Vandag se sportnuus

Rugby

  • Sewesrugby

Die Blitsbokke speel komende naweek in die sesde been van die Wêreldreeks in Toronto, Kanada. Die Blitsbokke sal moet staatmaak op ʼn hele klompie spelers met baie min ondervinding: Ryan Oosthuizen (vyf toernooie), Zain Davids (agt), Selvyn Davids (twee), Stedman Gans (sewe), Marco Labuschagne (een) en Muller du Plessis (een).

  • Superrugby

Die Stormers se flank Cobus Wiese is deur Sanzaar aangewys as die Superrugby-speler van die week. Wiese het voortreflik vertoon teen die Crusaders in Christchurch. Hy is oorspronklik van Upington en het die naweek 15 uit 16 duikslae suksesvol uitgevoer en hy het ook drie keer omgekeerde besit bewerkstelling.

  • Varsitybeker

Ná Maandag se vier wedstryde is die Maties gemaklik voor op die punteleer.

PosSpanGWGeVPvPtPverPte
1FNB Maties65102499615327
2FNB Wits64111931662723
3FNB NWU54011807110920
4FNB UJ5302184909416
5FNB Ikeys6303135140-515
6FNB Shimlas5302128173-4514
7FNB CUT510496282-1865
8FNB Madibaz500596203-1073
9FNB UP Tuks500591131-402

Krieket

  • Die tweede toets tussen Suid-Afrika en Australië begin Vrydag in Port Elizabeth. David Warner en Quinton de Kock is deur die Internasionale Krieketraad aangekla van onbehoorlike optrede ná hulle woordewisseling op Kingsmead. Warner is van ʼn vlak 2-oortreding aangekla en De Kock van ʼn vlak 1-oortreding. Warner kan die tweede toets dalk misloop.

Intussen het Suid-Afrika se snelbouler Dale Steyn te kenne gegee dat hy dalk gereed sal wees om in die derde toets vir die Proteas te speel. Die 34-jarige Steyn is die afgelope paar jaar deur beserings geteister. Steyn is net drie paaltjies weg om die toetsbouler te word met die meeste paaltjies nog vir Suid-Afrika. Die derde toets word van 16 tot 22 Maart in Kaapstad afgehandel.

  • Die vierde eendagwedstryd tussen Nieu-Seeland en Engeland is in Dunedin afgehandel. Engeland 335/9 (50 bb). Engeland het hul laaste 9 paaltjies vir net 68 lopies verloor. Nieu-Seeland 339/5 (49.3/50 bb). Ross Taylor het 181 lopies van 147 balle gemoker (17 x 4 en 6 x 6). Nieu-Seeland wen met 5 paaltjies met 3 balle oor. Die reeks-telling is nou twee-elk met die laaste wedstryd wat Saterdag gespeel word.
  • Die eerste T20-kragmeting tussen Sri Lanka en Indië is gister in Colombo afgehandel.

Indië 174/5               (20 bb)
Sri Lanka 175/5       (18.3/20 bb)

Sri Lanka wen met 5 paaltjies met 9 balle oor. 

Tennis

  • Die BNP Paribas Ope begin môre in Indian Wells, Kalifornië. Dit is die eerste van nege ATP Wêreldmeesters-toernooie. Die voorste mans en vroue sal sake uitspook. Die toernooi duur van 8 tot 18 Maart. 

Atletiek

  • Die tweede byeenkoms van die nuwe Grand Prix Atletiek-reeks word môreaand op Tukkies se atletiekstadion in Pretoria aangebied. Verskeie vooraanstaande atlete sal hul staal toon. Justin Gatland (150 m), Akani Simbine (100 m), LJ van Zyl (400 m hekkies) en Henricho Bruintjies (100 m) sal ook in aksie wees.

Botswana se Isaac Makwala fokus daarop om ʼn tyd van minder as 31 sekondes in die 300 m aan te teken.

Caster Semenya gaan ook poog om die Suid-Afrikaanse rekord in 1 000 m te verbeter. Die rekord is reeds 35 jaar oud en staan agter die naam van Ilse de Kock Wicksell. 

Gholf

  • In die Amerikaanse reeks is dié week se gholf-aksie by die Valspar- Kampioenskap in Florida. 
  • In die Europese reeks slaan die spelers môre af in die Indiese Ope in Nieu-Delhi.
  • Die Investec SA Vroue Ope begin môre op die Westlake-baan en dit is die laaste toernooi in vanjaar se Sonskynreeks vir vroue. Lee-Anne Pace het die toernooi reeds drie keer gewen en gaan poog om dit vanjaar vir die vierde agtereenvolgende jaar te doen. Daar is 123 spelers in die veld, wat 83 internasionale gholfspelers van 25 lande insluit. 

Sokker

  • In die Engelse Premier-liga is Man City nou reeds 16 punte voor.
PosSpanGWGeVDvDtDverPte
1Manchester City29253183206378
2Manchester United29195556223462
3Liverpool29179367323560
4Tottenham Hotspur29177555243158
5Chelsea29165850262453
  • In die Uefa Kampioene-liga is twee wedstryde gister gespeel. Real Madrid en Liverpool het na die kwarteind deurgedring.

PSG                1 – 2     Real Madrid
Liverpool         0 – 0     Porto (Saamgestelde telling oor twee bene: Liverpool 5-0)

Vanaand word nog twee wedstryde gespeel.

Tottenham Hotspur    v          Juventus
Manchester City         v          Basel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.