Vandag se sportnuus

maroela-media-sportnuus-01Kanovaart

Die 65ste Duzi-kanomarathon het vanoggend by Kamps Drift in KwaZulu-Natal begin. Die roeiers sal sake oor drie dae uitspook tot by die eindpunt in Durban.

Gholf

In die Europese Reeks het die Wêreld Super 6-kompetisie in Perth begin. Louis Oosthuizen en Zander Lombard toon ook hulle staal. Onder die vroeë voorlopers was Robert Dinwiddie op 6 onder syfer en Brett Rumford op 5 onder.

In die Amerikaanse PGA-reeks slaan die spelers later vandag af in die Genesis Ope in Kalifornië. Branden Grace, Ernie Els en Charl Schwartzel sal onder meer in aksie wees.

Op George in die Suid-Kaap het die Dimention Data Pro-Am vanoggend op Fancourt begin. Die toernooi word op al drie bane van die gholflandgoed gespeel.

Vrouegholf

Die Dimension Data-toernooi van die Sonskynreeks vir Vroue sal vanjaar met ʼn groter prysgeld spog. Die toernooi sal van môre tot Sondag op George gespeel word.

Krieket

Môre in die Momentum-eendagreeks speel die Titans teen die Dolphins.

sport1

Internasionale krieket

Môre speel die Proteas in hul enigste T20-wedstryd van die reeks teen Nieu-Seeland op Eden Park. Die enigste Suid-Afrikaanse bouler wat al op die veld met sy kort grense gespeel het, is Imran Tahir.

Vrouekrieket

In Colombo het Suid-Afrika se Vrouespan teen Indië in die Super 6-fase van die IKR se Wêreld-Kwalifiseringstoernooi gespeel. Indië was aan die wenkant met 49 lopies. Die toernooi sal bepaal wie later vanjaar aan die Wêreldbeker in Groot-Britanje sal deelneem.

Rugby

Die begin van die 2017-Superseisoen is nou net meer as ʼn week weg. Gister het die Springbok-afrigtingspan saam met die vyf Superspanne se afrigters in Kempton Park vergader om die afrigtingsbloudruk vir SA rugby te bepaal.

Intussen is dit bevestig dat Oli Kebble ook die Stormers aan die einde van die seisoen gaan verlaat om sy loopbaan in die buiteland voort te sit. Die 24-jarige Kebble gaan hom by die Glasgow Warriors aansluit.

Sokker

In die plaaslike Premierliga is drie wedstryde gister gespeel.

sport2

Wits is nou boaan die punteleer.

Die naweek se Engelse FA-bekerbepalings lyk so:

18 Februarie 2017

sport3

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.