- Superrugby
Sewe wedstryde is die naweek gespeel.
Jaguares | 9-34 | Hurricanes | Estadio Jose Amalfitani |
Bulls | 35-49 | Lions | Loftus Versfeld |
Sharks | 24-24 | Waratahs | Kings Park |
Crusaders | 45-28 | Stormers | AMI Stadion |
Sunwolves | 17-37 | Rebels | Memorial Stadion |
Reds | 18-10 | Brumbies | Suncorp Stadion |
Blues | 21-27 | Chiefs | Eden Park |
- Pro14-reeks
Die naweek se uitslae lyk só:
Cheetahs | 26-25 | Connacht | Toyota Stadion |
Kings | 45-13 | Newport | Nelson Mandela Bay |
- Sewesrugby
Die Blitsbokke was die naweek by die Las Vegas-been van die Wêreldreeks in aksie. In die groepfase het Suid-Afrika met Kanada, Engeland en Wallis in groep B afgereken. In die kwarteind het ons vir Australië met 29-17 geklop.Sewesrugby
In die halfeind het die Blitsbokke teen Argentinië te staan gekom en met 12-10 verloor. Die eindstryd is deur die VSA gewen wat vir Argentinië met 28-0 geklop het. Suid-Afrika was uiteindelik vierde nadat Fidji ons met 26-22 geklop het in die uitspeel om die derde plek.
Krieket
- Die eerste toets tussen Suid-Afrika en Australië het gister sy vierde dag in Durban beleef. Die Proteas is met die rug teen die muur nadat ons reeds op 48/4 gestaan het in die jaagtog na 417 lopies. Aiden Markram het 143 lopies aangeteken. Teen uitskeityd was Suid-Afrika op 293/9 na 89 boulbeurte. Dit is nog 124 lopies duskant ʼn oorwinning met net 1 paaltjie staande. De Kock (81) en Morkel (0) sal vandag voortkolf.
- Die derde Eendag-wedstryd tussen Nieu-Seeland en Engeland is Saterdag in Wellington gespeel.
Engeland 234 (50 bb)
Nieu-Seeland 230/8 (50 bb)
Engeland wen met 4 paaltjies en loop met 2-1 voor.
- In die Sunfoil-Meerdagreeks het drie wedstryde die naweek ten einde geloop.
Oos-Londen
Warriors 282 & 256/5 verklaar
Titans 213 & 248 (89 bb, teiken was 326)
Warriors wen met 77 lopies.
Pietermaritzburg
Dolphins 285 & 291
Cape Cobras 350 & 227/2 (65.1 bb, teiken was 227)
Cape Cobras wen met 8 paaltjies.
Kimberley
Lions 217 & 194/4 (69 bb)
Knights 500/8 verklaar
Onbeslis
Tennis
- By die Mexikaanse Ope in Acapulco het Suid-Afrika se Kevin Anderson in die eindstryd verloor. Juan Martin del Potro het sy 21ste titel verower toe hy vir Anderson met 6-4 en 6-4 geklop het.
Gholf
- Die Wêreld-gholfkampioenskap het gister in Mexiko Stad ten einde geloop.
Pos | Speler | Tel | Put | Dag | Rnd 1 | Rnd 2 | Rnd 3 | Rnd 4 | Tot |
1 | Phil Mickelson | -16 | F | -5 | 69 | 68 | 65 | 66 | 268 |
2 | Justin Thomas | -16 | F | -7 | 72 | 70 | 62 | 64 | 268 |
3 | Rafael Cabrera-Bello | -15 | F | -4 | 66 | 67 | 69 | 67 | 269 |
Tyrrell Hatton | -15 | F | -4 | 70 | 68 | 64 | 67 | 269 | |
30 | Louis Oosthuizen | -2 | F | E | 64 | 71 | 76 | 71 | 282 |
Branden Grace | -2 | F | -3 | 72 | 69 | 73 | 68 | 282 | |
Dean Burmester | -2 | F | -6 | 73 | 70 | 74 | 65 | 282 |
- In die Europese reeks is die Tshwane Ope afgehandel. George Coetzee het geskiedenis gemaak en die toernooi vir ’n tweede keer gewen.
Pos | Speler | Tel | Put | Dag | Rnd 1 | Rnd 2 | Rnd 3 | Rnd 4 | Tot |
1 | George Coetzee | -18 | F | -4 | 67 | 64 | 68 | 67 | 266 |
2 | Sam Horsfield | -16 | F | -4 | 68 | 69 | 64 | 67 | 268 |
3 | Mikko Korhonen | -15 | F | -3 | 68 | 64 | 69 | 68 | 269 |
4 | Felipe Aguilar | -14 | F | -4 | 65 | 67 | 71 | 67 | 270 |
Daniel van Tonder | -14 | F | -6 | 67 | 72 | 66 | 65 | 270 | |
Sebastien Gros | -14 | F | -6 | 69 | 70 | 66 | 65 | 270 | |
7 | Scott Jamieson | -13 | F | -3 | 67 | 69 | 67 | 68 | 271 |
8 | Pedro Oriol | -11 | F | -9 | 71 | 69 | 71 | 62 | 273 |
Thomas Aiken | -11 | F | -1 | 65 | 71 | 67 | 70 | 273 | |
10 | Erik van Rooyen | -10 | F | E | 68 | 68 | 67 | 71 | 274 |
Sokker
- In die plaaslike Premierliga het Kaizer Chiefs en Orlando Pirates mekaar Saterdag gepak.
Orlando Pirates het met 3-1 gewen.
Gister is twee wedstryde afgehandel.
Bloemfontein Celtic 1-0 Ajax Cape Town
Polokwane City 1-2 Golden Arrows
- In die Engelse Premierliga is twee wedstryde gister gespeel.
Manchester City 1-0 Chelsea
Brighton & Hove Albion 2-1 Arsenal
Pieter, die golftoernooi in Mexico is nie doe “Wereld Golfkampioenskap” nie, maar ‘n toernooi in die wereld golfkampioenskap reeks. Daar is deesdae ‘n paar toernooie ( hierdie een, die een in Hong Kong/China later in die jaar ens) wat ‘n reeks oorkoepelende toernooie wat wyer strek as net een pga toer probeer aanbied wat ‘n ware internasionale gevoel gee.