Vandag se sportnuus

Sport-toekennings

Die wêreldbekende Laureus-sporttoekennings het gisteraand in die Franse Riviera in Monaco plaasgevind. Die room van sportlui was byeen om te sien wie vanjaar met die louere wegstap.

Roger Federer het sy vyfde en sesde Laureus-beeldjies ingepalm en daarmee het hy die mees bekroonde Laureus-wenner in die geskiedenis geword. Federer is as sportman van die jaar asook terugkerende sportman van die jaar, ná sy knieoperasie, aangewys.

Serena Williams is as sportvrou van die jaar gekroon.

Sergio García het die “deurbraak van die jaar”-toekenning ontvang en Mercedes is as span van die jaar aangewys ná hul vierde oorwinning in die Formule Een-kampioenskap.

Krieket

  • Die tweede Eendag-wedstryd tussen Nieu-Seeland en Engeland het vroeër in Mount Maunganui begin. Die loot is deur Engeland gewen wat eerste veldwerk doen. Nieu-Seeland was in die moeilikheid op 122/6 na 33 boulbeurte. Nieu-Seeland het die eerste wedstryd gewen.
  • Suid-Afrika en Australië pak mekaar môre in die eerste van vier toetswedstryde. Die eerste toets word in Durban gespeel waarna die aksie na Port Elizabeth, Kaapstad en Johannesburg verskuif. Die Aussies het Engeland onlangs met 4-0 in die Reeks om die AS geklop wat beteken die span doen goed in alle fasette van die spel.

Rugby

  • In die Superrugby-reeks word daar komende naweek weer sewe wedstryde gespeel.
2BluesvChiefsEden Park08:35
2RedsvBrumbiesSuncorp Stadion11:00
3SunwolvesvRebelsPrince Chichibu Gedenkstadion06:15
3CrusadersvStormersAMI Stadion08:35
3SharksvWaratahsKings Park15:05
3BullsvLionsLoftus Versfeld17:15
3JaguaresvHurricanesEstadio Jose Amalfitani23:40

In ʼn verrassende skuif is Franco Mostert op flank gekies vir die Lions terwyl Marvin Orie slot sal speel.

  • In die Pro14-reeks is die Kings en Cheetahs komende naweek terug by die huis.
2KingsvNewport Gwent DragonsNelson Mandela Bay Stadion19:35
2Cardiff BluesvBenettonCardiff Arms Park21:35
2UlstervGlasgow WarriorsKingspan Stadion21:35
2EdinburghvMunsterMyreside21:35
3ScarletsvLeinsterParc Y Scarlets17:15
3ZebrevOspreysStadio Lanfranchi19:30
3CheetahsvConnachtToyota Stadion19:35
  • Sewes-Rugby

Suid-Afrika se twee spanne vir die Statebondspele in Australië is bekend gemaak. Die manspan sal hul titel wat hulle vier jaar gelede in Glasgow gewen het, verdedig. Sewe van die spelers sal weer in aksie wees. Hulle is Kyle Brown, Justin Geduld, Cecil Afrika, Werner Kok, Branco du Preez, Kwagga Smith en Seabelo Senatla. Suid-Afrika se vrouespan sal ook hul staal toon.

  • Op die jongste Varsitybeker se punteleer is die Maties steeds die voorlopers.
PosSpanGWGeVePvPtPverPte
1FNB Maties54102168213422
2FNB Wits5311141148-718
3FNB NWU4301140459515
4FNB Ikeys53021211071415
5FNB Shimlas5302128173-4514
6FNB UJ4202115823311
7FNB CUT410378230-1525
8FNB Madibaz400488134-463
9FNB UP Tuks40046591-262

Gholf

  • Die week se toernooie lyk só:

In die Amerikaanse PGA-reeks word die Puerto Rico Ope by die Coco Beach Buiteklub gespeel.

Die Europese reeks verskuif dié week na Suid-Afrika vir die Tshwane Ope by die Pretoria-buiteklub. Andre De Decker, van Suid-Afrika, het gister die kwalifiseringskompetisie gewen ná ʼn ronde van 66, wat ses houe beter is as baansyfer.

Tennis

  • By die Mexikaanse Ope in Acapulco het die vyfde gekeurde Kevin Anderson na die laaste sestien deurgedring. Anderson het vir Radu Albot met 6-4 en 6-3 geklop. John Isner, wat agtste gekeur was, is egter uitgeskakel. Die eerste gekeurde Rafael Nadal en die tweede gekeurde Andre Zverev sal vandag in aksie wees.

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga is een wedstryd gisteraand afgehandel.

Baroka FC    2 – 0    Cape Town City FC

  • In die Engelse FA-Beker is een wedstryd gisteraand gespeel.

Swansea City 2 – 0     Sheffield Wednesday

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.