Vandag se sportnuus

Atletiek

  • Die Suid-Afrikaanse Senior Atletiekkampioenskappe het gister begin. Op dag een het drie nasionale rekords gespat.

In die 100 m vir vroue se halfeindwedloop het Carina Horn die SA rekord van 11.06, wat sedert 1990 gestaan het, na 11.03 sekondes herskryf.

Thando Dlodlo het die 100 m- junior rekord verbeter na 10.11 sekondes.

Dlodlo het ook saam met die junior uitnodigingspan die 4×100 m-rekord vir o.20’s herskryf na 39.46. Al die rekords moet nog geverifieer word.

Die byeenkoms duur tot Saterdagaand. 

Netbal

  • Suid-Afrika se netbalspan vertoon goed op die jongste wêreldranglys en is nou vyfde. Daar is drie Afrikalande in die top-10. Suid-Afrika is vyfde, Malawi sesde en Uganda sewende. Die voorste vier spanne is al vir tien jaar onveranderd. Australië en Nieu-Seeland is onderskeidelik eerste en tweede, gevolg deur Engeland in die derde plek en Jamaika in vierde plek. 

Tennis

  • By die Indian Wells-toernooi in Kalifornië het die sesde gekeurde Juan Martin del Potro na die kwarteind deurgedring.

Die sewende gekeurde Kevin Anderson is in die kwarteind in drie stelle deur die ongekeurde Borna Ćorić van Kroasië uitgeskakel. Ćorić het met 2-6, 6-4 en 7-6 geseëvier.

  • In die vroue-afdeling het nog ʼn gekeurde speler gesneuwel. Die vyfde gekeurde Karolina Plíšková is deur ongekeurde Naomi Osaka met 6-2 en 6-3 kafgedraf. Die agtste gekeurde Venus Williams het die halfeindronde bereik. 

Rugby

  • Sesnasies

Die laaste drie wedstryde van die seisoen word môre gespeel. Ierland het reeds die Sesnasies-trofee gewen, maar indien hy Engeland klop, wen hy ook die Grand Slam.

17ItaliëvSkotlandStadio Olimpico14:30
17EngelandvIerlandTwickenham16:45
17WallisvFrankrykPrincipality Stadion19:00
  • Superrugby

Die Chiefs speel vanoggend teen die Bulls en die afskop is om 08:35. Môre is daar vyf kragmetings. Die Brumbies het ses veranderinge aan sy span gemaak wat teen die Sharks speel.

16ChiefsvBullsFMG Stadion Waikato08:35
17HighlandersvCrusadersForsyth Barr Stadion08:35
17BrumbiesvSharksGIO Stadion10:45
17StormersvBluesKaapstad15:05
17LionsvSunwolvesEmirates Airlines Park17:15
17JaguaresvRedsEstadio Jose Amalfitani23:40
18WaratahsvRebelsAllianz Stadion07:05
  • Southern Kings

SA Rugby het aangekondig dat ʼn nuwe raad verkies is om die sake van die Southern Kings te bestuur. Daar is verteenwoordiging van onafhanklike lede asook verteenwoordigers van die Oostelike Provinsie-rugbyunie. 

Krieket

  • Die sesde T20-wedstryd in die driehoekige reeks in Colombo word vandag tussen Sri Lanka en Bangladesj gespeel. Indië het reeds sy plek in Sondag se eindstryd bespreek. 
  • Drie wedstryde in die Sunfoil-meerdagreeks het gister

Paarl

Titans 280/6 (96 bb)
Cape Cobras

Oos-Londen

Knights 188
Warriors 77/2 (23 bb)

Uitskeityd: Warriors is 111 lopies agter met 8 paaltjies staande. 

Johannesburg

Lions 207/7 (79.4 bb)
Dolphins 

Fietsry

  • Die Absa Cape Epic-fietstoer begin Sondag en strek oor agt dae. Die jaers sal by die Universiteit van Kaapstad wegspring en die toer eindig op 25 Maart by die Val de Vie-landgoed. 

Gholf

  • In die Amerikaanse reeks is die eerste ronde van die Arnold Palmer-uitnodigingtoernooi in Orlando, Florida, afgehandel.
PosSpelerTel PutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Henrik Stenson-8F-86464
2Aaron Wise-7F-76565
Talor Gooch-7F-76565
4Jimmy Walker-5F-56767
Rickie Fowler-5F-56767
Bryson DeChambeau-5F-56767
7Tiger Woods-4F-46868
13Ernie Els-3F-36969
  • Die Sonskynreeks se Toerkampioenskap word op Serengeti gespeel en die eerste ronde is gister voltooi.
PosSpelerTel PutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Neil Schietekat-5F-56767
2Dean Burmester-4F-46868
Darren Fichardt-4F-46868
4Jbe’ Kruger-3F-36969
Justin Harding-3F-36969
6Oliver Bekker-2F-27070
Rourke van der Spuy-2F-27070

Sokker

  • Dis ʼn besige naweek in die FA-beker.

Môre

Swansea City          v          Tottenham Hotspur Liberty Stadion        14:15
Manchester United v          Brighton & Hove Albion     Old Trafford  21:45

Sondag

Wigan Athletic         v          Southampton           The DW Stadion                  15:30
Leicester City           v          Chelsea        King Power Stadion           18:30

  • In die plaaslike Premierliga word daar vandag een wedstryd gespeel.

Maritzburg United   v          Polokwane City       Harry Gwala Stadion          20:00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.