Vandag se sportnuus

maroela-media-sportnuus-01

Die 2017 Laureus-sporttoekennings is gisteraand tydens ʼn spoggeleentheid in Monaco gedoen.

Die Duitse renjaer Nico Rosberg het bó Suid-Afrika se Wayde van Niekerk met die louere weggestap in die afdeling “deurbraak van die jaar”. Usain Bolt is as sportman van die jaar aangewys.

Kanovaart

Die bekende Duzi-kanomarathon begin môreoggend by Kamps Drift in KwaZulu-Natal. Die verdedigende K1- en K2-kampioen, Andy Birkett, gaan poog om sy formidabele sewende kroon te dra. Andy is 26 jaar oud.

Gholf

In die Europese reeks verskuif die aandag môre na Australië waar die Wêreldsuperses-kompetisie in Perth gespeel word.

En in die Amerikaanse PGA-reeks slaan die spelers môre af in die Genesis Ope in Kalifornië.

Aan die plaaslike front verskuif die aksie na George in die Suid-Kaap. Môre slaan die spelers op Fancourt af in die Dimention Data Pro-Am.

Krieket

Die fokus verskuif dié week van die meerdagreeks na die korter formaat van die spel naamlik die eendagreeks. Drie wedstryde word dié week gespeel:

sport1

 

 

Internasionale krieket

Die voormalige Aussie-kaptein Steve Waugh sê hy is teleurgesteld dat AB de Villiers besluit het om minder toetskrieket te speel. AB het vroeër gesê hy sal sy program mooi moet bestuur om seker te maak hy kan nog in 2019 aan die Wêreldbeker deelneem.

Nieu-Seeland Krieket het aangekondig dat die vierde eendagkragmeting teen Suid-Afrika verskuif na Hamilton as gevolg van die swak dreinering van die oorspronklike veld in Napier.

Intussen het dit bekend geword dat David Willey nie saam met Engeland na die Wes-Indiese Eilande gaan toer nie as gevolg van ʼn skouerbesering. Hy word vervang deur Steven Finn.

Vrouekrieket

In Colombo speel Suid-Afrika se vrouespan vandag teen Indië in ʼn eendagkragmeting.

Internasionale rugby

Die All Black-losvoorspeler Steven Luatua gaan hom aan die einde van die jaar by die Engelse klubspan Bristol aansluit. Hy het reeds in 15 toetse vir die All Blacks uitgedraf.

Engeland se George Ford sal Bath aan die einde van die seisoen verlaat en hom by Leicester Tigers aansluit.

Varsityrugby

Op die jongste punteleer staan sake só:

sport2

Sokker

In die plaaslike Premierliga is een wedstryd gister gespeel.

Chippa United          1 – 1    Mamelodi Sundowns

Vanaand word daar drie wedstryde afgehandel.

Orlando Pirates        v          Bidvest Wits             19:30

Free State Stars        v          SuperSport United  19:30

Baroka FC                 v          Platinum Stars         19:30

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.