Vandag se sportnuus

Olimpiese Spele

  • By die Winterspele in Suid-Korea het die Olimpiese Spele-legende Marit Bjoergen Noorweë tot boaan die finale medaljeslys geneem. Rusland het op dramatiese wyse goud in die manshokkie-item gewen, maar die landsvlag is weens opkikkers nie by die sluitingseremonie toegelaat nie.
  • In die medaljewedloop het Noorweë die spele met ʼn rekordgetal van 39 medaljes afgesluit.
LandGoudSilwerBronsTotaal
Noorweë14141139
Duitsland1410731
Kanada1181029
VSA98623
Nederland86620

 Rugby

  • Sewe wedstryde is in die Superrugby-reeks
24Bulls21-19HurricanesLoftus Versfeld
24Lions47-27JaguaresEmirates Airlines Park
24Waratahs34-27StormersAllianz Stadion
24Crusaders45-23ChiefsAMI Stadion
24Sunwolves25-32BrumbiesMemorial Stadion
23Rebels45-19RedsAAMI Park
23Highlanders41-34BluesForsyth Barr Stadion
  •  In die Sesnasies-reeks is drie wedstryde gespeel.
24Skotland25-13EngelandBT Murrayfield
24Ierland37-27WallisAviva Stadion
23Frankryk34-17ItaliëOrange Velodrome
  • In die Pro14-reeks was die Cheetahs en Kings in aksie.
25Zebre7-10Cardiff BluesStadio Lanfranchi
24Scarlets34-10UlsterParc Y Scarlets
24Ospreys27-26CheetahsLiberty Stadion
24Benetton19-22ConnachtStadio Comunale di Monigo
23Leinster64-7KingsRDS Arena
23Newport12-25EdinburghRodney Parade
23Munster21-10Glasgow WarriorsIrish Independent Park
  •  Vanaand se Varsitybeker-bepalings lyk só:
26FNB WitsvFNB MatiesWits Rugbystadion16:45
26FNB IkeysvFNB UP TuksUCT Rugbyveld18:30
26FNB MadibazvFNB NWUNMU Stadion18:30
26FNB ShimlasvFNB UJXerox Shimla Park19:00

 Krieket

  • Die derde en laaste T20-wedstryd tussen die Proteas en Indië is in Kaapstad gespeel.

Indië                172/7 (20 bb)

Suid-Afrika     165/6 (20 bb)

Indië wen met 7 lopies en verower die reeks met 2-1.

  • Die eerste Eendagwedstryd tussen Nieu-Seeland en Engeland is gister in Hamilton afgehandel.

Engeland        284/8 (50 bb)
Nieu-Seeland 287/7 (49.2/50 bb)

Nieu-Seeland wen met 3 paaltjies met 4 balle oor.

  • Australië se toerspan het teen die Suid-Afrikaanse A-span in Benoni gespeel. Australië het met 5 paaltjies geseëvier. 

Gholf

  • In Amerika is die Honda Classic op Palm Beach Gardens voltooi.
PosSpelerTelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Justin Thomas-8F-267726568272
2Luke List-8F-171666669272
3Alex Noren-7F-366756567273
11Dylan Frittelli-1F-171726769279
12Tiger WoodsEFE70716970280
  •  In Europa is die Katar Meesters in Doha afgehandel.
PosSpelerTelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Eddie Pepperell-18F-265696670270
2Oliver Fisher-17F-166696571271
3Marcus Kinhult-16F-468696768272
4Grégory Havret-15F-365697069273
Fernandez – Castaño-15F-468686968273
Pablo Larrazábal-15F-468677068273
Renato Paratore-15F-671667066273
8George Coetzee-14F-469667168274
  •  In Suid-Afrika is die Kaapstad Ope op Mowbray voltooi.
PosSpelerTelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Rhys Enoch-19F-364696769269
2Peter Karmis-18FE63686772270
3Keenan Davidse-17F-366686869271
JC Ritchie-17F-264706770271
5Wallie Coetsee-16F-368716469272

 Tennis

  • By die Vrouetoernooi in Dubai het Elina Svitolina die titel vir ʼn tweede keer in twee jaar gewen.
  • By die Delray Beach Ope het Frances Tiafoe met die titel weggestap.

Atletiek

  • Die Eikestad Straatmylfees kry vanjaar die eerste keer ʼn internasionale kleur met die Nederlandse atletiekster, Luuk Wagenaar, wat ingeskryf het. Die Straatmylfees word vanjaar op 6 Maart aangebied. Die Olimpiese atleet en driemalige kampioen, Johan Cronjé, is die gunsteling om die wedloop te wen. 

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga is twee wedstryde gister

Chippa United            2-4       Orlando Pirates
Golden Arrows           1-0       Ajax Cape Town

  • Die Engelse Premierligabeker is deur Manchester City verower toe hy Arsenal met 3-0 geklop het.
  • Daar is ook gister twee Engelse Premierliga-wedstryde beslis.

Manchester United     2-1       Chelsea
Crystal Palace                       0-1       Tottenham Hotspur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.