Vandag se sportnuus

Rugby

  • Sewesrugby

Die Blitsbokke het die naweek aan die sesde been van die Wêreldreeks in Vancouver deelgeneem. In die groepfase het ons met Rusland (38-5) en Skotland (21-0) afgereken voordat ons teen Nieu-Seeland (33-14) verloor het. In die kwarteind het Suid-Afrika teen Australië gespeel en was met 19-0 agter. Die Blitsbokke het egter teruggeveg en met 24-19 gewen. Ons het net-net teen Fidji in die halfeind met 15-12 verloor. Die toernooi is deur Fidji gewen wat vir Kenia in die eindstryd geklop het. Die Blitsbokke was uiteindelik derde ná ʼn oorwinning van 29-7 oor die VSA.

  • Sesnasies-stryd

Ierland het verseker dat hy as kampioen vir 2018 gekroon word ná ʼn oorwinning oor Skotland.

11Wallis38 – 14ItaliëPrincipality Stadion
10Frankryk22 – 16EngelandStade de France
10Ierland28 – 8SkotlandAviva Stadion

Superrugby

Net een van die vier Suid-Afrikaanse spanne kon die naweek seëvier.

10Jaguares38 – 28WaratahsEstadio Jose Amalfitani
10Lions35 – 38BluesEmirates Airlines Park
10Sharks50 – 22SunwolvesKings Park Stadion
10Reds20 – 14BullsSuncorp Stadion
10Hurricanes29 – 19CrusadersWestpac Stadion
9Rebels33 – 10BrumbiesAAMI Park
9Highlanders33 – 15StormersForsyth Barr Stadion

Krieket

  • Die tweede toets tussen Suid-Afrika en Australië het gister sy derde dag op St. George’s Park beleef. Suid-Afrika is op dag drie vir 382 lopies uitgehaal danksy AB de Villiers se 126 lopies nie uit nie. Dit het aan Suid-Afrika ʼn voorsprong van 139 lopies op die eerste beurt gegee. Teen uitskeityd was Australië met die rug teen die muur op 180/5 wat aan hom ʼn skrale voorsprong van 41 lopies gee met vyf paaltjies staande. Dag vier begin vanoggend om 10:00 in Port Elizabeth.
  • Die vyfde en laaste Eendagwedstryd tussen Nieu-Seeland en Engeland is Saterdag gespeel.

Nieu-Seeland          223 (49.5/50 bb)
Engeland                  229/3 (32.4/50 bb)

Engeland wen met 7 paaltjies met 104 balle oor en Engeland wen die reeks met 3-2. 

Tennis

  • By die Indian Wells-toernooi in Kalifornië het Kevin Anderson na die derde ronde deurgedring met ʼn oorwinning van 7-5 en 6-4 oor Evgeny Donskoy. Taro Daniel het vir ʼn skok gesorg deur Novak Djokovic met 7-6 (7/3), 4-6 en 6-1 uit te skakel. Djokovic het die toernooi al vyf keer gewen. 

Fietsry

  • Die 40ste Kaapstad-fietswedren is gister gejaag met meer as 30 000 deelnemers wat in aksie was. Die 109 km-wedren se mansafdeling is

ʼn derde keer deur Nolan Hoffman gewen met Sam Gaze tweede en Reynard Butler derde. Die vroue-afdeling is deur Kim le Court gewen met Namibië se Vera Adrian tweede. 

Gholf

  • In die Amerikaanse reeks is die Valspar-kampioenskap in Florida afgehandel.
PosSpelerTel PutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Paul Casey-10F-670687165274
2Patrick Reed-9F-371696768275
Tiger Woods-9F-170686770275
4Sergio Garcia-8F-670726965276
5Rory Sabbatini-7F-270716769277
8Branden Grace-5F-173686870279
  • In die Europese reeks het die Indiese Ope gister in Nieu-Delhi met ʼn valbylstryd ten einde geloop.
PosSpelerTel PutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Matt Wallace-11F-469707068277
2Andrew Johnston-11F-672667366277
3Sihwan Kim-8F-470707268280
4Matthias Schwab-7F-271726870281
Pablo Larrazábal-7F-367717469281
12Keith Horne-1F-466738068287

Die Investec SA Vroue-ope is op die Westlake-baan voltooi. Verlede jaar se kampioen, Lee-Anne Pace, het 11 houe agter die wenner geëindig.

207 – Ashleigh Buhai              69 71 67
209 – Karolin Lampert (Dui)   70 69 70
212 – Maha Haddioui (Mau)   72 71 69
213 – Stacy Bregman                        73 73 67

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is drie wedstryde gister gespeel.

Arsenal                       3 – 0     Watford
AFC Bournemouth     1 – 4     Tottenham Hotspur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.