Vandag se sportnuus

Atletiek

  • Die tweede byeenkoms van die nuwe Grand Prix Atletiek-reeks is gisteraand in Pretoria deur die Suid-Afrikaanse atlete oorheers.

Caster Semenya het die Suid-Afrikaanse rekord in die 1 000 m na 2:35:43 verbeter.

Anaso Jobodwana het die wêreldkampioen, Justin Gatlin, in die 150 m geklop.

Ruswahl Samaai het in die verspring geslaag met ʼn sprong van 8,24 m en Akani Simbine het die 100 m in 10,05 gewen.

Rugby

  • Sewesrugby

Die Blitsbokke speel dié naweek in die sesde been van die Wêreldreeks in Vancouver. Ons eerste wedstryd is Saterdagaand Suid-Afrikaanse tyd.

10Suid-AfrikavRusland19:52
10Suid-AfrikavSkotland23:24
11Suid-AfrikavNieu-Seeland02:56
  • Sesnasies

Drie wedstryde word die naweek gespeel.

10IerlandvSkotlandAviva Stadion16:15
10FrankrykvEngelandStade de France18:45
11WallisvItaliëPrincipality Stadion17:00
  • Superrugby

Die naweek se Super-bepalings begin reeds vandag.

9HighlandersvStormersForsyth Barr Stadion08:35
9RebelsvBrumbiesAAMI Park10:45
10HurricanesvCrusadersWestpac Stadion08:35
10RedsvBullsSuncorp Stadion10:45
10SharksvSunwolvesKings Park Stadion15:05
10LionsvBluesEmirates Airlines Park17:15
10JaguaresvWaratahsEstadio Jose Amalfitani23:40

Handré Pollard sal kaptein wees van die Bulls en op losskakel diens doen teen die Reds in Brisbane. Johnny Kotze draf op binnesenter uit. 

Vir die Sharks sal Curwin Bosch op heelagter uitdraf met Lwazi Mvovo wat na die bank skuif. 

Die Lions het ʼn onveranderde span aangewys om die Blues in Johannesburg te pak. Franco Mostert sal weer flank speel met Kwagga Smith op die bank. 

Krieket

  • Die tweede toets tussen Suid-Afrika en Australië begin vanoggend om 10:00 in Port Elizabeth. Tradisioneel is die baanblad van St. George’s Park die stadigste met ook die minste wip van al die Suid-Afrikaanse toetsvelde.

Australië loop met een nul voor in die reeks van vier toetse.

  • Die vyfde en laaste Eendag-wedstryd tussen Nieu-Seeland en Engeland word môre gespeel. Die reeks-telling is tans twee elk. 

Tennis

  • In die Indian Wells-toernooi in Kalifornië is Maria Sharapova in die eerste ronde uitgeskakel. Naomi Osaka het haar met 6-4 en 6-4 geklop.

 Gholf

  • In die Amerikaanse reeks is die eerste ronde in Valspar-kampioenskap in Florida afgehandel.
PosSpelerTel PutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Corey Conners-4F-467   67
2Whee Kim-3F-368   68
Kelly Kraft-3F-368   68
Nick Watney-3F-368   68
8Rory Sabbatini-1F-170   70
Charl Schwartzel-1F-170   70
Tiger Woods-1F-170   70
  • In die Europese reeks het die Indiese Ope gister in Nieu-Delhi begin.
PosSpelerTel PutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Emiliano Grillo-7F-765   65
2Keith Horne-516-5     
Adrien Saddier-517-5     
Pablo Larrazábal-5F-567   67
Matteo Manassero-5F-567   67
Paul Peterson-5F-567   67
9Shaun Norris S-3F-369   69
  • In die Investec SA Vroue Ope op die Westlake-baan het Lee-Anne Pace ʼn nagmerrie eerste ronde gehad en sy het ʼn ses oor syfer 78 op haar telkaart ingevul. Die voorloper is Ashleigh Buhai van Suid-Afrika wat ʼn drie onder syfer 69 gespeel het.

Sokker

  • In die Engelse Premier-liga word daar môre sewe wedstryde:
Manchester UnitedvLiverpoolOld Trafford14:30
EvertonvBrighton & Hove AlbionGoodison Park17:00
Newcastle UnitedvSouthamptonSt. James’ Park17:00
West BromwichvLeicester CityThe Hawthorns17:00
West Ham UnitedvBurnleyLondon Stadiom17:00
Huddersfield TownvSwansea CityThe John Smith’s Stadion17:00
ChelseavCrystal PalaceStamford Bridge19:30

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.