Vandag se sportnuus

Krieket

  • Die Derde Kriekettoets tussen Suid-Afrika en Australië het gister op Nuweland in Kaapstad begin. Die loot is deur Suid-Afrika gewen wat besluit het om te kolf. Die eerste twee sessies is deur die Proteas oorheers met Dean Elgar aan die spits. Elgar het sy elfde toets 100-tal (16 x 4 en 1 x 6) van sy loopbaan behaal en AB de Villiers het ook sy vier-en-veertigste toets 50-tal op die telbord geplaas. In die derde sessie van die dag het Pat Cummins 4 vir 12 platgetrek en die Proteas het 6 paaltjies vir 37 lopies verloor. Teen uitskeityd was die Proteas op 266/8. Elgar op 121 en Rabada op 6 sal vanoggend voortkolf.
  • Engeland is met hul rug teen die muur in hul eerste toets teen Nieu-Seeland in Auckland (dag/aand).

Engeland 58 (20.4 bb).

Nieu-Seeland kolf in hul eerste beurt en was vroeër op dag twee reeds op 206/4 (84.4 bb) wat aan hulle ʼn voorsprong van 148 lopies gee met nog 6 paaltjies staande.

  • Die laaste drie wedstryde in die seisoen se Sunfoil-meerdagreeks moes gister begin, maar reën het verhoed dat enige spel moontlik was.
Dolphins (5)vWarriors (1)Durban09:30
Highveld Lions (6)vCape Cobras (2)Potchefstroom10:00
Titans (4)vKnights (3)Centurion10:00

Rugby

  • Twee wedstryde in die Superrugby-reeks word vandag gespeel. Adriaan Strauss sal in sy 148ste Superwedstryd speel wat Victor Matfield se rekord ewenaar.
23CrusadersvBullsAMI Stadion08:35
23RebelsvSharksAAMI Park10:45
24SunwolvesvChiefsPrince Chichibu Memorial Stadion06:15
24HurricanesvHighlandersWestpac Stadion08:35
24StormersvRedsDHL Newlands17:15
24JaguaresvLionsEstadio Jose Amalfitani23:40

Daar is ʼn rits veranderinge aan die Lions se span aangebring wat ʼn hele nuwe voorry insluit. 

  • In die Pro14-Kompetisie word drie wedstryde vandag gespeel.
23Newport Gwent DragonsvCheetahsRodney Parade 21:35
23Glasgow WarriorsvZebreScotstoun Stadion 21:35
23ConnachtvEdinburghSportsground 21:35
24KingsvBenettonNelson Mandela Baai Stadion 15:00
24Cardiff BluesvUlsterCardiff Arms Park 17:15
24MunstervScarletsIrish Independent Park 19:30
24OspreysvLeinsterLiberty Stadion 21:35

Atletiek

  • Die derde en laaste Grand Prix-byeenkoms is gisteraand in die Paarl afgehandel. Caster Semenya het gedink sy het ʼn nuwe SA rekord in die 1 500 m opgestel, maar moes hoor dat die stadionhorlosie haar tyd verkeerd aangedui het. Ruswahl Samaai het ʼn afstand van 8.39 m in die verspring behaal. Luxolo Adams het vir Anaso Jodobwana in die 200 m ore aangesit terwyl Rocco van Rooyen die spiesgooi met ʼn afstand van 75.20 m gewen het. 

Fietsry

  • Die Absa Cape Epic-fietstoer se vierde skof oor 111 km is gister van HTS Drostdy in Worcester na Hoërskool Hugenote in Wellington gejaag.

Nicola Rohrbach (Swit) en Daniel Geismayr (Oost, Centurion Vaude) het die skof gewen. Jaroslav Kulhavy en Howard Grotts (Investec-Songo-Specialized) was tweede, maar het hul algehele voorsprong vergroot.

In die vroue-afdeling het Annika Langvad (Den) en Kate Courtney (VSA, Investec-Songo-Specialized) weer geseëvier. 

Motorwedrenne

  • Die eerste oefenrondes vir die Australiese Formule Een Grand Prix is vanoggend voltooi. Die gunsteling, Lewis Hamilton (Mercedes), het die vinnigste tyd aangeteken met Valtteri Bottas tweede en Max Verstappen derde. Die hoofwedren begin Sondagoggend om 07:00. 

Gholf

  • Die tweede ronde van die Wêreld-gholfkampioenskap se putjiespel-toernooi is in Austin, Texas, afgehandel. Daar is sestien groepe van vier spelers elk wat in ʼn rondomtalie teen mekaar speel voor die uitspeel môre begin. Van die spelers wat pak gekry het sluit in Louis Oosthuizen (25), Charl Schwartzel (49), Dylan Fritelli (41), Dustin Johnson (1) en Jason Day (8).

Branden Grace het met 2 en 1 oor Julian Suri geseëvier.

Sokker

  • Bafana Bafana speel môre om 15:00 teen Zambië in die eindstryd van die Vier Nasies-toernooi. Angola en Zimbabwe sal sake uitspook om die derde plek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.