- Verskeie nasionale rekords het die naweek by die Suid-Afrikaanse Senior Atletiekkampioenskappe in Pretoria in die slag gebly.
In die 100 m vir vroue se halfeindwedloop het Carina Horn die SA-rekord na 11.03 sekondes herskryf. Clarence Munyai het ʼn splinternuwe SA-rekord in die 200 m van 19.69 sekondes opgestel. Chris Harmse het sy 23ste nasionale titel verower toe hy die hamergooi met ʼn afstand van 70.69 m gewen het. Caster Semenya het goud gewen in die 800 m, 1 500 m asook 4×400 m aflos. In die verspring vir mans het Luvo Manyonga geseëvier met ʼn sprong van 8.41 m.
Tennis
- By die Indian Wells-toernooi in Kalifornië het die eerste gekeurde Roger Federer in die eindstryd teen die sesde gekeurde Juan Martin Del Potro te staan gekom. Del Potro het met 6-4, 5-7 (8-10) en 7-6 (7-2) geseëvier.
In die vroue-afdeling is Naomi Osaka van Japan as die kampioen gekroon.
Rugby
- Sesnasies
Die laaste drie wedstryde van die seisoen is Saterdag gespeel. Ierland het die Sesnasies-trofee gewen en ook vir Engeland met 24-15 op Twickenham geklop om hul derde Grand Slam in die toernooi te behaal.
17 | Wallis | 14 – 13 | Frankryk | Principality-stadion |
17 | Engeland | 15 – 24 | Ierland | Twickenham |
17 | Italië | 27 – 29 | Skotland | Stadio Olimpico |
- Superrugby
Sewe wedstryde is die naweek gespeel. Twee Suid-Afrikaanse spanne het gewen en twee het pak gekry.
18 | Waratahs | 51 – 27 | Rebels | Allianz-stadion |
17 | Jaguares | 7 – 18 | Reds | Estadio Jose Amalfitani |
17 | Lions | 40 – 38 | Sunwolves | Emirates Airlines Park |
17 | Stormers | 37 – 20 | Blues | DHL Newlands |
17 | Brumbies | 24 – 17 | Sharks | GIO-stadion |
17 | Highlanders | 25 – 17 | Crusaders | Forsyth Barr-stadion |
16 | Chiefs | 41 – 28 | Bulls | FMG Stadium Waikato |
Krieket
- Kagiso Rabada se verhoor oor sy appèl teen sy skorsing vind vandag plaas. Michael Heron van Nieu-Seeland is aangestel as die regterlike kommissaris vir die verhoor, wat deur middel van ʼn videokonferensie gehou sal word. Heron sal daarna 48 uur hê om tot ‘n besluit te kom. Die uitslag sal bepaal of Rabada in die volgende twee toetse teen Australië sal kan speel.
- KSA het die snelbouler Duanne Olivier en die veelsydige Chris Morris opgeroep vir die twee oorblywende toetse teen Australië.
- Die T20-eindstryd van die driehoekige-reeks in Colombo is gister gespeel.
Bangladesj 166/8 (20 bb)
Indië 168/6 (20 bb)
Indië het ʼn ses van die laaste bal gemoker om met vier paaltjies te wen.
- Drie wedstryde in die Sunfoil-meerdagreeks het gister ten einde geloop en al drie het onbeslis geëindig.
Paarl
Titans 435/9d & 133/3 (31 bb)
Cape Cobras 460
Onbeslis
Oos-Londen
Knights 188 & 248/8 verklaar
Warriors 181 & 248/8 (64 bb, teiken was 256)
Onbeslis
Johannesburg
Lions 246 & 417/7 verklaar
Dolphins 379 & 199/7 (35.3 bb, teiken was 285)
Onbeslis
Fietsry
- Die Absa Cape Epic-fietstoer het gister by die Universiteit van Kaapstad begin. Die kombinasie van Nicola Rohrbach (Swit) en Daniel Geismayr (Oost) het die eerste slag geslaan deur die Proloog oor 20 km in 45 minute en 23 sekondes te wen. In die vroue-afdeling het Annika Langvad en Kate Courney in 53 minute en 18 sekondes geseëvier.
Moto GP
Die eerste wedren in vanjaar se reeks, die Grand Prix van Katar, is gister afgehandel.
- Andrea Dovizioso (Ducati) 42:34.654
2. Marc Marquez (Repsol Honda) +0.027
3. Valentino Rossi (Yamaha) +0.797
4. Cal Crutchlow (LCR Honda) +2.881
5. Danilo Petrucci (Pramac) +3.821
Gholf
- In die Amerikaanse-reeks is die Arnold Palmer Uitnodiging-toernooi in Orlando, Florida afgehandel.
Pos | Speler | Tel | Put | Dag | Rnd1 | Rnd2 | Rnd3 | Rnd4 | Tot |
1 | Rory McIlroy | -18 | F | -8 | 69 | 70 | 67 | 64 | 270 |
2 | Bryson DeChambeau | -15 | F | -4 | 67 | 66 | 72 | 68 | 273 |
3 | Justin Rose | -14 | F | -5 | 69 | 71 | 67 | 67 | 274 |
4 | Henrik Stenson | -13 | F | -1 | 64 | 69 | 71 | 71 | 275 |
5 | Tiger Woods | -10 | F | -3 | 68 | 72 | 69 | 69 | 278 |
Die Sonskynreeks se Toer-kampioenskap is op Serengeti gespeel.
Pos | Speler | Tel | Put | Dag | Rnd1 | Rnd2 | Rnd3 | Rnd4 | Tot |
1 | Darren Fichardt | -17 | F | -3 | 68 | 66 | 68 | 69 | 271 |
2 | Oliver Bekker | -16 | F | -5 | 70 | 68 | 67 | 67 | 272 |
3 | Dean Burmester | -15 | F | -2 | 68 | 68 | 67 | 70 | 273 |
Justin Harding | -15 | F | +1 | 69 | 65 | 66 | 73 | 273 | |
5 | Jbe’ Kruger | -14 | F | -5 | 69 | 67 | 71 | 67 | 274 |
Sokker
- Vier wedstryde is in die FA-beker gespeel.
Leicester City 1 – 2 Chelsea
Wigan Athletic 0 – 2 Southampton
Manchester United 2 – 0 Brighton & Hove Albion
Swansea City 0 – 3 Tottenham Hotspur
- In die plaaslike Premierliga is verskeie wedstryde afgehandel.
Bloemfontein Celtic 1 – 0 Platinum Stars
Golden Arrows 1 – 2 Orlando Pirates
Kaizer Chiefs 0 – 0 AmaZulu FC
Chippa United 1 – 0 Free State Stars
Maritzburg United 2 – 1 Polokwane City