Vandag se sportnuus

Atletiek

  • Die tweede byeenkoms van die nuwe Grand Prix-atletiekreeks word vanaand by Tukkies se atletiekstadion in Pretoria aangebied. Die voorprogram begin om 18:00 en die hoofprogram om 19:00.
    • Botswana se Isaac Makwala fokus daarop om ʼn tyd van minder as 31 sekondes in die 300 m-wedloop aan te teken. Wayde van Niekerk hou die wêreldrekord van 30.81 sekondes.
    • Die 100 m vir mans lok ook baie belangstelling uit. Suid-Afrika se 100 m-rekordhouer, Akani Simbine, sal aan sy eerste wedloop die seisoen deelneem.
    • Caster Semenya gaan ook poog om die Suid-Afrikaanse rekord in die 1 000 m te verbeter.

Rugby

  • Sewesrugby

Die sesde been van die Wêreldreeks word die naweek in Vancouver, Kanada, gespeel. Die Blitsbokke moet sonder verskeie van hul staatmakers klaarkom wat Superrugby speel of beseer is. Suid-Afrika (92) is tans tien punte voor Nieu-Seeland (82) op die punteleer terwyl Fidji (79) net drie punte agter die All Blacks is. Daar was vyf verskillende wenners in die eerste vyf toernooie.

  • Superrugby

Nuus uit die Lions-kamp is dat Jaco Kriel weer ʼn skoueroperasie moet ondergaan wat hom vir die hele Superseisoen op die kantlyn gaan hou. 

Damian Willemse sal môre terug wees op losskakel vir die Stormers se stryd teen die Highlanders. Seabelo Senatla en Cobus Wiese is egter beseer.

Die naweek se Superbepalings begin reeds môre. 

9HighlandersvStormersForsyth Barr Stadion08:35
9RebelsvBrumbiesAAMI Park10:45
10HurricanesvCrusadersWestpac Stadion08:35
10RedsvBullsSuncorp Stadion10:45
10SharksvSunwolvesKings Park Stadion15:05
10LionsvBluesEmirates Airlines Park17:15
10JaguaresvWaratahsEstadio Jose Amalfitani23:40
  •  Varsitybeker

Nollis Marais, die voormalige Blou Bul-afrigter, is aangestel as Tukkies se nuwe afrigter. Tuks kon nog nie een wedstryd in vanjaar se reeks wen nie. Marais sal steeds die “Young Guns” (onder-20’s) afrig terwyl David Manual sy assistent-afrigter vir die Varsitybeker sal wees. 

  • SA Rugby 

Die nominasies vir verskeie posisies in die Suid-Afrikaanse Rugbyunie is bekend gemaak. Die verkiesing sal op op 6 April by ʼn algemene raadsvergadering plaasvind. André May van die Luiperds sal Mark Alexander as president teenstaan. 

Krieket

  • Die Tweede Toets tussen Suid-Afrika en Australië begin môre in Port Elizabeth. David Warner het ʼn skorsing vrygespring en sal teen die Proteas speel. Hy is met net 75% van sy wedstrydfooi beboet. Quinton de Kock is met 25% van sy wedstrydgeld beboet. Dit volg op die woordewisseling tussen die twee spelers op Kingsmead.

Formule Een

  • Australië se Daniel Ricciardo het sy voornemens duidelik gemaak vir die 2018-seisoen toe hy ʼn nuwe baanrekord op Montemelo in sy Red Bull opgestel het. McLaren het egter weer probleme tydens die voorseisoen-toetsing opgedoen. 

Tennis

  • Die BNP Paribas Ope begin vandag in Indian Wells, Kalifornië. Suid-Afrika se Kevin Anderson is sewende gekeur vir die toernooi. 

Gholf

  • In die Amerikaanse reeks slaan die spelers

vandag af in die Valspar- kampioenskap in Florida. Op die spelerslys is daar groot name soos Tiger Woods, Jordan Spieth, Rory McIlroy, Sergio Garcia en Justin Rose.  

  • In die Europese reeks het die Indiese Ope vanoggend in Nieu-Delhi begin.
  • Lee-Anne Pace is die groot gunsteling om weer die Investec SA Vroue Ope te wen. Die toernooi begin vandag op Westlake-baan en dit is die laaste toernooi in vanjaar se Sonskynreeks vir Vroue. 

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is een wedstryd gisteraand gespeel.

Bloemfontein Celtic            0-2      Polokwane City

  • In die UEFA-kampioeneliga is twee wedstryde gister gespeel.

Tottenham Hotspur    1-2       Juventus

Juventus dring deur na die kwarteind met ʼn saamgestelde telling van 4-3.

Manchester City         1-2       Basel

Manchester City bereik die kwarteind met ʼn saamgestelde telling van 5-2.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willem ·

Blykbaar het De Kock vir Sunny Bill by Warner betrek. So is Warner en De Kock vir dit wat op die trappe gebeur het beboet en nie vir wat vooraf op die veld gebeur het en aanleiding tot Warner se uitbarsting gegee het nie.

Voor die Internasionale Krieketraad nie hul huis in orde kry nie, sal hierdie dinge van tyd tot tyd kop uitsteek. Maar blykbaar is dit deel van krieket etiket, ongeag die reels. Bid jou aan as dit in elke sport moet gebeur. (En die Engelse sê dis ‘n Gintleman sport.) Dit sê ook maar baie van die ingesteldheid van ons sport administrateurs as sulke dinge die norm geraak het en mense regverdig dit, geen wonder ons samelewings is in vervalle nie, die kinders word van jongs af geleer hoe dit op die sportveld gedoen word.

En later word dit in jou besigheid en werkplek toegepas, by jou huis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.