Vandag se sportnuus

Tennis

  • By die Indian Wells-toernooi in Kalifornië is die tweede gekeurde Marin Čilić asook die vyfde gekeurde Dominic Thiem uitgeskakel. Die eerste gekeurde Roger Federer en die sewende gekeurde Kevin Anderson is vandag in aksie.

In die vroueafdeling het die eerste gekeurde Simona Halep na die kwarteind deurgedring. 

Atletiek

  • Die Suid-Afrikaanse Senior Atletiekkampioenskappe begin môre op die bane van Tukkies in Pretoria. Die byeenkoms strek oor drie dae en die room van ons atlete sal in aksie wees. Die byeenkoms dien ook as goeie voorbereiding vir die Statebondspele wat vroeg in April in Australië plaasvind. 

Rugby

  • Sewesrugby

Die Blitsbokke sal by die sewende been van die Wêreldreeks, wat aan die begin van April in Hongkong plaasvind, met ʼn erg verswakte span en nuwe afrigter speel. Suid-Afrika se afrigter en voorste spelers sal by die Statebondspele in aksie wees. Marius Schoeman sal die “B”-span in Hongkong brei terwyl die top-spelers saam met Neil Powell in Australië sal wees.

  • Sesnasies

Die laaste ronde van die reeks word komende naweek gespeel. Ierland is in ʼn onaanvegbare posisie en sal Saterdag as die kampioenspan vir 2018 gekroon word.

17ItaliëvSkotlandStadio Olimpico14:30
17EngelandvIerlandTwickenham16:45
17WallisvFrankrykPrincipality Stadion19:00
  • Superrugby

Sewe wedstryde word komende naweek gespeel.

16ChiefsvBullsFMG Stadion Waikato08:35
17HighlandersvCrusadersForsyth Barr Stadion08:35
17BrumbiesvSharksGIO Stadion10:45
17StormersvBluesDHL Newlands15:05
17LionsvSunwolvesEmirates Airlines Park17:15
17JaguaresvRedsEstadio Jose Amalfitani23:40
18WaratahsvRebelsAllianz Stadion07:05
  • Varsitybeker

Op die jongste punteleer is Maties steeds die voorlopers.

PosSpanGWGeVPvPtPverPte
1FNB Maties76102689617231
2FNB NWU65012389214625
3FNB Wits74122101951523
4FNB UJ640221310710621
5FNB Ikeys6303135140-515
6FNB Shimlas6303149231-8214
7FNB UP Tuks6105145157-127
8FNB CUT6105122336-2146
9FNB Madibaz600696222-1263

Krieket

  • Kagiso Rabada is weer die voorste toetsbouler in die wêreld ná sy vertoning in Port Elizabeth. Rabada het 11 paaltjies in die wedstryd geneem. Hy sal nie in die twee oorblywende toetse speel nie omdat hy geskors is nadat hy die gedragskode oortree het. Daar is drie Aussies in die top 10-boulers.

1 Kagiso Rabada (SA)     902
5 Josh Hazlewood (Aus)   796
8 Vernon Philander (SA) 776
9 Mitchell Starc (Aus)         772
10 Nathan Lyon (Aus)       753 

Op die ranglys vir kolwers is Steve Smith eerste.

1 Steve Smith  (Aus)          943
5 David Warner (Aus)        831
7 AB de Villiers (SA)         778
9 Hashim Amla (SA)          748 

  • Die vyfde T20-wedstryd in die driehoekige reeks in Colombo word vandag gespeel wanneer Bangladesj en Indië mekaar pak. 
  • Drie wedstryde in die Sunfoil-meerdagreeks begin môre.
15Cape CobrasvTitansPaarl10:00
15WarriorsvKnightsOos-Londen10:00
15Highveld LionsvDolphinsJohannesburg10:00

Gholf

  • Ernie Els en Tiger Woods is aangewys as die twee kapteins vir die Presidentsbeker-kompetisie van 2019. Els neem by Nick Price oor wat die internasionale span die afgelope drie keer gelei het.

Sokker

  • In die Uefa Kampioene-liga is twee wedstryde gister gespeel. Man United is uit die kompetisie ná ʼn nederlaag van 1- 2 teen Sevilla. In die ander wedstryd het Roma met 1-0 oor Shakhtar Donetsk geseëvier.

Vanaand word nog twee wedstryde gespeel.

Beşiktaş        v          Bayern München                19:00
Barcelona     v          Chelsea                                21:45

  • Daar is 14 veranderinge aan Bafana-Bafana se span aangebring wat aanstaande week aan die Viernasies-toernooi gaan deelneem. Die ander lande is Zambië, Angola en Zimbabwe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.