Vandag se sportnuus

Krieket

  • Die Derde Kriekettoets tussen Suid-Afrika en Australië is gister deur die Proteas beklink. Dit was te midde van die groot omstredenheid tydens dag drie, toe TV-kameras Cameron Bancroft uitgewys het waar hy met die bal peuter. Die Aussies se kaptein, Steve Smith, het verantwoordelikheid aanvaar vir die voorval, is vir een wedstryd geskors en verloor sy wedstrydfooi. Die Aussies het op en van die veld af verkrummel en die Proteas loop met 2-1 voor in die reeks van vier toetse. Die Proteas het die derde toets met 322 lopies gewen nadat 10 paaltjies vir slegs 60 lopies in die Aussies se tweede beurt geval het (107/10). Morne Morkel is as die speler van die wedstryd aangewys.
  • Die laaste drie wedstryde in die seisoen se Sunfoil-meerdagreeks is afgehandel en die Titans is weer as die kampioene gekroon.
bizhub Highveld LionsvWSB Cape CobrasLions wen met 9 paaltjies
Multiply TitansvVKB KnightsTitans wen met 4 paaltjies
Hollywoodbets DolphinsvWarriorsOnbeslis

Motorwedrenne

  • Die eerste wedren in vanjaar se Formule Een Grand Prix-reeks is in Melbourne deur Ferrari oorheers. Sebastian Vettel en Kimi Rainnonen het eerste en derde geëindig om die jaar op ʼn hoë noot af te skop. Die verdedigende kampioen, Lewis Hamilton (Mercedes), het tweede oor die wenstreep gejaag. Die volgende wedren is op 8 April in Bahrain. 

Rugby

  • Ses wedstryde is die naweek in die Superrugby-reeks afgehandel en net een Suid-Afrikaanse span kon hul wedstryd wen.
24Jaguares49-35LionsEstadio Jose Amalfitani
24Stormers25-19RedsDHL Newlands
24Hurricanes29-12HighlandersWestpac Stadion
24Sunwolves10-61ChiefsPrince Chichibu Memorial
23Rebels46-14SharksAAMI Park
23Crusaders33-14BullsAMI Stadion
  • In die Pro14-kompetisie het die Cheetahs ʼn goeie wegoorwinning behaal.
24Ospreys32-18LeinsterLiberty Stadion
24Munster19-7Scarlets
24Cardiff Blues35-17UlsterCardiff Arms Park
24Kings35-36BenettonNelson Mandela Bay Stadion
23Newport Gwent Dragons17-29CheetahsRodney Parade
23Glasgow Warriors68-7ZebreScotstoun Stadion
23Connacht22-29EdinburghSportsground
  •  In die Varsitybeker word daar vanaand vier wedstryde gespeel.
FNB ShimlasvFNB CUTXerox Shimla Park16:45
FNB UJvFNB IkeysUJ Stadion18:30
FNB UP TuksvFNB MadibazTuks Stadion18:30
FNB NWUvFNB MatiesFanie du Toit Sportterrein19:00

Atletiek

  • Spar se Vroue- 10 km-uitdaagreeks se eerste wedloop van die jaar is in Kaapstad deur Kesa Molotsane gewen. Irvette van Zyl, wat 27 weke swanger is, het in die derde plek geëindig. 

Fietsry

  • Die Absa Cape Epic-fietstoer het die naweek ten einde geloop. Jaroslav Kulhavy en Howard Grotts het met die manstitel weggestap.

In die vroue-afdeling het Annika Langvad (Den) en Kate Courtney (VSA, Investec-Songo-Specialized) die titel opgeraap. 

Gholf

  • Die Wêreld-gholfkampioenskap se putjiespel-toernooi is in Austin, Texas, afgehandel. Bubba Watson het hierdie titel vir ʼn tweede keer gewen toe hy vir Kevin Kisner met 7&6 in die eindstryd geklop het. Watson het ook verhoed dat Justin Thomas die nommereen-speler op die wêreldranglys word deur met hom in die halfeind af te reken.

Sokker

  • Bafana Bafana het vir Zambië in die eindstryd van die Vier Nasies-toernooi met 2-0 geklop. Angola was baas oor Zimbabwe in die uitspeel om die derde plek deur met 6-4 in die doeluitskietstryd te seëvier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.