Vandag se sportnuus

Tennis

  • Ná die Indian Wells-toernooi in Kalifornië is Suid-Afrika se Kevin Anderson nou agtste op die wêreldranglys.
  1. Roger Federer (SWE)
  2. Rafael Nadal (SPA)
  3. Marin Cilic (KRO)
  4. Grigor Dimitrov (BUL)
  5. Alexander Zvarev (DUI)
  6. Juan Martin del Porto (ARG)
  7. Dominic Thiem (AUS)
  8. Kevin Anderson (RSA)

Rugby

  • Suid-Afrika het op die jongste wêreldranglys verder teruggeskuif en is nou selfs onder Skotland.
  1. Nieu-Seeland 93.99
  2. Ierland 89.11
  3. Engeland 86.23
  4. Australië 85.49
  5. Skotland 83.83
  6. Suid-Afrika 83.81
  7. Wallis 83.41
  8. Frankryk 79.10
  9. Argentinië 78.22
  10. Fidji 77.93
  • Sesnasies

Op die finale punteleer is dit duidelik hoe gemaklik Ierland vanjaar se kompetisie gewen het. Die groot skok is die feit dat Engeland vyfde in die kampioenskap geëindig het.

PosSpanGWGeVPvPtPverPte
1Ierland5500160827826
2Wallis5302119833615
3Skotland5302101128-2713
4Frankryk5203108941411
5Engeland5203102921010
6Italië500592203-1111
  • Superrugby

Die Lions is die voorlopers op die jongste puntetabel.

PosSpanGWGeVPvPtPverPte
1Lions54011971574019
2Rebels4301142974515
3Highlanders330099663313
4Reds43017576-112
5Hurricanes320182493310
6Crusaders42021261052110
7Waratahs42111371162110
8Stormers5203135152-179
9Sharks411211096149
10Chiefs32019194-38
11Brumbies42027693-178
12Blues4103113140-276
13Bulls410398129-315
14Jaguares5104101155-544
15Sunwolves4004102159-572
  • Intussen het Sanzaar Maandag besvestig dat die Bulls-stut, Conraad van Vuuren, vir drie weke geskors is weens ʼn gevaarlike duikslag teen die Chiefs die afgelope naweek.
  • Die Lions se Ross Cronje, Jacobie Adriaanse en Andries Ferreira sit met beserings voor hul wegwedstryd teen die Jaguares.

Varsitybeker

Vier wedstryde is gisteraand gespeel en die punteverskil was baie klein in al die wedstryde.

19FNB UP Tuks30-30FNB UJTuks Stadion
19FNB Shimlas28-22FNB MadibazXerox Shimla Park
19FNB Wits31-35FNB NWUWits Rugby Stadion
19FNB CUT23-30FNB IkeysCUT Rugby Stadion

Krieket

  • Kagiso Rabada se verhoor oor sy appèl teen sy skorsing het gister vyf uur geduur. Die uitslag sal môre bekend gemaak word.
  • Die derde kriekettoets tussen Suid-Afrika en Australië begin Donderdag in Kaapstad. Die Aussies het die eerste toets gewen en die Proteas die tweede toets. Mitchell Starc sukkel tans met ʼn kuitbesering.
  • Die Windies het gister ʼn stappie nader beweeg aan ʼn plek by die 2019-Wêreldbeker nadat hulle Zimbabwe met vier paaltjies in ʼn kwalifiseringswedstryd geklop het.
  • In die Sunfoil-meerdagreeks is die Cape Cobras die voorlopers op die punteleer ná nege wedstryde. Enige van die topvyf spanne staan nog ʼn kans om die titel te wen.
PosSpanGWVOnbKolfBoulPte
1Cape Cobras910841.0225130.02
2Warriors921730.0430128.04
3Titans911734.4233125.42
4Knights900942.3228124.32
5Dolphins911731.4425114.44
6Highveld Lions902730.282496.28

Atletiek

  • Ná die naweek se Suid-Afrikaanse Senior Atletiekkampioenskapreeks in Pretoria verskuif die fokus vandeesweek na die Paarl. Die derde en laaste Grand Prix-byeenkoms word Donderdag daar aangebied.

Fietsry

  • Die Absa Cape Epic-fietstoer se eerste skof oor 110 km is gister in die omgewing van Robertson gejaag. Manuel Fumic en Henrique Avancini (Cannondale Factory Racing) het nie net die eerste skof gewen nie, maar die Duitser en Brasiliaan is nou ook die algehele voorlopers. Verlede jaar se wenner, Matthias Stirneman, het hom weens siekte aan die toer onttrek.

In die vroue-afdeling het Annika Langvad (Den) en Kate Courtney (VSA, Investec-Songa-Specialized) die skof gewen en is nou meer as twee minute voor hul naaste teenstanders.

Moto GP

Ná die eerste wedren in vanjaar se Grand Prix-reeks is Andrea Dovizioso die voorloper op die punteleer.

PosRenjaerSpanPte
1Andrea DoviziosoDucati25
2Marc MarquezRepsol Honda20
3Valentino RossiYamaha16
4Cal CrutchlowLCR Honda13
5Danilo PetrucciPramac11

Gholf

  • Ná die Arnold Palmer Uitnodiging-toernooi in Florida is Rory McIlroy nou sewende op die wêreldranglys.
RankSpelerToernooiePunte
1Dustin Johnson4510.3126
2Justin Thomas519.3722
3Jon Rahm438.4533
4Jordan Spieth488.1008
5Justin Rose467.5856
27Branden Grace523.2394
29Louis Oosthuizen443.1181
45Dylan Frittelli522.4630
53Charl Schwartzel482.2614

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga is Sundowns die voorlopers op die punteleer.
PosSpanGWGeVDvDtDvPte
1Mamelodi Sundowns23134637201743
2Orlando Pirates2411943122942
3Maritzburg United24108629151438
4Free State Stars2410772423137
5Kaizer Chiefs2481242015536

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.