- Die tweede byeenkoms van die nuwe Grand Prix Atletiek-reeks is gisteraand in Pretoria deur die Suid-Afrikaanse atlete oorheers.
Caster Semenya het die Suid-Afrikaanse rekord in die 1 000 m na 2:35:43 verbeter.
Anaso Jobodwana het die wêreldkampioen, Justin Gatlin, in die 150 m geklop.
Ruswahl Samaai het in die verspring geslaag met ʼn sprong van 8,24 m en Akani Simbine het die 100 m in 10,05 gewen.
Rugby
- Sewesrugby
Die Blitsbokke speel dié naweek in die sesde been van die Wêreldreeks in Vancouver. Ons eerste wedstryd is Saterdagaand Suid-Afrikaanse tyd.
10 | Suid-Afrika | v | Rusland | 19:52 | ||
10 | Suid-Afrika | v | Skotland | 23:24 | ||
11 | Suid-Afrika | v | Nieu-Seeland | 02:56 |
- Sesnasies
Drie wedstryde word die naweek gespeel.
10 | Ierland | v | Skotland | Aviva Stadion | 16:15 |
10 | Frankryk | v | Engeland | Stade de France | 18:45 |
11 | Wallis | v | Italië | Principality Stadion | 17:00 |
- Superrugby
Die naweek se Super-bepalings begin reeds vandag.
9 | Highlanders | v | Stormers | Forsyth Barr Stadion | 08:35 |
9 | Rebels | v | Brumbies | AAMI Park | 10:45 |
10 | Hurricanes | v | Crusaders | Westpac Stadion | 08:35 |
10 | Reds | v | Bulls | Suncorp Stadion | 10:45 |
10 | Sharks | v | Sunwolves | Kings Park Stadion | 15:05 |
10 | Lions | v | Blues | Emirates Airlines Park | 17:15 |
10 | Jaguares | v | Waratahs | Estadio Jose Amalfitani | 23:40 |
Handré Pollard sal kaptein wees van die Bulls en op losskakel diens doen teen die Reds in Brisbane. Johnny Kotze draf op binnesenter uit.
Vir die Sharks sal Curwin Bosch op heelagter uitdraf met Lwazi Mvovo wat na die bank skuif.
Die Lions het ʼn onveranderde span aangewys om die Blues in Johannesburg te pak. Franco Mostert sal weer flank speel met Kwagga Smith op die bank.
Krieket
- Die tweede toets tussen Suid-Afrika en Australië begin vanoggend om 10:00 in Port Elizabeth. Tradisioneel is die baanblad van St. George’s Park die stadigste met ook die minste wip van al die Suid-Afrikaanse toetsvelde.
Australië loop met een nul voor in die reeks van vier toetse.
- Die vyfde en laaste Eendag-wedstryd tussen Nieu-Seeland en Engeland word môre gespeel. Die reeks-telling is tans twee elk.
Tennis
- In die Indian Wells-toernooi in Kalifornië is Maria Sharapova in die eerste ronde uitgeskakel. Naomi Osaka het haar met 6-4 en 6-4 geklop.
Gholf
- In die Amerikaanse reeks is die eerste ronde in Valspar-kampioenskap in Florida afgehandel.
Pos | Speler | Tel | Put | Dag | Rnd1 | Rnd2 | Rnd3 | Rnd4 | Tot |
1 | Corey Conners | -4 | F | -4 | 67 | 67 | |||
2 | Whee Kim | -3 | F | -3 | 68 | 68 | |||
Kelly Kraft | -3 | F | -3 | 68 | 68 | ||||
Nick Watney | -3 | F | -3 | 68 | 68 | ||||
8 | Rory Sabbatini | -1 | F | -1 | 70 | 70 | |||
Charl Schwartzel | -1 | F | -1 | 70 | 70 | ||||
Tiger Woods | -1 | F | -1 | 70 | 70 |
- In die Europese reeks het die Indiese Ope gister in Nieu-Delhi begin.
Pos | Speler | Tel | Put | Dag | Rnd1 | Rnd2 | Rnd3 | Rnd4 | Tot |
1 | Emiliano Grillo | -7 | F | -7 | 65 | 65 | |||
2 | Keith Horne | -5 | 16 | -5 | |||||
Adrien Saddier | -5 | 17 | -5 | ||||||
Pablo Larrazábal | -5 | F | -5 | 67 | 67 | ||||
Matteo Manassero | -5 | F | -5 | 67 | 67 | ||||
Paul Peterson | -5 | F | -5 | 67 | 67 | ||||
9 | Shaun Norris S | -3 | F | -3 | 69 | 69 |
- In die Investec SA Vroue Ope op die Westlake-baan het Lee-Anne Pace ʼn nagmerrie eerste ronde gehad en sy het ʼn ses oor syfer 78 op haar telkaart ingevul. Die voorloper is Ashleigh Buhai van Suid-Afrika wat ʼn drie onder syfer 69 gespeel het.
Sokker
- In die Engelse Premier-liga word daar môre sewe wedstryde:
Manchester United | v | Liverpool | Old Trafford | 14:30 |
Everton | v | Brighton & Hove Albion | Goodison Park | 17:00 |
Newcastle United | v | Southampton | St. James’ Park | 17:00 |
West Bromwich | v | Leicester City | The Hawthorns | 17:00 |
West Ham United | v | Burnley | London Stadiom | 17:00 |
Huddersfield Town | v | Swansea City | The John Smith’s Stadion | 17:00 |
Chelsea | v | Crystal Palace | Stamford Bridge | 19:30 |