Vandag se sportnuus

sportnuus-attoohKanovaart

Die 65ste Dusi-kanomarathon het gisteroggend by Kamps Drift in KwaZulu-Natal begin. Die eerste skof was oor 42 km van Kamps Drift na Dusi-brug.

Mansafdeling:

  1. Andy Birkett 02:40.43
  2. Sbonelo Khwela 02:45.52
  3. Hank McGregor 02:51.09
  4. Jakub Adam (CZE) 02:53.27
  5. Zonele Nzuza 02:53.28

Vroue-afdeling:

  1. Abby Solms 03:19.46
  2. Christie Mackenzie (U18) 03:29.12
  3. Bridgitte Hartley 03:31.45
  4. Alex Adie 03:53.29
  5. Kerry Segal (U23) 03:57.06

Gholf

In die Europese Reeks is die eerste ronde van die Wêreld Super 6-kompetisie in Perth afgehandel.

sport1

In die Amerikaanse PGA-reeks is die Genesis Ope in Kalifornië se eerste ronde voltooi.

sport2

Op George in die Suid-Kaap het die Dimention Data Pro-Am gister op Fancourt begin.

sport3

Vrouegholf

Die Dimension Data-toernooi in die Sonskynreeks vir Vroue begin vandag op George en duur tot Sondag. Lee-Anne Pace is die verdedigende kampioen.

Internasionale krieket

Gister in Harare is die eerste eendagkragmeting tussen Afghanistan en Zimbabwe gespeel.

Afghanistan 215 (49.2/50 bb)

Zimbabwe 99/4 (27.2 bb, teiken was 112)

Afghanistan wen met 12 lopies (op die D/L-metode)

Die Proteas speel vandag in hul enigste T20-wedstryd van die reeks teen Nieu-Seeland op Eden Park.

In Melbourne pak Australië en Sri Lanka mekaar vandag in hul eerste T20-wedstryd.

Vrouekrieket

In Colombo speel Suid-Afrika se vrouespan vandag teen Sri Lanka.

Die toernooi sal bepaal wie later vanjaar aan die Wêreldbeker in Groot-Brittanje sal deelneem.

Plaaslike krieket

In die Momentum-eendagreeks speel die Titans vanmiddag teen die Dolphins.

sport4

Rugby

Die gesoute Franse Internasionale speler, Clement Poitrenaud, is ingesluit in die Sharks se toergroep vir hul eerste twee wedstryde in die Superreeks in Australië. Daar is vyf nuwelinge in die groep wat aanstaande week teen die Reds in hul eerste wedstryd speel.

Die voorry Schalk Ferreira is intussen aangewys as kaptein van die Southern Kings vir die 2017-Superrugby-seisoen. Hy vervang die slot Steven Sykes.

Sokker

Die naweek se Engelse FA-bekerbepalings lyk so:

sport5

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.