- By die Indian Wells-toernooi in Kalifornië het die eerste gekeurde Roger Federer die kwarteind bereik ná ʼn oorwinning van 7-5 en 6-4 oor Jeremy Chardy.
Die sewende gekeurde Kevin Anderson het teen die 11deo gekeurde Pablo Carreño Busta te staan gekom en in drie stelle geseëvier. Die telling was 4-6, 6-3 en 7-6.
In die vroue-afdeling is die tweede gekeurde Caroline Wozniacki uitgeskakel.
Die eerste gekeurde Simona Halep het egter haar plek in die halfeind bespreek.
Atletiek
- Die Suid-Afrikaanse Senior-Atletiekkampioenskap begin vandag in Pretoria en duur tot Saterdagaand. Van die atlete wat dopgehou kan word sluit in die Olimpiese kampioen, Caster Semenya, wat bevestig het dat sy aan die 800 m en 1 500 m sal deelneem. Die naelloopsensasie Akani Simbine sal in die 100 m en 200 m in aksie sal wees terwyl die verspringers Ruswahl Samaai en Luvo Manyonga skouers sal skuur.
Rugby
- Sesnasies
Die laaste drie wedstryde van die seisoen word Saterdag gespeel. Skotland het sy sterkste moontlike span gekies om Italië in Rome te takel.
17 | Italië | v | Skotland | Stadio Olimpico | 14:30 |
17 | Engeland | v | Ierland | Twickenham | 16:45 |
17 | Wallis | v | Frankryk | Principality-stadion | 19:00 |
- Superrugby
Die eerste van sewe wedstryde word môre gespeel. Die Chiefs het vier veranderinge aan hul span aangebring vir hul wedstryd teen die Bulls wat om 08:35 afskop. Die opwindende jong Tiaan Falcon sal op losskakel vir die Chiefs uitdraf.
16 | Chiefs | v | Bulls | FMG Stadium Waikato | 08:35 |
17 | Highlanders | v | Crusaders | Forsyth Barr-stadion | 08:35 |
17 | Brumbies | v | Sharks | GIO-stadion | 10:45 |
17 | Stormers | v | Blues | DHL Newlands | 15:05 |
17 | Lions | v | Sunwolves | Emirates Airlines Park | 17:15 |
17 | Jaguares | v | Reds | Estadio Jose Amalfitani | 23:40 |
18 | Waratahs | v | Rebels | Allianz-stadion | 07:05 |
Krieket
- Kagiso Rabada het appèl aangeteken teen sy skorsing deur die IKR uit die res van die toetsreeks teen Australië. Die IKR het 48 uur om ʼn regterlike kommissaris aan te stel waarna ʼn verhoor binne sewe dae moet plaasvind. Rabada bly geskors totdat daar tydens die verhoor redes gevind kan word waarom hy toegelaat moet word om speel.
- Die vyfde T20-wedstryd in die driehoekige-reeks in Colombo is tussen Bangladesj en Indië gespeel.
Indië 176/3 (20 bb)
Bangladesj 159/6 (20 bb)
Indië wen met 17 lopies en bespreek daarmee hul plek in die eindstryd van die reeks.
- Drie wedstryde in die Sunfoil-meerdagreeks begin vanoggend om 10:00.
15 | Cape Cobras | v | Titans | Paarl | 10:00 |
15 | Warriors | v | Knights | Oos-Londen | 10:00 |
15 | Highveld Lions | v | Dolphins | Johannesburg | 10:00 |
Fietsry
- Die Absa Cape Epic-fietstoer wat oor 650 km strek en oor agt dae gejaag word begin Sondag. Die voormalige kampioene Karl Platt (Span Bulls) en Jaroslav Kulhavy (Investec-Songo-Specialized) sal poog om onderskeidelik hul sesde en derde titels te verower.
Gholf
- In die Amerikaanse reeks slaan die spelers vandag af in die Arnold Palmer- toernooi in Orlando, Florida. Louis Oosthuizen, Charl Schwartzel en Ernie Els sal ook in aksie wees.
- Ernie Els en Jim Furyk het spesiale vrystellings van die Amerikaanse gholfvereniging ontvang om in Junie aan die Amerikaanse Ope deel te neem.
Sokker
- In die Uefa Kampioene-liga is twee wedstryde gister gespeel en albei wenspanne dring deur na die laaste agt.
Barcelona 3 – 0 Chelsea
Beşiktaş 1 – 3 Bayern München
- In die Nedbank-beker is een wedstryd afgehandel en Cape Town City is deur na die kwarteind.
Cape Town City 1 – 0 Orlando Pirates