Vandag se sportnuus

Krieket

  • Kagiso Rabada se appèl teen sy skorsing het geslaag en hy is beskikbaar om op Nuweland vir die Proteas te speel. Die derde kriekettoets tussen Suid-Afrika en Australië begin môre om 10:00 in Kaapstad. Die Aussies het die eerste toets gewen en die Proteas die tweede toets.
  • In die Sunfoil-meerdagreeks begin die laaste ronde se wedstryde môre.
DolphinsvWarriorsKingsmead, Durban09:30
Highveld LionsvCape CobrasSenwes-park, Potchefstroom10:00
TitansvKnightsSuperSport-park, Centurion10:00

Rugby

  • Superrugby

Marius van der Westhuizen sal Saterdag in beheer wees van die wedstryd tussen die Stormers en die Reds op Nuweland in Kaapstad.

Franco Mostert sal die kaptein wees van die Lions-groep van 25 spelers wat die Jaguares Saterdag in Buenos Aires pak.

  • Pro-14

Die Southern Kings het bekend gemaak dat die voormalige Cheetahs-skrumskakel Sarel Pretorius voortaan vir die Kings sal speel.

  • Varsitybeker

Op die jongste punteleer is die Maties steeds die voorlopers met die Pukke op hul hakke.

PosSpanGWGeVPvPtPverPte
1FNB Maties76102689617231
2FNB NWU760127312315030
3FNB Wits84132412301125
4FNB UJ741224313710623
5FNB Ikeys7403165163220
6FNB Shimlas7403177253-7619
7FNB UP Tuks7115175187-1210
8FNB CUT7106145366-2217
9FNB Madibaz7007118250-1324

Atletiek

  • Die derde en laaste Grand Prix-byeenkoms word môre in die Paarl aangebied. Akani Simbine en Henricho Bruintjies is twee van die groot name wat in die 100 m in aksie sal wees.

Fietsry

  • Die Absa Cape Epic-fietstoer se tweede skof is gister oor 110 km gejaag.

Manuel Fumic en Henrique Avancini (Cannondale Factory Racing) is steeds algeheel eerste in die mans-afdeling na nog ʼn skofsege. In die vroue-wedren was Denemarke se Annika Langvad en Amerika se Kate Courtney (Investec-Songo-Specialized) weer baas. Hul wentyd was 4:37.43.

Vandag se derde skof is die langste van die toer en strek oor 122 km van die Arabella-wyndlandgoed tot by HTS Drostdy in Worcester.

Formule Een

  • Die eerste wedren in vanjaar se Grand Prix-reeks word Sondag gejaag. Lewis Hamilton (Mercedes) sal poog om sy merk by die Australiese Grand Prix te maak wanneer hy met sy aanslag begin om vir ʼn vyfde keer die titel in te palm. Sy grootste teenstander in die reeks van 21 wedrenne behoort Sebastian Vettel (Ferrari) te wees.

Gholf

  • Dié week val die kollig op die Wêreld-gholfkampioenskap se putjiespel-toernooi in Austin, Texas. Sestien groepe van vier spelers elk sal van vandag af tot Vrydag in ʼn rondomtalie teen mekaar speel. Die uitklopfase begin Saterdag met die top-16 spelers. Branden Grace, Charl Schwartzel, Dylan Frittelli en Louis Oosthuizen sal ook in aksie wees.

Sokker

  • Suid-Afrika en Angola speel môre teen mekaar in die Vier Nasies-toernooi in Zambië. Angola het Suid-Afrika nog net een keer in 13 kragmetings geklop. Zambië en Zimbabwe speel in die ander wedstryd teen mekaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.