, het geval in die Slalom-manskompetisie wat ʼn einde aan sy deelname gemaak het.

  • In die medaljewedloop is Noorweë gemaklik voor.
LandGoudSilwerBronsTotaal
Noorweë1312934
Duitsland137525
Kanada97824
VSA86620
Nederland76417

 Rugby

  • Twee wedstryde word vandag in die Superrugby-reeks
23HighlandersvBluesForsyth Barr Stadion08:35
23RebelsvRedsAAMI Park10:45
24SunwolvesvBrumbiesPrince Chichibu Memorial Stadion06:15
24CrusadersvChiefsAMI Stadion08:35
24WaratahsvStormersAllianz Stadion10:45
24LionsvJaguaresEmirates Airlines Park15:05
24BullsvHurricanesLoftus Versfeld17:15

 Pieter-Steph du Toit en SP Marais het herstel van hul beserings en sal vir die Stormers diens doen.

 Vir die Lions keer die slot Andries Ferreira terug terwyl die 21-jarige Junior Springbok-skrumskakel, Marco Jansen van Vuren, op die bank is.

Daar is vier Springbokke in die Bulls se span. Hulle is Warrick Gelant, Jesse Kriel, Handre Pollard en Lood de Jager. 

  • In die Sesnasies-reeks word daar vandag een wedstryd gespeel.
23FrankrykvItaliëOrange Velodrome22:00
24IerlandvWallisAviva Stadion16:15
24SkotlandvEngelandBT Murrayfield18:45
  •  Sewesrugby

Philip Snyman het herstel van sy besering en is terug in die Blitsbokke se groep vir die volgende twee toernooie in die Wêreldreeks. Snyman sal volgende naweek die kaptein wees in Las Vegas.

Krieket

  • Die derde en laaste T20-wedstryd tussen die Proteas en Indië word môre in Kaapstad gespeel. Die T20-reeks se telling is 1-elk wat beteken dat môre se wenner die reeks sal verower. Suid-Afrika het die Toetsreeks teen Indië gewen terwyl die Eendagreeks deur Indië gewen is.
  • Australië se toerspan is reeds in Suid-Afrika en speel ter voorbereiding van hul toer teen die Suid-Afrikaanse A-span in Benoni.

Suid-Afrika-A  220
Australië          38/2 (12.2 bb)

Australië is nog 182 lopies agter met 8 paaltjies staande.

Gholf

  • In Amerika is die eerste ronde van die Honda Classic op Palm Beach Gardens voltooi.
PosSpelerTelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Alex Noren-4F-46666
Webb Simpson-4F-46666
3Morgan Hoffmann-3F-36767
Justin Thomas-3F-36767
Daniel Berger-3F-36767
Mackenzie Hughes-3F-36767
Louis Oosthuizen-3F-36767
12Rory Sabbatini-1F-16969
21Tiger WoodsEFE7070
  • In Europa by die Katar-Meesters in Doha het die eerste ronde aan drie spelers behoort. 
PosSpelerTelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Grégory Havret-7F-76565
Eddie Pepperell-7F-76565
Aaron Rai-7F-76565
15Christiaan Bezuidenhout-4F-46868
Erik van Rooyen-4F-46868
Justin Walters-4F-46868
  •  In Suid-Afrika is die Kaapstad Ope se eerste ronde op Mowbray voltooi. 
PosSpelerTelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Peter Karmis-9F-96363
2Rhys Enoch-8F-86464
JC Ritchie-8F-86464

 Tennis

  • By die Vrouetoernooi in Dubai het Garbine Muguruza, Angelique Kerber en Elina Svitolina almal die halfeind gehaal.

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga word daar vandag een wedstryd gespeel.
Maritzburg UnitedvPlatinum StarsHarry Gwala Stadion20:00

Môre

Baroka FCvPolokwane CityPeter Mokaba Stadion15:30
Cape Town City FCvBidvest WitsAthlone Stadion18:00
Mamelodi SundownsvSuperSport UnitedLucas Moripe Stadion18:00
Free State StarsvAmaZulu FCGoble Park20:15
Kaizer ChiefsvBloemfontein CelticFNB Stadion20:15

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kiewiet ·

Daar is in Pro 14 reeks ook aan die gang waaraan die Cheethas en die Kings in deelneem . Maar daar word niks van die reeks geplaas nie . Of is sit nie belangrik nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.