- Die penarie waarin die Aussies hulle bevind as gevolg van die balpeutery is blykbaar te danke aan die voormalige Protea-bouler, vinnige Fanie de Villiers. Dit was glo Fanie wat tydens die derde toets die kameramanne daarop bedag gemaak het dat die Aussies se vermoë om so vinnig omgekeerde swaai te bewerkstellig, definitief ʼn ongewone oorsaak moet hê.
Krieket Australië het intussen bekendgemaak dat David Warner saam met sy kaptein Steve Smith en Cameron Bancroft huis toe gestuur word. Die afrigter Darren Lehmann bly egter aan. Die vierde toets teen Suid-Afrika begin Vrydag op die Wanderers in Johannesburg.
- Op die jongste toetsranglys is Steve Smith steeds die voorste kolwer. David Warner is vyfde, AB de Villiers is sesde, Dean Elgar agste en Hashim Amla tiende. Onder die boulers is Kagiso Rabada nommer een. Josh Hazlewood is vyfde, Morne Morkel sesde en Vernon Philander is nou negende.
Motorwedrenne
- Ná die naweek se eerste wedren in die Formule Een Grand Prix-reeks lyk die vervaardigers-punteleer só:
1 | Ferrari | 40 |
2 | Mercedes | 22 |
3 | Red Bull | 20 |
4 | McLaren | 12 |
5 | Renault | 7 |
6 | Force India | 0 |
7 | Sauber | 0 |
8 | Williams | 0 |
9 | Toro Rosso | 0 |
10 | Haas | 0 |
Gholf
- In die Amerikaanse PGA is die aandag dié week op die Houston Ope in Humble, Texas. Aanstaande week word die eerste groot toernooi van die jaar, die Amerikaanse Meesters, op Augusta afgehandel.
Superrugby
- Die Lions sal die naweek sonder hulle vleuel Aphiwe Dyantyi wees wat vir ses weke op die kantlyn sal deurbring as gevolg van ʼn besering. Ross Cronje en Andries Ferreira sal egter terug wees nadat hulle die wedstryd in Argentinië misgeloop het. Die Lions speel Sondag teen die Crusaders. Saterdag sal die Sharks weg speel teen die Blues terwyl die Bulls en die Stormers mekaar op Loftus pak.
- In die Varsity-beker lyk die jongste punteleer só.
Pos | Span | G | W | G | Ver | Pv | Pt | Pver | Pte |
1 | FNB Maties | 8 | 6 | 2 | 0 | 301 | 129 | 172 | 34 |
2 | FNB NWU | 8 | 6 | 1 | 1 | 306 | 156 | 150 | 33 |
3 | FNB UJ | 8 | 5 | 1 | 2 | 261 | 154 | 107 | 27 |
4 | FNB Wits | 8 | 4 | 1 | 3 | 241 | 230 | 11 | 25 |
5 | FNB Shimlas | 8 | 5 | 0 | 3 | 246 | 286 | -40 | 24 |
6 | FNB Ikeys | 8 | 4 | 0 | 4 | 182 | 181 | 1 | 21 |
7 | FNB UP Tuks | 8 | 2 | 1 | 5 | 257 | 208 | 49 | 15 |
8 | FNB CUT | 8 | 1 | 0 | 7 | 178 | 435 | -257 | 8 |
9 | FNB Madibaz | 8 | 0 | 0 | 8 | 139 | 332 | -193 | 4 |
Tennis
- By die Miami Ope het John Isner die tweede gekeurde Marin Cilic uitgeskakel. Die vierde gekeurde Andre Zverev het vir Nick Kyrgios uitgestof om die kwarteind te haal terwyl die sesde gekeurde Kevin Anderson vir Frances Tiafoe uitgeskakel het. Die telling was 7-6 en 6-4.
In die vroue-afdeling het die ongekeurde Victoria Azarenka die vyfde gekeurde Karolina Plíšková geklop om die halfeind te haal.
Sokker
- Verskeie internasionale wedstryde is gister gespeel. Van die uitslae lyk só:
Spanje 6 – 1 Argentinië
Engeland 1 – 1 Italië
Duitsland 0 – 1 Brasilië
Vir een of ander rede geniet ek hierdie verleentheid vir die Aussies met die balpeutery!
Lyk vir my jy is bietjie agter die nuus Pieter? Fanie het self erken dit was nie deur sy toedoen dat die kameramanne die Aussies se manewales opgetel het nie.
Hierdie totale histerie oor bal peutery is baile belaglik. Die vinnige boulers kan die bal blink maak aan een kant om swaai te kry. Wat is dit anders as bal peutery. Jare terug toe dit nog Noord-Oos Transvaal was het hulle teen Vrystaat gespeel, dit was ‘n finaal. Die Noord-Oos kaptein toe hulle moes begin boul, die nuwe bal gevat na die blad gegaan al die blink afgehaal en hy het geopen met sy draaier. Hulle het gewen en hy is geloof vir sy inisiatief.
Ja Willie maar intussen het die reel verander. Toe ek jonk was mag ‘n rugbyspeler op die grond gelê het en die bal vasgehou het. Nou mag jy nie meer nie. En die feit dat hulle dit so skelm gedoen het bewys mos hulle het geweet dit is verkeerd.
Ek stem saam met Willie, Smith en kie het inisiatief aan die dag gele deurom met die bal te peuter om hulself in n beter posisie te plaas en om vinniger paaltjies te neem. Dis net so n groot skande en vernedering vir die spel as jou top kolwers of boulers nie hul kant bring nie soos bv toe Indie hier in ons eie land ons n krieketles geleer het. Die Proteas het soos n spul paloekas gelyk maar daaroor is niks gese of gedoen nie.