Vandag se sportnuus

Rugby

  • Sewesrugby

Ná die sesde been van die Wêreldreeks in Vancouver is die Blitsbokke steeds voor op die punteleer nadat hulle derde geëindig het.

  1. Suid-Afrika 109
  2. Fidji 101
  3. Nieu-Seeland 92
  4. Australië 84
  5. Argentinië 77
  6. VSA 73
  • Sesnasies

Ierland het verseker dat hy as kampioen gekroon word met net een ronde oor.

PosSpanGWGeVPvPtPverPte
1Ierland4400136676919
2Wallis4202105703511
3Engeland420287681910
4Frankryk420295801510
5Skotland420272101-298
6Italië400465174-1090
  • Superrugby

Ná die afgelope naweek loop Rebels voor op die punteleer.

PosSpan GWGeVPvPtPverPte
1Rebels3300115466915
2Lions43011571193815
3Hurricanes320182493310
4Crusaders3201109802910
5Reds32015769-128
6Sharks31119372218
  • Varsitybeker

Vier wedstryde is gisteraand gespeel.

12FNB NWU58 – 21FNB ShimlasFanie du Toit Sportterrein
12FNB CUT26 – 54FNB UP TuksCUT Stadion
12FNB Madibaz0 – 19FNB MatiesNMU Stadion
12FNB Wits17 – 29FNB UJWits Stadion

Krieket

  • Die tweede toets tussen Suid-Afrika en Australië het gister op dag vier geëindig. Kagiso Rabada het die kollig met sy boulwerk gesteel en AB de Villiers met die kolf. Suid-Afrika het Australië se laaste vyf paaltjies vir 59 lopies laat kantel. Kagiso Rabada het 11 paaltjies in die wedstryd geneem. Suid-Afrika het halfpad deur dag vier ʼn sespaaltjie-oorwinning oor Australië behaal toe hy die teiken van 101 lopies bereik het. Die reeks is nou gelykop met een elk met die derde toets wat op 22 Maart in Kaapstad begin. Intussen is Kagiso Rabada vir die twee oorblywende toetse geskors nadat hy die gedragskode vroeër oortree het. 
  • Die vierde T20-wedstryd in die driehoekige reeks in Colombo is gister gespeel.

Sri Lanka      152/9 (19 bb)
Indië               153/4 (17.3/19 bb)

Indië wen met 6 paaltjies met 9 balle oor. 

  • Sunfoil-meerdagreeks

Die Warriors is tans die voorlopers op die punteleer.

PosSpanGWVeOnKolfBalPte
1Warriors821528.4226116.42
2Cape Cobras810737.7823115.78
3Knights800840.5624112.56
4Titans811630.6032110.60
5Dolphins811625.862198.86
6Highveld Lions802627.362083.36

Tennis

  • By die Indian Wells-toernooi in Kalifornië het die wêreld se voorste speler, Roger Federer, deurgedring na die vierde ronde. Kevin Anderson het vir

Nicolás Kicker met 7-6 en 7-6 geklop.

In die vroue-afdeling het Caroline Wozniacki ook die vierde ronde bereik, maar die vierde gekeurde Elina Svitolina is uitgeskakel.

 Gholf

  • Ná die naweek se Valspar-kampioenskap is Dustin Johnson steeds die voorste speler in die wêreld.
PosSpelerToernooiePunte
1Dustin Johnson4510.5222
2Justin Thomas529.3169
3Jon Rahm438.5620
4Jordan Spieth498.0862
5Justin Rose457.3562
27Branden Grace523.2975
29Louis Oosthuizen443.1879
45Dylan Frittelli522.4932
52Charl Schwartzel482.3224

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is een wedstryd gister gespeel.

Stoke City     0 – 2    Manchester City

Op die jongste punteleer het Man City sy voorsprong verder vergroot.

PosSpanGWGeVDvDtDverPte
1Manchester City30263185206581
2Manchester United30205558233565
3Tottenham Hotspur30187559253461
4Liverpool30179468343460
5Chelsea30175852272556

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.