Vandag se sportnuus

Krieket

  • Die eerste toets tussen Suid-Afrika en Australië het gister in Durban begin. Sake het baie gelykop verloop. Die Aussies het die loot gewen en eerste gekolf. Aan die einde van dag een was hulle op 225/5 (76 bb). Spel is vroeg gestaak weens swak lig. Philander het 2 paaltjies vir 36 lopies met die bal geneem en Maharaj 2 vir 69. Dag twee is geskeduleer om vanoggend om 10:00 te begin.
  • Die derde Eendagwedstryd tussen Nieu-Seeland en Engeland word môre in Wellington gespeel. Die reeksteling is tans een elk.
  • In die Sunfoil-Meerdagreeks het drie wedstryde gister begin.

Oos-Londen

Warriors 203/4 (66 bb)

Titans

Pietermaritzburg

Dolphins 282/9 (68 bb)

Cape Cobras

Kimberley

Lions 159/8 (61 bb)

Knights

Rugby

  • Rassie Erasmus is aangewys as die nuwe Springbok-afrigter. Erasmus sal in beheer wees van ʼn vaartbelynde maar ervare Springbok-bestuurspan tot aan die einde van die 2023-Rugbywêreldbeker. Die voormalige Springbok-kaptein sal sy afrigtingverpligtinge, saam met sy huidige rol as direkteur van rugby, behartig. Die hulpafrigters is Jacques Nienaber, Pieter de Villiers en Mzwandile Stick.
  • Superrugby

Sewe wedstryde word die naweek gespeel.

2BluesvChiefsEden Park08:35
2RedsvBrumbiesSuncorp Stadion11:00
3SunwolvesvRebelsPrince Chichibu Memorial Stadion06:15
3CrusadersvStormersAMI Stadion08:35
3SharksvWaratahsKings Park15:05
3BullsvLionsLoftus Versfeld17:15
3JaguaresvHurricanesEstadio Jose Amalfitani23:40
  • Pro14-reeks

Die naweek se bepalings lyk só:

2KingsVNewport Gwent DragonsNelson Mandela Bay Stadion19:35
2Cardiff BluesVBenettonCardiff Arms Park21:35
2UlsterVGlasgow WarriorsKingspan Stadion21:35
2EdinburghvMunsterMyreside21:35
3ScarletsvLeinsterParc Y Scarlets17:15
3ZebrevOspreysStadio Lanfranchi19:30
3CheetahsvConnachtToyota Stadion19:35

Francois Venter het intussen bevestig dat hy die Cheetahs ná afloop van die Pro14-seisoen gaan verlaat. Venter verskuif dan na die Worcester Warriors in Engeland.

  • Sewesrugby

Die Blitsbokke is die naweek in groep B geloot vir die Las Vegas-been van die Wêreldreeks. Ons is saam met Kanada, Engeland en Wallis in groep B. Suid-Afrika speel sy eerste wedstryd môre teen Wallis om 03:34. Die Blitsbokke is tans die voorloper op die puntetabel.

Tennis

  • By die Mexikaanse Ope in Acapulco het die vyfde gekeurde Kevin Anderson na die kwarteind deurgedring ná ʼn oorwinning van 6-3 en 6-4 oor Adrian Mannarino. Die tweede gekeurde Alexander Zverev is ook deur na die kwarteind.

Gholf

  • Die Wêreld-Gholfkampioenskap het gister in Mexiko Stad begin. Suid-Afrika se Louis Oosthuizen is die voorloper op -7. Hy is een hou voor drie spelers wat op -6 is. Xander Schauffele is een van die spelers. Dustin Johnson is 13de op -2 en Charl Schwartzel is 32ste en gelyk aan syfer.
  • In die Europese reeks is die eerste ronde van die Tshwane Ope afgehandel.
PosSpelerTelPutDagRnd 1Rnd 2Rnd 3Rnd 4Tot
1Louis de Jager-7F-764   64
2Felipe Aguilar-6F-665   65
Thomas Aiken-6F-665   65
Julian Suri-6F-665   65
5Shaun Norris-5F-566   66
Combrinck Smit-5F-566   66
22Erik van Rooyen-3F-368   68

Atletiek

  • Die eerste Grand Prix-atletiekbyeenkoms is gisteraand op die Ruimsigbaan, in Roodepoort, aangebied. Die 200 m vir mans is deur Anaso Jobodwana gewen toe hy die junior kampioen, Clarence Munyai, geklop het. Jobodwana se tyd was 20.13 sekondes. Die res van die aand in Ruimsig is hoofsaaklik oorheers deur atlete uit die res van Afrika wat almal voorberei vir die Statebondspele in April.

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga staan een wedstryd die naweek bo die ander uit. Kaizer Chiefs en Orlando Pirates pak mekaar môre om 15:30 in die FNB-stadion.
  • In die Engelse Premierliga is een wedstryd gisteraand gespeel.

Arsenal           0-3       Manchester City

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.