Vandag se sportnuus

Rugby

  • Superrugby

Sewe wedstryde is die naweek gespeel.

Jaguares9-34HurricanesEstadio Jose Amalfitani
Bulls35-49LionsLoftus Versfeld
Sharks24-24WaratahsKings Park
Crusaders45-28StormersAMI Stadion
Sunwolves17-37RebelsMemorial Stadion
Reds18-10BrumbiesSuncorp Stadion
Blues21-27ChiefsEden Park
  • Pro14-reeks

Die naweek se uitslae lyk só:

Cheetahs26-25ConnachtToyota Stadion
Kings45-13NewportNelson Mandela Bay
  • Sewesrugby

Die Blitsbokke was die naweek by die Las Vegas-been van die Wêreldreeks in aksie. In die groepfase het Suid-Afrika met Kanada, Engeland en Wallis in groep B afgereken. In die kwarteind het ons vir Australië met 29-17 geklop.Sewesrugby

In die halfeind het die Blitsbokke teen Argentinië te staan gekom en met 12-10 verloor. Die eindstryd is deur die VSA gewen wat vir Argentinië met 28-0 geklop het. Suid-Afrika was uiteindelik vierde nadat Fidji ons met 26-22 geklop het in die uitspeel om die derde plek. 

 Krieket

  • Die eerste toets tussen Suid-Afrika en Australië het gister sy vierde dag in Durban beleef. Die Proteas is met die rug teen die muur nadat ons reeds op 48/4 gestaan het in die jaagtog na 417 lopies. Aiden Markram het 143 lopies aangeteken. Teen uitskeityd was Suid-Afrika op 293/9 na 89 boulbeurte. Dit is nog 124 lopies duskant ʼn oorwinning met net 1 paaltjie staande. De Kock (81) en Morkel (0) sal vandag voortkolf.
  • Die derde Eendag-wedstryd tussen Nieu-Seeland en Engeland is Saterdag in Wellington gespeel.

Engeland                  234 (50 bb)
Nieu-Seeland          230/8 (50 bb)

Engeland wen met 4 paaltjies en loop met 2-1 voor.

  •  In die Sunfoil-Meerdagreeks het drie wedstryde die naweek ten einde geloop.

Oos-Londen

Warriors 282 & 256/5 verklaar
Titans 213 & 248 (89 bb, teiken was 326)

Warriors wen met 77 lopies.

 Pietermaritzburg

Dolphins 285 & 291
Cape Cobras 350 & 227/2 (65.1 bb, teiken was 227)

Cape Cobras wen met 8 paaltjies.

 Kimberley

Lions 217 & 194/4 (69 bb)
Knights 500/8 verklaar

Onbeslis 

Tennis

  • By die Mexikaanse Ope in Acapulco het Suid-Afrika se Kevin Anderson in die eindstryd verloor. Juan Martin del Potro het sy 21ste titel verower toe hy vir Anderson met 6-4 en 6-4 geklop het.

Gholf

  • Die Wêreld-gholfkampioenskap het gister in Mexiko Stad ten einde geloop.
PosSpelerTelPutDagRnd 1Rnd 2Rnd 3Rnd 4Tot
1Phil Mickelson-16F-569686566268
2Justin Thomas-16F-772706264268
3Rafael Cabrera-Bello-15F-466676967269
Tyrrell Hatton-15F-470686467269
30Louis Oosthuizen-2FE64717671282
Branden Grace-2F-372697368282
Dean Burmester-2F-673707465282
  • In die Europese reeks is die Tshwane Ope afgehandel. George Coetzee het geskiedenis gemaak en die toernooi vir ’n tweede keer gewen. 
PosSpelerTelPutDagRnd 1Rnd 2Rnd 3Rnd 4Tot
1George Coetzee-18F-467646867266
2Sam Horsfield-16F-468696467268
3Mikko Korhonen-15F-368646968269
4Felipe Aguilar-14F-465677167270
Daniel van Tonder-14F-667726665270
Sebastien Gros-14F-669706665270
7Scott Jamieson-13F-367696768271
8Pedro Oriol-11F-971697162273
Thomas Aiken-11F-165716770273
10Erik van Rooyen-10FE68686771274

 Sokker

  • In die plaaslike Premierliga het Kaizer Chiefs en Orlando Pirates mekaar Saterdag gepak.

Orlando Pirates het met 3-1 gewen.

Gister is twee wedstryde afgehandel.

Bloemfontein Celtic            1-0      Ajax Cape Town
Polokwane City       1-2      Golden Arrows

  • In die Engelse Premierliga is twee wedstryde gister gespeel.

Manchester City                    1-0       Chelsea
Brighton & Hove Albion         2-1       Arsenal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rupert Ashford ·

Pieter, die golftoernooi in Mexico is nie doe “Wereld Golfkampioenskap” nie, maar ‘n toernooi in die wereld golfkampioenskap reeks. Daar is deesdae ‘n paar toernooie ( hierdie een, die een in Hong Kong/China later in die jaar ens) wat ‘n reeks oorkoepelende toernooie wat wyer strek as net een pga toer probeer aanbied wat ‘n ware internasionale gevoel gee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.